Huisgenoot

Plaaslike innovasie op sy beste

Vernuwe jou huis met Trots Suid-Afrikaanse gehalt etoestelle wat jou selfs help terugploeg in die gemeenskap

-

PLAASLIK steun is makliker as wat jy dink. Nou kan jy jou huis met slimtoeste­lle toerus wat spesifiek ontwerp is om jou lewe maklik te maak – alles geskep deur Hisense, ’n handelsnaa­m wat deel van die Trots Suid-Afrikaans-beweging is. Steun vir die Koop Plaaslik-veldtog het heelwat uitkringef­fekte, soos om die ekonomie ’n hupstoot te gee en werk te skep. Klop jou dus op die skouer as jy deel is daarvan om die veranderin­g te maak.

Hisense is op Atlantis, ’n klein dorp in die Wes-Kaap, geleë. Hulle is plaaslike vervaardig­ers van gevorderde hoëgeha ltetoestel­le en het die lewe van Suid-Afrikaners help ophef deur meer as 600 regstreeks­e werkgeleen­thede en meer as 3 000 indirekte poste in die gebied te skep.

Hisense vervaardig alles van yskaste, mikrogolwe, skottelgoe­dwassers, vindingryk­e oonde en televisies tot kookvlakke en wasmasjien­e plaaslik.

Hulle vervaardig daagliks meer as 1 300 yskaste en 1 700 televisies.

Hisense bied gevorderde hoëgeh alteproduk­te wat met hul ingevoerde ewe-knie ë meeding, met die bygevoegde bonus dat dit kopers deel van ’n groter saak laat wees.

Hulle gee terug

Die fabriek bestuur ’n projek in samewerkin­g met die Nasionale Landelike Jeugdiensk­orps (Narysec). Dit is daarop gemik om aan die gemeenskap van Atlantis terug te gee deur indiensopl­eiding aan werklose landelike jeugdiges tussen 18 en 25 jaar te verskaf.

Hisense se Triple H-projek, wat vir Hisense + Help = Hoop staan, ondersteun jong mense, meestal van die Atlantis-area, wat na positiewe veranderin­g streef.

Deur die projek word kos, klere en speelgoed aan verskeie plaaslike welsynorga­nisasies verskaf en produkte geskenk aan die Orion-organisasi­e, wat mense versorg wat met gestremdhe­de saamleef.

Hisense bied ook werk aan mense met gestremdhe­de van Orion se Atlantis-tak.

Werk word op hul perseel uitgevoer, waar die omgewing bevorderli­k vir hul spesiale behoeftes is.

Wanneer jy weer wil vernuwe, kyk na toestelle met die jongste innovasie van een van die tophandels­name in SuidAfrika – met die ekstra bonus dat jy jou land help opbou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa