Huisgenoot

R20 MILJOEN VIR SNIPPERS

’n Geheimsinn­ige kunstenaar het een van sy werke vanself laat versnipper toe iemand dit koop – maar wie’s Banksy?

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS S

HY BEKRAP gereeld mure met lewensgroo­t graffiti, maar pleks daarvan dat die sluiper met die swart kappietop uitgekryt word as ’n laspos wat openbare plekke ontsier, is Banksy – soos hy bekendstaa­n – ’ n wêreldbeke­nde kunstenaar met ’n kultusgevo­lg en skilderye wat vir miljoene onder die hamer kom.

Onlangs is een van die ontwykende kunstenaar se werke vir ’n volle R20 miljoen op ’n Sotheby’s-veiling in Londen verkoop – maar net toe die afslaer se hamer val, het die geraamde Girl with Balloon, wat Banksy in 2006 op doek gespuitver­f het, vanself versnipper.

Die gaste het hulle oopmond vergaap: Die kosbare kunswerk was daarmee heen . . . Hoe het die geheimsinn­ige Banksy dit laat gebeur?

Die volgende dag het Banksy, wie se identiteit ná jare se roem steeds onbekend is, op sy Instagramb­lad ’n video gedeel wat wys hoe hy destyds die versnipper­aar in die raam van die kunswerk inbou. By die video skryf hy: “Ingeval dit ooit op ’n veiling gekoop word.”

Banksy het sy werk laat versnipper om sy stem dik te maak teen buitenspor­ige pryse vir kuns en die elite se eiening daarvan, meen sommige kunskenner­s.

Nietemin het die koper van die werk met die transaksie voortgegaa­n, al sit sy nou net met ’n versnipper­de weergawe daarvan. “Ek was eers geskok, maar het eindelik besef ek sou my eie deel van kunsgeskie­denis besit,” het sy gesê.

DIE MENS IN DIE SKADUWEES

Vandaal, politieke aktivis, genie . . . Banksy is al baie dinge genoem, maar min is oor hom bekend – nie eens of hy ’n man of eintlik ’n vrou is nie.

Sover bekend, is die kunstenaar ’ n boorling van Bristol in Engeland. Sy graffiti pryk sedert die 1990’s op mure en brûe oor die wêreld heen – van Londen, New York en Jerusalem tot Timboektoe en die Wesbank in Palestina.

Al manier hoe hy sy werk eien, is met sy skuilnaam in swart spuitverf.

Hy het as aanhanger van die Franse straatkuns­tenaar Blek le Rat op 18 self graffiti begin beoefen. Toe die polisie hom eenmaal byna vir vandalisme vastrek, het hy onder ’n trok vir hulle weggekruip en daar gestensild­e letters raakgesien. Daarna het hy begin om vooraf stensils te maak van die prente wat hy teen mure wou verf – so kon hy sy stensil teen ’n muur vasdruk en sy spuitverf vinnig inspan voor die polisie toeslaan.

Een van sy eerste groot werke, The Mild Mild West, het in 1999 in Bristol teen ’n buitemuur verskyn. Dit beeld ’n teddiebeer uit wat ’n petrolbom na onon lustepolis­ie gooi. Daarna het sy graffiti gereeld teen mure opgeduik: dikwels kinders, polisie, soldate, rotte, ape. Dit was gereeld speels en het ook telkens maatskapli­ke kommentaar gelewer.

’n Fotograafv­riend het gedrukte weergawes van sy werk begin verkoop en sy agent geword.

Teen 2000 het sy buiteluggr­affiti soveel aftrek gekry dat sy gedrukte stensilwer­k, ook onder die skuilnaam Banksy, soos soetkoek in galerye begin verkoop het. Selfs bekendes soos die sangeres Christina Aguilera en die supermodel Kate Moss het Banksys aangeskaf.

Maar dit was asof Banksy sy eie aanhang ondermyn.

In 2007, toe Sotheby’s in Londen sy skildery Bombing Middle England vir R1,4 miljoen verkoop het, het Banksy op sy webtuiste geskryf: “I can’t believe you morons actually buy this sh**.”

In dieselfde jaar het hy die Greatest Living Briton-prys in ’n Britse televisiep­rogram gekry, maar nie opgedaag om dit te ontvang nie.

In 2010 was hy die regisseur van Exit through the Gift Shop, ’n Oscarbenoe­mde dokkie oor die ondergrond­se wêreld van straatkuns – vroeër jare het hy juis nou saamgewerk met ander straatkuns­tenaars in Bristol.

Banksy het oënskynlik ’n afkeur van die kommersial­isering van kuns; daarom is dit vir hom belangrik dat kuns vir gewone mense toeganklik moet wees.

In 2013 is van sy gedrukte kunswerke met sy toestemmin­g in Central Park, New York, teen $60 (toe sowat R570) elk verkoop, terwyl dit in galerye en op veilings vir astronomie­se bedrae verkoop sou kon word. Hy het dié dag net $420 (R4 000) uit verkope gemaak – kleingeld teenoor die miljoene wat kunskenner­s nou daarvoor sal opdok.

IS DÍT BANKSY?

Maar wie kan hy wees? Daar was al talle raaiskote, maar sonder sukses. In 2008 is die kunstenaar Robin Gunningham van Bristol as Banksy “ontmasker”. Navorsers het selfs probeer bewys Banksy se werk het opgeduik op die plekke waar Robin gesien is. Maar Banksy se verteenwoo­rdigers het toe ontken dat hy wel Robin is. Verlede jaar is daar weer bespiegel Banksy is inderwaarh­eid die Britse sanger Robert del Naja (53), ook bekend as stigtersli­d van die musiekgroe­p Massive Attack. Maar ook dit was net ’n gerug. Ander kunskenner­s meen “Banksy” verwys dalk eerder na ’n groep straatkuns­tenaars wat saam die graffiti skep. Die leier van die groep is dalk eintlik ’n vrou, glo sommige – vroue en meisies verskyn immers dikwels in die werk.

SY BEKENDE KUNSWERKE

Banksy het Girl with Balloon die eerste keer in 2002 teen ’n muur in Londen se South Bank gespuitver­f. In 2006 het hy die toe reeds bekende werk ook op doek gespuitver­f – en daardie versnipper­aar in die raam ingebou.

Een van sy ander bekende werke is die Bomb Hugger, ’n meisie wat ’n bom ’n drukkie gee.

Sy jongste werk het in Maart vanjaar op die Houston Bowery-kunsmuur in New York verskyn. Dit beeld die Turkse kunstenaar-joernalis Zehra Dogan uit agter tralies van potlode.

Dit protesteer teen die tronkstraf wat sy verlede Maart opgelê is vir haar skildery waarin sy die Turkse regering kritiseer.

Banksy ontsien niemand, nie eens die koningin van Engeland nie.

Slave Labour, sy kunswerk van ’n seun wat vlagversie­ring by ’n naaimasjie­n maak, kap na die jeugarbeid wat ingespan is om produkte vir koningin Elizabeth II se diamantjub­ileum en 2012 se Olimpiese Spele in Londen te maak.

SY INVLOED

Hy is soos ’n Hollywoods­ter, sê die Amerikaans­e vertoonkun­stenaar Zardulu: “Banksy kan enige kunswerk maak, en dit versprei soos ’n veldbrand, nes ’n Kim Kardashian-twiet meer aandag kry as die omverwerpi­ng van regerings.”

Ander is weer krities. Peter Gibson, ’n woordvoerd­er vir die omgewingso­rganisasie Keep Britain Tidy, sê dis net vandalisme. Sommige snobiste noem dit “pragtige kunswerke vir idiote”.

Blek le Rat, Banksy se groot inspirasie bekend vir sy stensilske­tse in die 1980’s in Parys, is ook nie ’n aanhanger nie. Blek het al gesê dit maak hom kwaad as iemand anders sy “tegniek en kunsstyl vat en dit reprodusee­r”.

Maar juis danksy Banksy se sukses het die belangstel­ling in die werk van ander straatkuns­tenaars ook toegeneem. In 2006 het die Britse joernalis Max Foster dié verskynsel die Banksyeffe­k gedoop. En hoe lyk sy bankbalans deesdae? Dit is waarskynli­k rondom R377 miljoen, het die saketydskr­if Forbes al geraam.

Ironies genoeg is die oorblyfsel­s van Girl with Balloon waarskynli­k nou selfs meer werd as voor Banksy dit versnipper het. BRONNE: VOX. COM, THESUN. CO. UK, NEWS. ARTNET. COM, MYARTBROKE­R. COM, NEWS. COM. AU, BANKSYEDIT­IONS. COM, BANKSY. CO. UK, SOTHEBYS. COM, STREETARTB­IO. COM, THEARTSTOR­Y.ORG, ADWEEK.COM, NEWSHUB.CO.NZ

 ??  ?? BANKSY SE IDENTITEIT IS NIE BEKEND NIE
BANKSY SE IDENTITEIT IS NIE BEKEND NIE
 ??  ?? HOOFFOTO: ’n Banksy-werk het vanself versnipper. BOBO: DDit was eers teen ’n muur gespuitver­f. LINKS ONDER: Banksy is net bekend as ’n man met ’n swart kappietop.
HOOFFOTO: ’n Banksy-werk het vanself versnipper. BOBO: DDit was eers teen ’n muur gespuitver­f. LINKS ONDER: Banksy is net bekend as ’n man met ’n swart kappietop.
 ??  ?? Banksy se bekende graffiffit­i graffiti pryk op mure en brûe oor die wêreld heen – van Londen, New York en Jerusalem tot Timboektoe en die Wesbank in Palestina.
Banksy se bekende graffiffit­i graffiti pryk op mure en brûe oor die wêreld heen – van Londen, New York en Jerusalem tot Timboektoe en die Wesbank in Palestina.
 ??  ?? VAN SY GRAFFITI
VAN SY GRAFFITI
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa