Huisgenoot

G’N REG VIR MY KIND

Sewe jaar nadat haar dogter wreed vermoor is, is haar vermeende moordenaar steeds soek

- Deur CYRIL BLACKBURN

OP ’N vertoonkas in die tienerkame­r skuif sy ’n geraamde foto van haar oorlede dogter nader aan die voorpunt van die kas. ’ n Oomblik lank leun sy met haar kop gebuig teen die kas, en dan vorm ’n wrang glimlag om haar afgematte, moeë mondhoeke.

Dit is nou sewe jaar sedert Chantelle Barnard (toe 20) op 1 April 2011, 10 dae voor haar mondigword­ing, op ’n kleinhoewe by Benoni vermoedeli­k ure aaneen gemartel, verkrag en eindelik koelbloedi­g vermoor is. Die verdagte, Jurgen Vandekeere ( 40), het in 2013 spoorloos verdwyn terwyl hy op borgtog uit was en dis vir Suzette Barnard (60), Chantelle se ma, ’n bitter pil om te sluk dat die “vermeende moordenaar nog vry rondloop”.

Gerugte doen die ronde dat Jurgen na bewering met ’n vervalste paspoort landuit gevlug het.

Huisgenoot het in Oktober 2013 ’ n brief gepublisee­r waarin Vandekeere sy verdwyning aan sy ouers verduideli­k het: “Ek is jammer ek het nie totsiens gesê voor ek weg is nie. Ná my laaste vergaderin­g met die advokate wat gesê het ek kyk na minimum 25 jaar of lewenslank vir ’ n misdaad wat ek nie gepleeg of gedoen het nie. (sic)

“Ek is regtig jammer ek moes weggaan.”

Die huis hier in die stil straat in Tulisa Park, Johannesbu­rg, is die derde een waarin Suzette, haar man, Fanie (59), en hul seun, Jacques (30), woon sedert die grusame moord wat die land geruk het.

Maar Tellie, soos hulle Chantelle genoem het, se kamer lyk nog nes die dag toe sy destyds uit haar ouerhuis getrek het om saam met haar kêrel, Brandon Ackerman, en sy ma, Letitia, op ’n kleinhoewe te bly.

Haar ma rig elke keer in die nuwe huis vir haar dogter ’n kamer in nes die een waarin Chantelle destyds gebly het. Voor die vensters hang dieselfde grys gordyne en op die kas oorkant die bed staan die twee vase met gedroogde blomblare van rose wat sy destyds by Brandon gekry het.

Op die dubbelbed lê ’n wit-en-swart blommetjie­skombers, en toe die wind opsteek en die kombers se linkerhoek opvou, vee Suzette dit vinnig weer glad. Dié kamer, wat dikwels ’n pleister vir die seer is, is die enigste onverander­de element in die huis sedert Chantelle se dood, wat die gesin van al hul vrede gestroop het. Dalk sal die vrede weer oor hulle spoel wanneer die moordenaar agter tralies is, hoop die gebroke ma. Fanie, wat ’n houtwerkon­derneming besit, en Jacques, ’n masjienmak­er in ’n staalfabri­ek, wou nie met Huisgenoot oor hul hartseer gesels nie. Maar Suzette is onstuitbaa­r in haar soeke na geregtighe­id. “Dit maak my siek om te dink dat die moordenaar saans rustig slaap en nie gekry het wat hom toekom nie. “Ek raak boos wanneer ek aan hom dink – en my enigste doel is om hom agter tralies te sien. Dan wil ek hê hy moet knak soos hy my geknak het. “Ek sal hom nooit kan vergewe nie. Nooit."

DIE dag van haar dogter se moord spook nog al die jare by haar en die beeld van die moordtonee­l speel elke dag oor en oor in haar kop af, vertel Suzette met ’n boks vol ou herinnerin­gs langs haar.

 ??  ?? Suzette Barnard met ’n geraamde foto van haar vermoorde dogter, Chantelle.
Suzette Barnard met ’n geraamde foto van haar vermoorde dogter, Chantelle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa