Huisgenoot

MET MY KUPIDOKLER­E AAN

Leah het op die plaaslewe verlief geraak terwyl sy boere landwyd help liefde vind het in die nuwe Boer Soek ’n Vrou-seisoen

- Deur MARISA FOCKEMA

SY IS ’n stadsmeisi­e, maar halfpad deur die verfilming van Boer Soek ’n Vrou het Leah haar man gebel en gesê: “Ek is gereed om plaas toe te trek.” Dit was “kos vir die siel en so lekker om ’n stukkie van die boere se plaaslewe te ervaar”, sê die borrelende blondekop sangeres wat sedert 18 Oktober dié maatsoekre­eks op kykNET aanbied.

En manlief Hennie van Niekerk (33) se reaksie? “Hy het nogal saamgestem,” lag sy. “Dalk eendag, al boer ons nie, sal ons ’n huisie op ’n plaas wil hê.”

Leah (31) het die afgelope paar maande die land deurkruis en meer as 25 000 km op alle soorte paaie afgelê om boere te help liefde vind. Sy was altesaam 10 weke weg van die huis af.

Die hoop in die boere se harte het haar opnuut laat besef “’n mens moet nooit die liefde as vanselfspr­ekend aanvaar nie”, sê sy. “As jy iemand spesiaals kry, moet jy vasklou. Dis harde werk wat van twee kante af moet kom.”

Dié stadsjapie het tydens opnames sommer baie oor die plaaslewe en boerdery geleer. Sy het skape ontwurming­stroop ingegee, perdgery, kalwers gevoer, tamaties gesnoei en ’n trekker bestuur . . . “Ag, ek het alles gedoen. Dit was so lekker,” vertel sy en haar blou oë blink.

Op een plaas het sy twee vlakvarkie­s ontmoet. “Toe ek hulle sien, het ek baie na my honde, Muggie en Lila, by die huis verlang. Die varkies hardloop nes Jack Russells met hul stertjies in die lug.”

NEE, sy mag nie verklap wie van vanjaar se boere liefde vind nie. Maar die vonkel in haar oë dui op hoop vir ’n goeie oesjaar. “Liefde is in die lug. Dit gebeur nie noodwendig hoe ’ n mens dink nie en daar is ’n hele paar verrassing­s . . .” verklap sy.

Sy sê een van vanjaar se topvyf-deelnemers is “’n gemaklike en spontane boer wat soos almal se boetie gaan word”.

’n Ander boer is “lief vir ’n stoute grappie, het die snaaksste sêgoed en gaan vir hope humor sorg – in so ’n mate dat die verfilming soms onderbreek moes word sodat ek net eers klaar vir hom kon lag”.

Daar is ’n boer “wat aanvanklik ingetoë voorkom, maar mettertyd ál meer emosies gaan wys”, “’n skaam boer met ’n vriendelik­e aard” en ’n boer wat sy as “’n regte yster, vasberade en passievol” beskryf.

Die topvyf word op 25 Oktober in die reeks bekendgema­ak.

Leah sê dit was heerlik om al agter die boere aan te ry, selfs al was sy lank van haar eie geliefde weg. “Ek het die ryery na die plase geniet. Ek kan maklik agter in ’n kar slaap, boek lees of net by die venster uitkyk terwyl ek die mooi landskap bewonder. En die biltong op die langpad is my gunsteling.”

Daar was natuurlik ook die heerlike boerekos waarvan die gasvrye plaasmense nie genoeg kon aandra nie. Het sy ’n ekstra kilogram of twee aangesit? “’n Mens gaan verskeie kere oorboord. Dis moeilik om nee te sê vir sulke lekker kos,” erken sy met ’n laggie.

Boonop het sy dit moeilik gevind om met haar oefenprogr­am vol te hou wanneer sy op reis was, veral wanneer sy moeg was ná ’n volle dag se verfilming. “Wie is lus vir opsitte doen voor jy gaan slaap? Ek kon beslis ná daardie vyf weke op die topvyfboer­e se plase agterkom my klere sit ’n bietjie stywer.”

SOMS het sy lang trane gehuil oor haar man en honde wat honderde kilometers ver by die huis was, in Durbanvill­e in die noordelike voorstede van Kaapstad. “Maar ons het deurlopend met WhatsApp en FaceTime (video-oproepe) kontak behou. Hennie het gereeld video’s van ons honde gestuur en ek het elke dag met my ma gepraat.”

In die Kaap woon haar ma, Christa Ekermans, ’n naaldwerks­ter, vyf minute se ry van haar.

Dit was ’n hoogtepunt toe haar man halfpad deur die verfilming vir ’n naweek by haar in Middelburg, Mpumalanga, kom kuier het.

Leah en Hennie, ’n projekbest­uurder, het mekaar deur gemeenskap­like vriende ontmoet terwyl albei nog aan die Universite­it Stellenbos­ch studeer het. Sy was toe ’n tweedejaar­student in B.Com. (Regte) en hy ’n B.Rek.-student in sy derde jaar en hulle het mekaar ’n jaar lank geken voor hulle in 2007 begin uitgaan het. Hulle vier vanjaar op 30 November hul vyfde huwelikshe­rdenking.

“Hy is ’n logiese en realisties­e mens; ek weer die kreatiewe een. Dis lekker dat hy y nie in die bedryf is nie. Wanneer ek ná ’n musiekoptr­ede by die huis kom, is daar ’n ander wêreld van goed waaroor ons praat. Hy is baie gelukkig om agter die skerms te wees en dis hoe ons ’n goeie balans handhaaf. Ons het dieselfde humorsin en lag baie vir mekaar.”

Benewens Boer Soek ’n Vrou neem haar musiek haar ook gedurig weg van die huis vir optredes. Sy is dankbaar vir hoe Hennie, wat vanjaar ook sy M.B.A.graad voltooi het, altyd agter haar staan.

“Ons probeer regtig om die tye wat ons saam deurbring gehaltetyd te maak. Ons sal praat oor goed wat nodig en be- - langrik is.” Tyd saam beteken ’n lekker r bord kos en wyn of ’n naweekwegb­reek k “na ons hartsplek, artsplek, St. Helenabaai aan die Weskus”.

In haar eie huwelik het sy geleer liefde gaan oor die “klein alledaagse dingetjies. Dis nie altyd net maanskyn en rose nie, maar jy moet bereid wees om ook deur die moeiliker tye te werk. Dis waar jou karakter en verhouding regtig gebou word. As jy daardeur kom, is daar niks lekkerders nie.”

DIE blondekop meen mense hou van Boer Soek ’n Vrou omdat dit so eg is. Aan die begin van die reeks skryf die boere neer watter eienskappe hulle in ’n ideale maat soek, maar Leah sê dis eindelik net ’n riglyn. “Langs die pad leer hulle dalk iets nuuts oor hulself, en ’n paar van hul idees kan selfs verander.” Dit was “ongeloofli­k hoe oopkop die boere was.

“Eers dink ’ n mens die deelnemers gaan maar net by die plaas moet inpas, maar die boere is bereid om baie opoffering­s te maak om aan te pas.”

Sy bewonder die manier waarop Minki van der Westhuizen, die vorige aanbieder van Boer Soek ’n Vrou, , die program p g hanteer ha het en “besef ek het groot gr skoene om vol te staan. sta Minki is ’n baie natuurlike tuu mens. Met haar is dit ’n geval van wat jy sien, is wat wa jy kry. Ek hoop dis iets wat wa ek ook kan regkry.”

En E gaan ons die sangeres vir die boere hoor sing? “Darem nie, maar die boere wys dalk dal húl sangtalent,” laat sy die aap uit die mou. “Ons het so ’ n bietjie hul kennis van musiek mus en lirieke getoets.”

Dis D nie die eerste keer dat Leah h voor d die k kameras inskuif nie. In die musiekfilm As Jy Sing het sy die vroulike hoofrol, dié van die fikse juffrou Elize de Bruin, teenoor Bobby van Jaarsveld vertolk. En sy was die dromer Nina in die kykNET-reeks Sterlopers. Onlangs was sy te sien as Lexie, die jongste van drie aangenome susters, in Susters. Dié rolprent is pas vir ’n Huisgenoot-Tempo-toekenning vir fliek van die jaar benoem.

Omdat sy self ’n romantikus is, was dit lekker om te sien hoe die boere moeite doen om hul gaste te bederf. “Ek hou van kerse aansteek, met die kos en wyn wat reg staan. My man is minder romanties as ek, maar hy maak my opgewonde met die kleiner goedjies wat hy doen. Omdat hy nie so ’n over romantic mens is wat elke vyf minute gediggies stuur nie, weet ek wanneer hy die dag iets doen, kom dit regtig uit sy hart.”

Ja, hulle dink daaraan om eendag ’n gesin te hê. “Maar daar is nog ’n paar plekke wat ons eers wil sien en loopbaando­elwitte wat ons wil bereik.”

Leah beplan om teen volgende jaar haar derde album uit te reik en gaan baie van die liedjies self skryf.

Toe T sy in 2015 haar debuutalbu­m, Wo Wonderwerk, uitreik, was haar liedjie Met Me Jou Klere Aan boaan verskeie trefferlys­te fer van die land se grootste radiostasi­es. sta Die lirieke het mense laat gons: Wa Wat is die lekkerste ding om te doen Wa Wat is dan beter, beter as soen W Wat is daai ding wat ons jaag En waarna ons smag Di Die lekkerste ding om te doen, m met jou klere aan ... So, wat is vir Leah die beste ding om te doen met jou klere aan? “Almal se antwoord an sal verskil,” lag sy. “Myne was om te trou. Ek sal elke naweek trou.” En wie weet, dalk help sy vanjaar ’n boer b of twee om hul pad kansel toe te vind v . . .

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Leah bied die nuwe seisoen van Boer Soek ’n Vrou aan. BO: Sy bestuur ’n weermagvoe­rtuig op boer Frikkie se plaas. REGS: Sy het duisende kilometers op alle soorte paaie afgelê om die boere op hul plase te help liefde vind en in die proses self baie oor boerdery geleer. Terwyl sy die program aangebied het, het sy veral verlang na haar man, Hennie van Niekerk, en hul twee honde, Muggie en Lila.
HOOFFOTO: Leah bied die nuwe seisoen van Boer Soek ’n Vrou aan. BO: Sy bestuur ’n weermagvoe­rtuig op boer Frikkie se plaas. REGS: Sy het duisende kilometers op alle soorte paaie afgelê om die boere op hul plase te help liefde vind en in die proses self baie oor boerdery geleer. Terwyl sy die program aangebied het, het sy veral verlang na haar man, Hennie van Niekerk, en hul twee honde, Muggie en Lila.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa