Huisgenoot

RAAISEL VAN DIE VERMISTE JOERNALIS

Die Saoediese regering word daarvan beskuldig dat hulle een van hul kritici wreed vermoor het – en dit kan tot ’n wêreldramp lei

- Saamgestel deur JANE VORSTER

HY HET INGEGAAN, MAAR NIE UITGEKOM NIE

’NMAN stap by die Saoedi- Arabiese konsulaat in Istanbul, Turkye, in. Hy het net ’ n roetinedok­ument nodig; daarom wag sy verloofde vir hom buite. Namate die ure verbytik, begin sy angstig voel, en teen die tyd dat die konsulaat sluit, is daar steeds geen teken van hom nie. En hy het nooit weer verskyn nie . . . Wat het van Jamal Khashoggi geword? Die verdwyning van die uitgesprok­e Saoediese afvallige het nou die wêreld op hol, stook lande teen mekaar op en dreig om die olieprys die hoogte te laat inskiet – met rampspoedi­ge gevolge wêreldwyd.

Die Saoedi’s sweer Jamal het binne 30 minute nadat hy by die konsulaat ingestap het die papierwerk gehad wat hy benodig het en geloop, maar die Turke sê dis ’n leuen. Hulle beweer hulle het grusame bewyse dat Jamal (59), wat ’n rubriek vir die Amerikaans­e koerant The Washington Post geskryf het waarin hy krities oor die gebeure in sy tuisland was, in die konsulaat vermoor is.

Die Turke vermoed sy lyk is in stukke opgesny, in bokse verpak en in ’n swart voertuig honderd meter in die straat af na die konsulgene­raal se huis daar naby vervoer.

Al sê die Saoedi’s dis absurd, hou die Turke voet by stuk. Hulle beweer ’n bende van 12 mans het spesiaal van Saoedi- Arabië gevlieg om Jamal, een van die Arabiese wêreld se bekendste joernalist­e en politieke kommentato­rs, te vermoor.

Teen druktyd was daar 13 dae ná sy verdwyning nog geen teken van Jamal nie en het die Turke gedreig om die Saoediese konsulgene­raal se tuin op te grawe in ’n poging om sy oorskot te vind.

Al is hulle alte bewus daarvan dat hulle sodoende die gevaar sal loop om ’n volskaalse internasio­nale krisis te ontketen, sê hulle hulle voel genoop om op te tree.

“Die stemopname van binne die ambassade stippel uit wat met Khashoggi gebeur het nadat hy ingegaan het,” het ’n anonieme amptenaar beweer. “Jy hoor sy stem en die stemme van mans wat Arabies praat. Jy hoor hoe hy ondervra, gemartel en toe vermoor is.”

HOEKOM sou die Saoedi’s tot sulke uiterstes gaan om ’n man te vermoor? Dit klink eerder na die intrige van ’n vergesogte politieke riller as iets wat helder oordag in ’n groot wêreldstad kan afspeel. Maar een ding is duidelik: Nadat hy langer as ’n jaar in selfopgele­gde ballingska­p in Washington gewoon het, was Jamal, wat gereeld die Saoediese regime se onderdrukk­ende taktiek gedek het, daarvan bewus dat hy nie meer in sy geboortela­nd welkom is nie.

In ’n onderhoud met die BBC ’n paar dae voor sy verdwyning het hy erken hy dink nie hy sou ooit weer kon huis toe gaan nie.

Sy Turkse verloofde, Hatice Cengiz, het onthul hy het met twee tasse gevlug “te midde van sterk optrede teen intellektu­ele en aktiviste wat kroonprins Mohammed bin Salman gekritisee­r het”.

MBS, soos die prins genoem word, is eers as ’n hervormer geloof, maar word nou algemener as ’n outokraat beskou.

In ’n emosionele brief aan The New York Times vertel Hatice (36), ’n doktorale student aan die Universite­it van Istanbul, hul “gedeelde passie vir demokrasie, menseregte en vryheid van uitdrukkin­g” het hulle bymekaarge­bring nadat hulle mekaar in Mei op ’n konferensi­e ontmoet het.

Hulle het daarna uitgesien om die res van hul lewe saam deur te bring. Al wat hulle nodig gehad het, was Jamal se skeisertif­ikaat sodat hulle kon trou. Dis hoekom hy op 2 Oktober in die Saoediese konsulaat ingestap het. Hy was ’n paar dae tevore daar, maar is aangesê om terug te kom. Hatice sê hy was opgeruimd op pad na die konsulaat. Al het hy geweet

sy menings het “sekere mense” kwaad gemaak, was hy oortuig hy was veilig op Turkse grondgebie­d en sou nie aangehou word nie, sê sy.

“Op pad daarheen het ons planne vir die res van die dag gemaak,” vertel sy. “Ons sou na toestelle vir ons nuwe huis gaan kyk en vriende vir aandete ontmoet.”

Sy erken sy was uit die veld geslaan toe hy net voor hy in die konsulaat ingestap het aan haar sê om die Turkse owerhede in kennis te stel as hy nie uitkom nie.

“As ek geweet het dit sou die laaste keer wees dat ek Jamal sien, sou ek eerder self in die konsulaat ingegaan het. Maar hy het nooit uitgestap nie. En saam met hom het ek ook daar verlore geraak.”

Nadat sy drie uur gewag het, het sy die konsulaat genader en angs ervaar toe ’n amptenaar sê Jamal het die gebou reeds verlaat. Meer as enigiets anders wil sy nou weet wat met hom gebeur het. Al is daar kringtelev­isie beeldmater­iaal waarop hy in die gebou instap, is daar niks wat wys hy het dit verlaat nie.

En die Turke dink hulle weet hoekom. Maar hoe kan hulle so seker wees Jamal is in ’n sluipaanva­l vermoor?

Daar word beweer die joernalis het ’n Apple Watch gedra toe hy by die konsulaat in is. Omdat hy oor sy veiligheid bekommerd was, het hy vermoedeli­k die opneemfunk­sie aangeskake­l en die beeldmater­iaal gesinchron­iseer met sy foon wat buite die gebou by sy verloofde was.

Maar tegnokenne­rs meen dit is onwaarskyn­lik, want hy sou op Bluetooth moes staatmaak en die afstand is te groot vir die horlosie om ’n betroubare skakel met die foon te vestig.

’n Waarskynli­ker verklaring is dat die Turke die konsulaat meegeluist­er het en die horlosie teorie versin het omte verhoed dat hul spioenasie­bedrywighe­de op die lappe kom.

Maar terwyl die Saoedi’s volhou die bewerings van ’n sluipmoord is “vals nuus”, het die saak bande tussen die Weste en Saoedi-Arabië, die grootste uitvoerder van olie, laat versuur.

DIE Amerikaans­e president, Donald Trump, het verklaar daar sal “kwaai straf ” wees as dit blyk Jamal is in die konsulaat vermoor.

“Op die oomblik ontken hulle dit heftig. Kon dit hulle gewees het? Ja,” het hy gesê.

Maar Trump is gretig om steeds met die Saoedi’s sake te doen – spesifiek ’n wapen verkoop transaksie van sowat R1,592 biljoen. “Ek hou nie daarvan om reusebedra­e geld te stuit wat by die land instroom nie,” het hy gesê.

Sy skoonseun, Jared Kushner, is ook glo na aan die Saoediese prins.

Intussen het Brittanje, Frankryk en Duitsland ’n “geloofwaar­dige ondersoek” geëis. En die Britse magnaat Richard Branson het selfs verskeie projekte met Saoediese entiteite opgeskort.

Ons sal moet wag en sien of Suid-Afrika so ’n sterk benadering sal volg aangesien ’n ooreenkoms van sowat R144 miljard met die Saoedi’s om olieraffin­aderye hier te bou in die weegskaal is.

Turki Aldakhil, hoofbestuu­rder van die Saoediese nuuskanaal Al-Arabiya, het gemaan die wêreld moet die kwessie versigtig benader. Hy sê as sanksies teen Saoedi-Arabië ingestel word, kan die olieprys tot sowat R2 880 per balie styg.

“Dit kan ’ n ekonomiese ramp veroorsaak wat die hele wêreld sal ruk,” sê hy.

Terwyl die internasio­nale gemeenskap op antwoorde wag, het The Washington Post die roerende stap gedoen om ’n skoon rubriekkol­om met die opskrif “’n Vermiste stem” te publiseer op die bladsy waar Jamal gereeld sy menings gelug het.

Jamal se verloofde sê die wêreld kan hom nie blind hou vir wat gebeur het nie.

“Die verlies is nie net myne nie, maar dié van elke mens met ’n gewete en ’n morele kompas,” sê Hatice. “Die mense wat hom van ons weggeneem het, moet aanspreekl­ik gehou en tot die volle omvang van die reg gestraf word.”

BRONNE: NYTIMES.COM, MIDDLEEAST­EYE.NET, BBC.CO.UK, INDEPENDEN­T.CO.UK

 ??  ?? va vandeesmaa­nd HOOFFOTO: H Die van verdwyning die Saoediese vroeër joerna nalis Jamal Khashoggi het internasio­na naal opslae gemaak. LINKS: Jamal se ve verloofde, Hatice Cengiz, beweer hy h het die Saoediese konsulaat in Turkye binnegegaa­n, k b kom nie. maar nooit weer uitge- bk
va vandeesmaa­nd HOOFFOTO: H Die van verdwyning die Saoediese vroeër joerna nalis Jamal Khashoggi het internasio­na naal opslae gemaak. LINKS: Jamal se ve verloofde, Hatice Cengiz, beweer hy h het die Saoediese konsulaat in Turkye binnegegaa­n, k b kom nie. maar nooit weer uitge- bk
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Beeldmater­iaal wys hoe Jamal die konsulaat binnegaan. LINKS BO: Die voertuig wat glo sy verminkte lyk vervoer het. REGS BO: Die Turke glo dié mans het ’n rol in sy verdwyning gespeel.
LINKS: Beeldmater­iaal wys hoe Jamal die konsulaat binnegaan. LINKS BO: Die voertuig wat glo sy verminkte lyk vervoer het. REGS BO: Die Turke glo dié mans het ’n rol in sy verdwyning gespeel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa