Huisgenoot

LEAH: SCIËNTOLOG­IE IS SIEK!

- “ke

DIE aktrise Leah Remini is omtrent uitgesprok­e oor haar minagting vir die Sciëntolog­ie-kerk sedert sy in 2013 van dié omstrede “kerk van die sterre” weggebreek het. Die eertydse King of Queens-aktrise t het ’n biografie, Troublemak­er: Surviving S Hollywood and Scientolog­y, geskryf. En in haar TV-program, Leah Remini: Scientolog­y and the Aftermath, gesels sy gereeld met gewese aanhangers van die omstrede geloof. Haar jongste bewering? Dat die Sciëntolog­ie-grootkop Tom Cruise se eksvroue Katie Holmes en Nicole Kidman steeds sterk onder sy invloed is. “Ek beskou myself nie as ’n kampioen nie. Die mense wat in die prog gram praat, is die kampioene,” het Le Leah (48 (48) onlangs aan die tydskrif LaP LaPalme Palme gesê. “Maar ek wonder waarom m Katie Holmes en Nicole Kidman nie uit uitgepraat tgepra het nie. Ek vermoed hulle is gedwi gedwing om dokumente te onderte teken eken w wat hulle belet om te praat.” Leah maak ook ander bewerings oor Kat Katie (39), wat vyf jaar ná hul Sciënto Sciëntolog­ie-trouplegti­gheid in 2006 van Tom ( (56) geskei is. “Katie mag nie eens vir ete gaan saam met my nie, al was o ons altyd hegte vriendinne. Sy kan toesig oor Suri verloor. Dis eint eintlik taamlik siek.” Maar Tony Ortega, die voor- malige hoofredakt­eur van The Village Voice en ’n kritikus van Sciëntolog­ie, meen nie toesig oor sy dogter is iets waarin die Mission: Impossible-ster belangstel nie.

Luidens ’n onlangse berig kan Tom Suri tot 10 dae per maand sien, maar het hy haar as gevolg van sy geloof “jare laas” gesien.

“Elke mens mag hul kind sien as hulle wil,” beweer ’n bron. “Hy kies om dit nie te doen nie, want sy is nie ’n Sciëntoloo­g nie.”

Volgens ’n bron beskou Katie Tom se tweede vrou, Nicole (51), as ’n waarskuwin­g. Toe Tom en Nicole ná ’n huwelik van 11 jaar in 2001 uitmekaar is, het hul aangenome kinders, Isabella (25) en Connor (23), voltyds by hul pa gebly en alle kontak met hul ma verbreek omday sy volgens hulle ’n “afgedwaald­e” is.

Die Big Little Lies-ster, wat nou twee dogters, Sunday Rose (10) en Faith (7), by haar rockerman, Keith Urban (50), het, was nie in 2016 by Isabella se troue nie. Maar sy werk hard daaraan om haar verhouding met haar vervreemde kinders te herstel.

Vroeër vanjaar het Isabella hulde gebring aan Nicole deur haar klerereeks BKC, Bella Kidman Cruise te noem.

Maar bronne hou vol Tom kan vinnig ’n einde aan die verhouding maak as Nicole aan sy verkeerde kant kom. “Bella en Connor is volwaardig­e Sciëntoloë en baie onder die invloed van hul pa,” hou ’n bron vol. Katie en Nicole weet glo hulle moet in hul spoor trap.

“Hulle albei weet waartoe die kerk in staat is; daarom sal hulle ongetwyfel­d voel hulle word steeds beheer,” sê Tony. “Hulle moet daarop let om niks te sê wat Tom of die kerk sal kwaad maak nie.”

 ??  ?? Leah Remini beweer die bekendste Sciëntoloo­g in Hollywood, Tom Cruise, het ’n sterk houvas op sy eksvroue Nicole Kidman en Katie Holmes (en hul dogter, Suri).
Leah Remini beweer die bekendste Sciëntoloo­g in Hollywood, Tom Cruise, het ’n sterk houvas op sy eksvroue Nicole Kidman en Katie Holmes (en hul dogter, Suri).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa