Huisgenoot

Helmut Lotti

Dié Belgiese tenoor, wat in 2019 na SA kom, bekoor weer gehore

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Blaaskans

Helmut (48) het in 2011 besluit om ’n blaaskans van die musiekwêre­ld te vat. “Ek het my afgevra of dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen. Ek moes selfonders­oek instel en ’n antwoord vind op die vraag of ek steeds Helmut Lotti die sanger wil wees,” vertel die Belgiese tenoor en liedjieskr­ywer wat bekend is vir sy klassieke albums.

“Daarna het ek opgehou om internasio­naal te toer en geen albums opgeneem nie. Die uitsonderi­ng was ’n paar uitgesoekt­e optredes in Nederland asook een album, Mijn Hart & Mijn Lijf, wat net in Nederland uitgereik is. My fokus het verskuif na die talle kulturele aktiwiteit­e in België.”

Hy het mettertyd die groot internasio­nale verhoë gemis, erken Helmut. “Ek het besef hoe spesiaal my loopbaan eintlik was. Ek het ook ál meer die behoefte gekry om ’n album te maak wat ’n boodskap van hoop oordra.

“Nadat ek besluit het: ‘ Ja, ek wil Helmut Lotti wees,’ het ek begin om die Comebackal­bum saam te stel. Ek wou dit op ’n groot manier met ’n simfonie - orkes en massakoor doen.”

Wat om te verwag

Sy jongste album en DVD heet The Comeback Album. Die DVD-opname van die Comebackko­nsert is in Hamburg, Duitsland, opgeneem. KykNET het dit verlede maand eksklusief hier uitgesaai. Sowat 100 kunstenaar­s het saam met Helmut gewerk en hy is deur The Golden Symphonic Orchestra begelei.

Dit bevat van sy grootste treffers, soos Out of Africa en Santa Lucia, nuwe verwerking­s van ou gunsteling­e soos Bridge over Troubled Water en Hallelujah, en ’n duet, Solamente una Vez, saam met die Argentyns-Italiaanse sanger Semino Rossi. “Die lirieke van al die liedjies, wat ek self noukeurig gekies het, gaan oor geloof, liefde en hoop. Ek het die temaliedji­e, Faith, Hope and Love, geskryf. Dit handel oor ’n positiewe energie en innerlike krag.”

Persoonlik­e hoogtepunt

’n Jaar ná sy internasio­nale deurbraak met sy 1995-album, Helmut Lotti Goes Classic, het hy die World Music Awards in Monaco bygewoon. “Celine Dion was in die gehoor en het my aangestaar asof ek ’n ruimtewese is,” onthou hy. Ná die tyd het sy vir hom gesê: “Ek weet nie wie jy is nie, maar jy is wonderlik. Kyk goed na jouself, seun.” “Dit was die grootste kompliment wat ek al gekry het.”

Helmut Lotti bring sy Comeback-vertoning volgende jaar na Suid-Afrika vir slegs een optrede, op 21 Maart. D i t vind plaas in Pretoria en kaartjies is nou reeds by Computicke­t beskikbaar.

 ??  ?? Helmut Lotti sê sy nuwe album gaan oor geloof, hoop en liefde.
Helmut Lotti sê sy nuwe album gaan oor geloof, hoop en liefde.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa