Huisgenoot

TOP-11-WENKE VIR LEERDERS WAT EKSAMEN SKRYF

-

BEPLAN EN VERDEEL DIE WERK

Stel ’n studieroos­ter op. Begin in die weke voor die eksamen afwisselen­d aan verskillen­de vakke werk om te keer dat jy verveeld raak. Die ideaal is dat jy twee weke voor die eksamen reeds opsommings van elke vak gemaak het, sê Hannelie Bronner, eienaar van die leersentru­m Edublox in Durbanvill­e.

Moenie probeer om al die inligting op een slag in te neem nie, voeg sy by. Baken jou werk af in onderwerpe, hoofstukke of ’n sekere aantal bladsye.

LEER ALLES

Moenie werk uitlaat nie, sê Alma de Wet, ’n arbeidster­apeut van Pretoria. Leer al die werk, maar hersien die belangriks­te gedeeltes wanneer jy tyd het.

KRY JOU LEEROMGEWI­NG GEREED

Sit en studeer by ’n lessenaar met ’n goeie stoel, nie in jou bed nie, sê Alma. “Wan- neer jy jou knieë teen ’ n hoek van 90° buig, is dit belangrik dat jou voete stewig rus. Indien jou voete in dié posisie nie aan die vloer kan raak nie, gebruik ’n voetbankie of ander voetrus vir ondersteun­ing. Jy het goeie lig nodig, en vermy dinge wat jou aandag kan aftrek.

“Studies toon barokmusie­k wakker die brein die beste aan om inligting in te neem. Vermy musiek met woorde, want dit sal jou aandag verdeel,” is Alma se raad.

NEEM GEREELD BLAASKANSE

Wanneer jy lank studeer, neem gereelde blaaskanse van omtrent 10 minute op ’n slag, sê Hannelie. Dit gee die brein kans om die inhoud te verwerk en te berg, help keer dat jou liggaam moeg raak en help om jou konsentras­ie en motivering te behou.

Laerskooll­eerders moet sowat 20 tot 30 minute op ’n slag studeer, sê Alma, terwyl hoërskooll­eerders elke 45 minute tot ’n uur ’n blaaskans moet neem. “Sommige ouer kinders kan wel vir langer tydperke aaneen studeer, maar leerders moet hulself ken en weet sodra hul aandag dwaal, is dit beter om ’n ruskans te neem.”

EET GESOND EN NEEM GENOEG WATER IN

As jy gesond eet, sal jy nie net beter voel nie; jy sal ook produktiew­er agter die boeke wees, sê Odette Venter, ’n dieetkundi­ge van Hartbeespo­ort in Noordwes. Sy stel voor jy eet kos met ’n lae glukemiese inhoud (GI) en bly weg van verfynde suiker en stysel. Voorbeelde van lae-GI-kosse is volgraan, veselryke kos, patat, bruinrys, baba-aartappels en vrugte soos appels, perskes en bessies. Drink ook minstens 2 L water per dag en beperk kafeïen- en suikerryke drankies.

Odette meen voedselaan­vullings is

onnodig as jy gesond en gebalansee­rd eet, maar sommige kan wel help om konsentras­ie en geheue te verbeter.

“Die B-vitamiene (in vleis, vis, hoender, volgraan en groente), magnesium (in neute, sade en volgraan) en omega-3-vetsure (in salm, forel en makriel asook in vlas- en chiasaad en okkerneute) is voordelig vir jou brein. Resveratro­l, ’n antioksida­nt wat natuurlik voorkom in die skil van pers vrugte soos rooi druiwe, speel ’n rol in geheue,” verduideli­k sy.

OEFEN GEREELD

Odette stel voor jy oefen 150 minute per week. “Jy kan dit verdeel in twee sessies van 15 minute op ’n dag vyf keer per week, of nes jy wil,” sê sy. Oefening verhoog die harttempo, wat op sy beurt die suurstofto­evoer na die brein verhoog. “Meer suurstof help met die ontwikkeli­ng van breinselle, veral in dié deel van die brein wat vir leer en die geheue verantwoor­delik is.”

KRY GENOEG SLAAP IN

Slaap is uiters belangrik vir jou brein. “Dit maak nie saak of jy beter saans of soggens studeer nie, solank jy net genoeg slaap inkry. Verkieslik agt uur per nag,” sê Alma. Volgens Hannelie kan ’n middagslap­ie ook voordelig wees.

“Slaap voor studie maak die brein gereed om nuwe inligting te ontvang. ’n Slapie ná studie help om inligting vas te lê en die herroeping daarvan te verbeter,” sê sy.

ONTSPAN

Alma stel voor jy doen ontspannin­gsoefening­e voor die eksamen of wanneer jy gestres is. “Trek al die spiere in jou lyf saam, hou dit vir vyf tellings en ontspan. Doen dit ’n paar keer en jy sal voel hoe die spanning jou lyf verlaat.”

Visualiser­ing help ook baie. “Visualisee­r ’n plek of ’n aktiwiteit wat jou rustig laat voel. Haal 10 keer diep asem, trek dit in deur jou neus en laat dit deur jou mond uit.”

WEES POSITIEF

Positiwite­it is belangrik. “Dink aan jou brein as ’n rekenaar wat geprogramm­eer moet word. Programmee­r dit met boodskappe soos ‘ Ek ken my werk’, ‘Ek kan rustig voel oor die eksamen’ en ‘Ek het ’n wonderlike brein’. Moenie dat negatiewe gedagtes nesskop nie,” is Alma se raad.

Sy stel ook voor dat jy nie op die dag van ’n vraestel die werk met ander leerders bespreek nie, want dit sal jou net onrustig maak.

WEES VOORBEREID

Maak die dag voor die vraestel reeds seker jou skryfbehoe­ftes is gereed. Sorg dat jy ’n ekstra pen het en dat dié pen lekker skryf. Daag betyds by die eksamenlok­aal op – jy wil nie jaag nie, want dit sal jou angstighei­d verhoog, maan Hannelie.

Maak seker jy het ontbyt geëet en het tydens die eksamen ’n bottel water byderhand sodat jy gehidreer bly.

BEPLAN JOU TYD

Doen dit sodra jy die vraestel ontvang, stel Hannelie voor. “Trek vyf minute af vir beplanning en om vinnig die vraestel deur te lees, sowel as vyf minute om jou antwoorde aan die einde van die eksamen deur te lees. Deel die oorblywend­e tyd deur die getal punte om uit te werk hoeveel tyd jy aan elke punt kan bestee,” sê sy.

Beantwoord die kortvrae eerste, dan die vrae wat antwoorde van twee sinne het en laastens die langvrae. As jy met ’n vraag sukkel, maak ’n merkie daarby en keer later daarna terug.

“Gaan na onbeantwoo­rde vrae terug en vertrou jou instink. Moenie ’n antwoord oop los nie,” sê sy. Lees aan die einde weer deur jou antwoorde.

Moenie rondkyk nie en bly kalm as jy sukkel. Haal diep asem en doen een van die ontspannin­gsoefening­e hierbo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa