Huisgenoot

’N BABABOEP – EN DIE WÊRELD JUIG!

Kort ná Eugenie se troue is die nuus gedeel dat Meghan en Harry hul eersteling verwag

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

MAANDE lank al wens koninklike aanhangers oor die wêreld heen: Bring tog die nuus van nog ’n bloubloedb­aba wat op pad is. En nie sommer vir wie nie; vir die geliefde en gewilde prins Harry en sy aktrisevro­u, Meghan. Toe kom die nuus sowaar kort ná nig Eugenie se troue: Die hertog en hertogin van Sussex verwag hul eersteling.

Koningin Elizabeth se volgende agterklein­kind is so byna ’n wittebrood­sbaba. Harry en Megs was ongeveer twee maande getroud toe sy swanger raak.

Die nuus dat die twee ’n baba verwag, is bekendgema­ak pas nadat hulle hul voete in Australië neergesit het op die eerste dag van hul amptelike toer in dié land en Nieu-Seeland.

“Hul koninklike hooghede die hertog en hertogin van Sussex is verheug om aan te kondig die hertogin verwag ’n baba in die lente van 2019,” het die paleis in ’n verklaring gesê. Volgens die verklaring is die twee dankbaar vir die steun wat hulle van mense wêreldwyd ontvang het sedert hul troue in Mei en hulle “deel graag die nuus met die publiek”.

En skielik was dit duidelik waarom Meghan ’n los jas na Eugenie se troue gedra het, hoekom sy nie een van die partytjies ná die trouseremo­nie bygewoon het nie en waarom sy daardie leggers voor haar maag vasgehou het toe sy en Harry in Sydney van die vliegtuig afklim.

Dat Meghan (37) en Harry (34) in die wolke is, is vanselfspr­ekend, want hulle het immers nooit ’n geheim daarvan gemaak dat hulle so gou moontlik met ’n gesin wil begin nie.

“Kinders is beslis ’n prioriteit,” het ’n bron na aan Meghan in Junie aan die tydskrif Us Weekly gesê. “Sy sal begin probeer so gou sy kan.”

En sy het dit reggekry. Meghan is vermoedeli­k ’n bietjie meer as drie di maande swanger, die tyd wanneer baie vroue ’n swangerska­p aankondig omdat die kans op ’n miskraam dan heelwat minder is. ’n Ingeligte bron het aan People gesê die voormalige aktrise het pas haar driemaande­skandering gehad, wat beteken die bevrugting het so 10 weke ná die troue plaasgevin­d.

Meghan geniet “goeie gesondheid”, vertel die bron, en ’n mens kan dit sien. Anders as skoonsuste­r Kate, wat met al drie haar swangerska­ppe kwaai oggendnaar­heid gehad het, het Meghan ewe vrolik haar eerste koninklike reis aan haar man se sy aangepak.

Sy en Harry het die nuus op Eugenie se troue aan hul naastes bekendgema­ak. “Die koningin, die hertog van Edinburgh, die prins van Wallis en die hertog en hertogin van Cambridge kon hulle Vrydag persoonlik op die troue gelukwens,” lui die verklaring.

Dit vertel ook Meghan se ma, Doria Ragland (62), is “baie gelukkig oor die wonderlike nuus”.

Geen melding is van Meghan se pa, Thomas Markle (74), gemaak nie. Volgens The Telegraph wou die paleiswoor­dvoerder nie eens bespiegel iegel of die voormalige Hollywoodb­eligtingsm­an ngsman in kennis gestel is dat hy gaan an oupa word nie.

HARRY is ’n betrokke rokke oom vir ouboet William se drie spruite ruite en was nog altyd d oop oor die feit dat at hy graag ’n pa wil wees. “Ek sien al vandat ek baie, aie, baie klein was daarna uit om m eendag kinders te hê,” het die e prins in 2012 aan ABC News s vertel, lank voor hy Meghan an ontmoet het. “Ek wag om die e regte mens te ontmoet. Iemand wat bereid is om die takie te aanvaar.” aar.”

In Meghan het hy iemand d ge- kry k wat t net t so ’b ’n begeerte t ht het om ki kinders d te hê.

“My lewe is wonderlike­r as wat ek ooit gedink het dit sal wees,” het sy in ’n onderhoud in 2015 laat hoor. “Ek het daarvan gedroom om ’n suksesvoll­e aktrise te word en dit kan ek nou op my lysie aftik. En ek droom daarvan om ’n gesin te hê.”

Noudat die twee in hul gerestoure­erde “woonstel” met sy 21 vertrekke in die Kensington­paleiskomp­leks ingetrek het, het hulle oorgenoeg plek vir die nuweling.

Hulle woon nou reg langs die Cambridges; dus kan die ervare ouers van drie, William en Kate (albei 36), hulle met raad (en dalk ook daad) bystaan. En die twee nefies, George (5) en baba Louis, saam met die driejarige niggie, Charlotte, kan die lekkerste speelmaats word.

Meghan en Harry se kind sal moontlik Sussex as van gebruik, net soos George en Charlotte op skool as die Cambridges bekend is.

Maar anders as die buurkinder­s sal baba b Sussex, wat sewende in die ry r van aanspraakm­akers op die troon t is ná sy of haar pa, nie die titel t van prins of prinses ontvang nie n en ook nie Sy of Haar Koninklike li Hoogheid genoem word nie.

In die Britse aristokras­ie kan die e erfgenaam van ’n hertog ’n mind dere titel kry, soos graaf of lady. Al w wat dit kan verander, is as die kon ningin gelas dat haar kleinkind ’n k koninklike hoogheid word.

AL KLINK dit vreemd, klassifise­er die mediese wêreld ’n swanger vrou van Meghan se ouderdom as ’ n geriatries­e ma, oftewel ’n ma wat 35 jaar of ouer is. En al word dit algemener om babas op ’n later ouderdom te hê – een uit elke vyf vroue word deesdae ná 35 ma – is groter risiko’s aan geriatries­e swangerska­ppe verbonde.

Tog sê ’n woordvoerd­er van Brittanje se nasionale gesondheid­sdiens niemand het rede om bekommerd te wees nie.

“Baie vroue wat in hul laat 30’s of vroeë 40’s swanger raak, het gesonde swangerska­ppe en babas.”

En Meghan sal seker een van die beste dokters ter wêreld tot haar beskikking hê. Sy is ook nie die eerste koninklike wat later in die lewe ’n baba het nie.

Koningin Elizabeth (92) was 38 jaar oud toe sy die lewe skenk aan haar vierde kind, prins Edward (54). En Edward se vrou, Sophie (53), was ook 38 toe sy haar eerste kind, Louise (14), kry, en haar seun, James (10), is ’n maand voor haar 43ste verj verjaardag gebore. Megha Meghan word op haar en Harry se huidig huidige toer deur ander risiko’s in die gesig gestaar. Benewens dat hulle baie besig gaan wees, besoek hulle ook Tonga T en Fidji, en die twee land de hou ’n matige risiko vir die zik kavirus in, wat gevaarlik is vir sw swanger vroue en tot misvormd de babas kan lei. Geen entstof is te teen die virus beskikbaar nie.

M Maar volgens woordvoerd­ers he het die paartjie mediese raad ing ingewin en die toer gaan voort soo soos beplan. En nou begin almal die s slapies aftel tot die nuus van d daardie nuwe bloubloedb­aba s se geboorte kom. BRONNE: B DAILY MAIL, PEOPLE, HELLO!, US WEEKLY,THE EXPRESS, THE TELEGRAPH, THE TH MIRROR

 ??  ?? HOOFFOTO: Meghan en Harry het in Sydney aangekom enkele ure voor hulle aan die wêreld bekendgema­ak het sy is swanger. REGS en NAASREGS: Hulle het glo die nuus op prinses Eugenie se troue met hul familie gedeel.
HOOFFOTO: Meghan en Harry het in Sydney aangekom enkele ure voor hulle aan die wêreld bekendgema­ak het sy is swanger. REGS en NAASREGS: Hulle het glo die nuus op prinses Eugenie se troue met hul familie gedeel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die stylvolle Meghan het op koninklike geleenthed­eeenthede haar bes gedoen om hahaar kleinin klei babamababa­magie onderer jasse, strikkstri­kkeke en voueue vou weg te ssteek.
Die stylvolle Meghan het op koninklike geleenthed­eeenthede haar bes gedoen om hahaar kleinin klei babamababa­magie onderer jasse, strikkstri­kkeke en voueue vou weg te ssteek.
 ??  ?? Meghan se ma, Doria Ragland, oorweeg dit glo om Brittanje toe te trek om met haar eerste kleinkind te help.
Meghan se ma, Doria Ragland, oorweeg dit glo om Brittanje toe te trek om met haar eerste kleinkind te help.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa