Huisgenoot

DIE FLIEK OOR MY ONTWAKING

Kanarie is die aangrypend­e verhaal van ’n man wat in sy weermagdae op ’n medekoorli­d verlief geraak het

- Deur MARELIZE POTGIETER

HY ONTHOU die diep, donker drein en die angsbevang­e gevoel wanneer die deksel toeklap. En selfs al wou hy uitklim, kon hy nie, want bo-op die staaldekse­l het ’ n emmer vol klippe gestaan. Dit was eers wanneer onderwyser­s na hom begin vra het dat die boelies hom bevry het.

Skoolpouse­s was nie vir hom vol pret soos vir ander kinders nie, eerder vol vrees, onthou die bekroonde komponis Charl-Johan Lingenfeld­er (51).

“Skool was moeilik. Daar was selfs gevalle waar ek so geslaan is dat ek moes dokter toe gaan. Dit het ’n impak op my gehad en ek moes sterk staan om daardeur te kom,” vertel hy.

Gelukkig was daar ook musiek op Villiersdo­rp, die platteland­se dorpie in die Wes-Kaap waar hy grootgewor­d het, en wanneer die boelies te veel geword het, het hy hom deur die klanke van musikante soos Queen, Kate Bush en die Duitse groep Kraftwerk laat wegvoer.

Dit was ook musiek wat hom later in sy lewe oor die wêreld heen geneem het as musiekregi­sseur van blyspele soos The Rocky Horror Picture Show en Jesus Christ Superstar.

Maar voor hierdie wonderwêre­ld voor hom oopgegaan het, moes hy in die tagtigerja­re verpligte weermagdie­ns van twee jaar doen. En wéér was dit musiek wat tot sy redding gekom het toe hy ’n Kanarie word, soos die destydse SuidAfrika­anse Weermagkoo­rgroep, die Kanaries, genoem is.

Nou word Charl-Johan se verhaal vertel in die langverwag­te rolprent Kanarie, wat pas bekendgest­el is. Die fliek het reeds verskeie pryse op Amerikaans­e filmfeeste gewen en is ook vroeër vanjaar op kykNET se Silwersker­mfees as beste fliek aangewys.

Die fliek vertel die verhaal van die 18-jarige Johan Niemand wat in 1985 vir militêre diensplig opgeroep word. Hy en sy mede-Kanaries moet die basiese militêre opleiding by die Valhalla-lugmagbasi­s oorleef, waarna hulle op ’n landwye toer gaan en mense moet vermaak, hul geloof in die weermag versterk en die kerk en regering se saak bevorder.

Toe Johan besef hy koester gevoelens vir een van sy medekoorle­de, begin hy alles oor homself en sy wêreld bevraagtek­en: sy geloof, seksualite­it, patriotism­e en die werklikhed­e van ’n land wat deur apartheid beheer word.

Die rol van Johan word deur die akteur Schalk Bezuidenho­ut vertolk, maar daar is geen teken van die grapjas wat ons gewoonlik sien nie. Hy is die ene erns in sy kragtoer van ’n vertolking.

Die fliek is “95 persent” ’n akkurate weerspieël­ing van sy lewe, vertel Charl-Johan. “Op plekke is dit woordeliks akkuraat, en verskeie situasies, gesprekke en omstandigh­ede in die fliek was presies dieselfde.”

Die gedagte dat mense soveel intieme detail van sy lewe sal aanskou, maak hom nie angstig nie, vertel Charl-Johan.

“Ek dink ek is op ’n ouderdom waar ’n mens moet begin teruggee. Ek kyk na die skade wat ek my oor die jare aangerig het omdat ek gesukkel het om myself te aanvaar. As die fliek net ’n paar jong mense kan wys dat hulle oukei gaan wees, is ons doel bereik.”

Hy het die draaiboek in samewerkin­g met die regisseur Christiaan Olwagen geskryf. Die moeilikste toneel om te skryf was die gesprek met sy suster waarin hy haar wou vertel hy is gay, maar waar sy hom stilmaak en vra om eerder nie te sê

wat sy dink hy gaan sê nie.

“Daar was tye dat Christiaan my so staan en kyk het terwyl hy op die balkon rook. Dan is my oë dik gehuil.”

Charl-Johan lag toe hy nou daaraan dink. “Hy het geen simpatie gehad nie en net gevra: ‘Dink jy nie jy moet maar iemand gaan sien nie?’ ”

Toe die draaiboek klaar geskryf is, het hy vrede gehad met die storie, want dis vir hom belangrik dat daar meer gesprekke oor gaywees moet wees.

Tog is hy bly sy oorlede ouers, Sarel en Babsie, hoef nie die fliek te sien nie.

“Dit sou vir hulle moeilik gewees het. Ek moet dit erken – ’n groot deel van my lewe het ek eers voluit begin leef toe my ouers oorlede is. Hulle was so ver verwyderd van my werklikhei­d en dit het konflik in ons huis veroorsaak.

“My pa is in 1919 gebore. Dit was net ná die Eerste Wêreldoorl­og. Hy het op Villiersdo­rp skoolgegaa­n en gewoon. Hy het as kind nooit skoene gedra nie en het as volwassene by die munispalit­eit gewerk. My ma was ’n huisvrou. Die generasieg­aping was groot, en hier kom dié kind met sy Boy George-dinge . . .”

CHARL-JOHAN was van kleins af op die dorp daarvoor bekend dat hy “anders” was.

“Ek het byvoorbeel­d begin ballet doen toe ek vier jaar oud was. My suster was ’n goeie pianis en het vir die balletklas klavier gespeel. Ek moes altyd vir haar kos neem en dan het ek agter in die saal gestaan en al die bewegings saamgedoen. Tot die juffrou gesê het sy dink hulle moet my laat ballet neem.

“Ek word toe die enigste seuntjie op die dorp wat ballet doen en het hel gekry daarvoor. Ek is van jongs af ’n moffie genoem.”

Op hoërskool het hy altyd aan die skou se blommerang­skikkompet­isie deelneem. “Almal het my geken. Almal het geweet wie ek is. Almal het geweet ek is die probleemki­nd.”

Tussen die welige lang baard en mussie – al twee op ’n manier skanse waaragter hy kan verdwyn, sê hy – kyk die opvallende groen-grys oë jou stip aan.

Omdat sy jeugjare op Villiersdo­rp so ’n groot invloed op hom gehad het, is die openingsto­nele van die fliek daar geskiet.

In die fliek sien ons hoe Johan soos ’n wafferse Boy George in Villiersdo­rp se hoofstraat af stap. In die werklike lewe was dit Charl-Johan se vriendinne wat hom R50 beloof het as hy in ’n netgewaad in die straat afparadeer. Die dominee het by hom gestop en moedeloos gevra: “Charl-Johan, is dit jy?”

“Ek lag so, want die hele Villiersdo­rp was in rep en roer toe ons filmspan daar was. Ons het die kerksaal as ons basis gebruik – dis waar ek as skoolkind gereeld musiekoptr­edes gehad het. Die huis waarin ons geskiet het, was my ma se niggie se huis, maar ons het in dieselfde straat gebly.”

Charl-Johan sê as kind het hy ’n soort bewustheid van sy homoseksua­liteit gehad, maar hy het nooit ’n naam daarvoor gehad nie. “Ek het nie geweet wat dit is nie, en die kere dat ek dit per ongeluk in ’n boek opgespoor het, het ek dit onmiddelli­k toegeklap.

“Op skool het ek meisies gehad en selfs op universite­it, en ek het altyd geglo ek gaan eendag met ’n rooikopbal­lerina trou.”

Later jare het hy aanvaar hy is gay en nou is hy gemaklik met sy seksualite­it.

Oor sy gevoelens vir Wolfgang, in die fliek gespeel deur die akteur Hannes Otto, met wie hy in die Kanaries ’n verhouding aangeknoop het, sê hy daar was nooit ’n spesifieke oomblik dat hy besef het daar is meer tussen hulle nie.

“Ek het myself nooit toestemmin­g gegee om iets meers vir iemand te voel nie, en teen die tyd dat dit meer geraak het, was ek eintlik uit die veld geslaan.”

Hy sê hul eerste soen het amper per ongeluk gebeur en dit was eers tóé dat hy aan homself kon erken daar is iets tussen hulle.

“Dit was vir ons al twee ’n groot ding en ons het nie geweet wat om met ons gevoelens te maak nie. Ons het eendag op die trappies by die lugmag gesit en mekaar gevra wat ons met hierdie liefde moet doen.”

Hy sê hul verhouding was veral moeilik in die konteks van die weermag omdat almal heeltyd dopgehou is. “Jy leef saam, jy stort saam en jy slaap saam.”

HY HET die fliek eers aan sy suster gewys voor dit in teaters begin draai het.

Ná die gesprek wat hy destyds met haar gehad het en wat op die skerm uitgebeeld word, het hy nooit die moed gehad om vir haar te sê hy is gay nie – tot sy hom 10 jaar gelede gesê het sy weet hy is gay.

“Dit was vir haar moeilik om die fliek te kyk; ek dink sy was bang om dit te kyk. Een van die eerste dinge wat sy agterna gesê het, was: ‘Gelukkig is dit nie meer so vir jou nie.’

“En dit is inderdaad so; sekere kernaspekt­e van myself is steeds daar. Maar dit is baie jare later, en ek is nie meer daardie mens nie.”

‘Hier kom dié kind met sy Boy Georgeding­e . . .’

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die musikant Charl-Johan Lingenfeld­er is die musiekdire­kteur by die Fugardteat­er in Kaapstad. LINKS: Saam met die komediant Schalk Bezuidenho­ut, wat die hoofrol in die film Kanarie vertolk, wat op sy lewe gegrond is.
HOOFFOTO: Die musikant Charl-Johan Lingenfeld­er is die musiekdire­kteur by die Fugardteat­er in Kaapstad. LINKS: Saam met die komediant Schalk Bezuidenho­ut, wat die hoofrol in die film Kanarie vertolk, wat op sy lewe gegrond is.
 ??  ?? BO: Schalk, wat die rol van Johan Niemand ver- tolk, in die toneel waar die Kanaries die grens besoek. REGS: Schalk as Boy George in die openingsto­nele van Kanarie. BO: SSchalk saam met die akteur Hannes Otto, wat die rol van Wolfgang vertolk. In die fliek ont ontwikkel ’n romantiese verhouding tussen hu hulle.
BO: Schalk, wat die rol van Johan Niemand ver- tolk, in die toneel waar die Kanaries die grens besoek. REGS: Schalk as Boy George in die openingsto­nele van Kanarie. BO: SSchalk saam met die akteur Hannes Otto, wat die rol van Wolfgang vertolk. In die fliek ont ontwikkel ’n romantiese verhouding tussen hu hulle.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa