Huisgenoot

’N MAN VAN STERK WOORDE, DADE EN DENKE

Pik Botha was nie net ’n minister aan wie se lippe mense gehang het nie, maar ook ’n intellektu­ele reus vol wyshede en ’n kleurryke karakter

- HOOFFOTO: Pik Botha was een van die langs dienende, en stellig hardwerken­dste, ministers van an buitelands­e sake.

HY WAS ’n man van vele kante. ’n Volle 17 jaar lank was hy as minister van buitelands­e sake in die Nasionale Partyreger­ing die een wat op die wêreldverh­oog moes bontstaan om apartheid namens sy regering te probeer regverdig. Hy was charismati­es en welspreken­d, wat in sterk kontras was met die stroewe aard van die Suid-Afrikaanse staatshoof­de John Vorster en PW Botha onder wie hy gedien het.

Sommige het hom gekritisee­r as die beeldpoets­er van ’n moreel onregverdi­gbare en diskrimine­rende stelsel. Ander het hom geloof omdat hy in die binnekamer­s van die Nasionale Party politieke transforma­sie voorgestaa­n het – iets wat hy oplaas as kabinetsli­d van FW de Klerk om die onderhande­lingstafel met die ANC sou help bewerkstel­lig.

Pik Botha was een van die gewildste politici onder die wit kieserskor­ps van sy tyd. Maar hy was ook meer as ’n politi-

kus. Die 86-jarige man wat op 12 Oktober tuis in Pretoria oorlede is, was ook ’n skrywer van kortverhal­e en gedigte, ’n kleurryke kuiergees, filosoof en jagter.

Ons kyk terug op ’n vol lewe en ’n loopbaan vol teenstrydi­ghede.

DIE ‘PIKKEWYN’

Roelof Frederik Botha sien op 27 April 1932 die lewenslig in Rustenburg in die hedendaags­e Noordwes. En die bynaam Pik? Hyself het vertel ’n kraamverpl­eegster het vir hom ’n swart-en-wit pakkie aangetrek “en ek het toe glo soos ’n pikkewyn gelyk”.

Aan die Hoër Volkskool in Potchefstr­oom is Pik ’n akademiese ster, voorsitter van die debatveren­iging en knap rugbyspele­r.

Gewapen met ’n regsgraad van Tuks sluit hy in 1953 by die departemen­t van buitelands­e sake aan. In dieselfde jaar trou hy met sy eerste vrou en die ma van sy vier kinders, Helena. Hulle was 43 jaar getroud; tot haar heengaan in 1996.

As junior diplomaat vul hy sy inkomste aan met sy skryftalen­t: als van wetenskaps­fiksie tot oorlogstor­ies, moordrille­rs en smeulende liefdesver­hale. Baie van sy kortverhal­e verskyn in Huisgenoot.

SY POLITIEKE OPGANG

Die historikus prof. Hermann Giliomee onthou in sy outobiogra­fie hoe hy in die vroeë 60’s – toe hy self ’n kadet by buitelands­e sake in Pretoria was – vir Pik “in die gange met ’n frons op sy gesig” sien rondloop het. So asof “al Suid-Afrika se

diplomatie­ke probleme op sy skouers rus, iets wat mettertyd waar sou word. Pik was toe hoofregsad­viseur belas met die koördineri­ng van Suid-Afrika se verweer in die Wêreldhof teen die aanklag dat hy sy mandaat oor Suidwes-Afrika geskend het. Pik moes toe Suid-Afrika se saak, dat hy die reg het om Suidwes-Afrika te administre­er, verdedig.

In 1975 word Pik Suid-Afrika se ambassadeu­r in die VSA en by die Verenigde Nasies – en ’n bekende gesig op TV.

Die voormalige Rapportred­akteur Tim du Plessis het ná Pik se dood in dié koerant geskryf: “Pik het Suid-Afrika se eerste TV-politikus geword, nes John F. Kennedy die TV-era in die Amerikaans­e politiek ingelui het. Hy en televisie was gemaak vir mekaar.”

In 1977 kies John Vorster hom as minister van buitelands­e sake, ’n portefeulj­e wat hy beklee tot Nelson Mandela in 1994 staatspres­ident word. In Mandela se kabinet dien hy as minister van minerale en energiesak­e. In 1996 tree Pik uit.

Die voormalige SAUK-TV-man Cliff Saunders vertel in Theresa Papenfus se biografie, Pik Botha en Sy Tyd: “As jy die man eenmaal ontmoet het, is hy moeilik om te vergeet. Al wens jy jy kon. Wanneer hy ’n vertrek binnekom om ’n toespraak te maak, sak ’n stille afwagting dadelik op almal neer.”

Volgens Cliff kon Pik nie net op sy voete dink nie, “maar ewe goed as hy op sy kop sou staan en dan sou hy boonop die gehoor oorreed om sy voorbeeld te volg”.

Die jaar ná sy uittrede verskyn Pik voor die Waarheids-en-versoening­skommissie, onder aartsbisko­p Desmond Tutu se voorsitter­skap, om vergifnis te vra vir sy rol in die bevorderin­g en behoud van apartheid. Tutu vertel in Theresa se biografie hy het Pik beleef as “’n aangename mens. Warm en menslik – vanweë sy gawes, maar ook sy swakhede”.

Pik laat sy tweede vrou, Ina, met wie hy in 1998 getroud is, agter, asook vier kinders uit sy eerste huwelik: die rockmusika­nt Piet Botha; die ekonoom dr. Roelof Botha; Anna, ’n kunstenaar; en Lien, ’n fotograaf. Daar is ook agt kleinkinde­rs en sewe agterklein­kinders.

 ?? Deur RICHARD VAN RENSBURG en CYRIL BLACKBURN ??
Deur RICHARD VAN RENSBURG en CYRIL BLACKBURN
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Mangosuthu Buthelezi, Nelson Mandela en Pik Botha bid op ’n saamtrek saam vir vrede. REGS BO: Pik het in 1998 met Ina getrou.
LINKS BO: Mangosuthu Buthelezi, Nelson Mandela en Pik Botha bid op ’n saamtrek saam vir vrede. REGS BO: Pik het in 1998 met Ina getrou.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa