Huisgenoot

KYK WIE DRA NÓÚ DIE BROEK!

Verby is die dae van pieperige meisietjie­s soos Aspoestert­jie wat op hul redder wag; deesdae is vroue die storieheld­inne – en nou span Captain Marvel die kroon

- Saamgestel deur DENNIS CAVERNELIS

EENDAG lank, lank gelede was daar ’n beeldskone, delikate jong meisie, lief en goed, maar om eerlik te wees ’n bietjie hulpeloos. Sy het ’n prins nodig gehad om haar te red van allerlei nare dinge soos bose stiefma’s, jaloerse koninginne, vuurspuwen­de drake – noem maar op, die meisie moes geréd word. Gelukkig galop die prins op sy wit perd die prentjie in, ruk sy swaard uit en maak korte mette van die bose in al sy verskynsel­s. Dan pluk hy die dankbare meisie met een sterk arm saam met hom op sy ros, plant ’n hartstogte­like kus op haar lieflike rooi lippe, en daar jaag hulle in die pienk strale van die sonsonderg­ang weg om vir altyd gelukkig saam te lewe.

Maar daardie dae is nou verby, want vandag se Disneyheld­inne is van ’n heel ander stoffasie aanmekaarg­esit. Trouens, die prins sal sy slap kuif uit sy oë moet vee en vir hom ander werk moet gaan soek, want die prinses red haarself nou, baie dankie.

Die nuutste dapper vrou is die formidabel­ste een onder die superhelde: Sy’s Captain Marvel, ook bekend as die Aarde se Magtigste Held.

Marvel, wat gespeel word deur die Oscarbekro­onde aktrise Brie Larson, sal die eerste vroulike held wees wat die hoofrol kry in die Marvel Cinematic Universe (MCU), ’n franchise wat superheldf­lieks maak en wat deel is van die Disneystal.

Captain Marvel – haar regte te naam is Carol Danvers – is slimmer en n sterker as enigiemand g wat ons al ooit in die MCU gesien het, en dit sluit superhelde soos Iron Man, Thor, Hulk, Captain America en SpiderMan in.

Di Die e MCUvervaar­diger Kevin Feige sê Marvel

se magte en kragte ken geen perke nie. Kykers sal moet vasgord vir dié onverskrok­ke held(in) se dapper dade.

Maar fliekvlooi­e sal eers moet wag, want dié rolprent word eers in Maart volgende jaar uitgereik. Hier’s intussen ’n kykie na hoe Disney se pieperige prinses tot ’n almagtige amasone ontwikkel het.

AAN DIE BEGIN: RED ONS, ASSEBLIEF . . .

Sneeuwitji­e was die eerste Disneyprin­ses en sy het reeds in 1937 haar buiging op die grootskerm gemaak. Sy verlang na ’ n prins – enige prins, solank hy ’n prins is, wat haar kan kom red – en vir die grootste deel van die fliek is sy sewe klein mannetjies se huishoudst­er. Sy kruip hier weg vir ’n stiefma wat so groen van jaloesie op Sneeuwitji­e se skoonheid is dat sy dit ernstig oorweeg om haar lewensvlam te blus.

Dié meisie met ’ n vel so wit soos sneeu, lippe so rooi soos die rooiste roos en hare soos ’n nagswart waterval vat ’n happie van ’n giftige appel, verval in ’n koma en word in ’n glasdoodsk­is gesit sodat almal bo-oor haar kan kom ween. Dan kom ’n prins op stywe galop daar aan, druk ’n soen op daardie lippies – en nou ja, almal ken die uiteinde van hierdie spesifieke sprokie.

In 1950 daag Aspoestert­jie op en jy kry sowaar nie ’n karakter wat so dringend deur ’n prins van haar nare stiefsuste­rs gered moet word nie. Eintlik enigiemand, solank sy net geréd word. Toe help daardie glasskoent­jie haar darem.

Die Slapende Skone beland in 1959 op die skerm en ook sy word so ampertjies deur bose mense na haar graf gedryf. Maar toe verskyn ’n prins op die toneel wat die toegegroei­de kasteel begin oopkap met sy swaard paraat omhoog.

DIE MIDDEL: ONS WIL GRAAG ONAFHANKLI­K WEES!

Ariel, The Little Mermaid maak in 1989 haar opwagting tot die groot verligting van ’n nuwe generasie ouers. Sy wil so graag die wye wêreld buite haar onderwater­koninkryk verken dat sy haar pragtige stem prysgee vir ’n paar bene. (Ongelukkig blyk dit ook sy moet deur ’n prins gered word.)

Disney se eerste prinses wat nie so wit soos sneeu is nie, is prinses Jasmine in 1992 se Aladdin. Sy verklaar ook trots: “Ek is nie ’n prys wat gewen kan word nie.”

Van toe af het dinge vir onafhankli­ke meisies begin verbeter – weliswaar stadig maar seker. Pocahontas (1995) word uitgebeeld as iemand wat groot respek het vir haar mense, inheemse Amerikaner­s, terwyl sy hoop dat vrede met die Britse kolonialis­te moontlik sal wees.

Sy verwerp haar pa se planne vir ’n gereëlde stamtroue sowel as John Smith se aanbod dat sy saamgaan gaan wanneer hy na Engeland terugkeer. ugkeer.

EINDELIK: ONS IS BAIE AIE DINGE TEGELYK

Disney se Mulan breek k in 1998 los van allerhande beperkings eperkings waarmee vroulike hoofkarakt­ers karakters van destyds aan bande gelê is. Sy is nie ’n prinsessie nie, maar ’n kragtige soldaat wat die Chinese vors sowel as haar stad red, en sy vat at vir haar ’n kêrel op die koop toe.

Van toe af begin dinge e stukke beter gaan: Tiana van The Princess and the Frog (2010) is die ie eerste swart prinses en boonop onop die eerste een met ’n regte egte werk; Raponsie in Tangled angled (2010) neem die voortou ou om haar ontsnappin­g te bewerkstel­lig en Brave se Merida (2012) is ’n tiener r wat nie wil trou nie, baie dankie – haar stryd is om haar familie bymekaar te hou. Toe word Frozen in 2013 uitgereik en vir koningin Elsa en prinses Anna is enige romantiese gedoentes ver op die agtergrond – vir hulle gaan dit oor die liefde en mag van vroue wat saamstaan. In 2014 is prinses Aurora herskep in die rolprent Maleficent met Angelina Jolie. Dié storie word vertel uit die oogpunt van die misverstan­e misve skurk. Don Hahn, ’n vervaardig­er ver van die fliek, sê dit sou “totaal o onvanpas” wees om ’n moderne Slapende Skone deur ’n prins te laat red. “Ons kan nie ’n fliek maak waar die protagoni protagonis die helfte van die fliek deu deur slaap en net wakker wo word wanneer ’n man vir haar sê: ‘Oukei, jy mag nou jou lewe le begin’ nie. Ek wil nie vir my dogter so ’n s storie vertel nie.” En in 2016 speel M Moana klaar met enige p praatjies van moontlike verliefdhe­id en sulke meisierige goeters. Dié Polinesies­e tienerp prinses is op ’n sending om ha haar mense te red en Maui is bloot haar assistent. Want watter vrou wil bloot ’n prinse prinses wees as sy kan wees net wat sy wil?

 ??  ??
 ??  ?? VAN LINKS: Aspoestert­jie, Sneeuwitji­e, Ariel en Pocahontas. HEEL REGS: Mulan. TOE . . .
VAN LINKS: Aspoestert­jie, Sneeuwitji­e, Ariel en Pocahontas. HEEL REGS: Mulan. TOE . . .
 ??  ?? AAN DIE BEGIN . . .
AAN DIE BEGIN . . .
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa