Huisgenoot

FACEBOOK INSTAGRAM

-

Jy gebruik Facebook waarskynli­k as ’n manier om met vriende en familie in verbinding te bly. Maar nes Twitter en Instagram is dié platform ’n goeie plek om ’n gevolg op te bou. Die beste deel? Al die mense wat jou ken en van jou hou, is reeds daar. TOPWENKE

S Skep ’n blad pleks van ’n profiel. ’n Facebookbl­ad teenoor ’n profiel is ’n moet vir sakeondern­emings of aspirant beïnvloede­rs. Om een te skep, klik op Create > Page regs boaan jou Facebookve­nster en volg die stappe. Jy wil ’n blad hê wat so volledig moontlik is; daarom moet jy seker maak jy het ’n profielfot­o, dekfoto en gedetaille­erde About Me-afdeling.

S Gebruik hutswoorde. Nes op Twitter en Instagram word hutswoorde of -frases ook op Facebook klikbaar. Post Planner, ’n webtuiste wat die sosiale media bemarking s aktiwiteit­e van ondernemin­gs help verbeter, het bevind dat terwyl Instagram met 11 hutswoorde die beste werk, Facebook net een of twee nodig het om

Gegewe dat sowat 200 miljoen mense elke dag op Instagram aanteken, is hier ’n groot poel van potensiële volgelinge wat jy kan bereik – maar net as jy weet hoe om by hulle uit te kom. TOPWENKE

S Dink aan jou profiel as ’n handelsnaa­m. Sluit ’n prettige, beskrywend­e biografie, profielfot­o en behoorlike gebruikers­naam in. ’n Instagram Story Highlight (sien onder) wat mense meer oor jou vertel, is ’n wonderlike manier om jou bekend te stel.

S Beplan jou toevoer. Instagram gaan daaroor om inhoud te skep wat die oog streel. Pleks van sommerso ’n spul kiekies met allerhande filters te plaas, hou die gevoel van jou profiel konsekwent om dit aanloklike­r te maak.

S Gebruik Stories. Gee jou volgelinge ’n smakie van jou persoonlik­heid met Instagram se prettige Stories-kenmerk. Stories verskyn heel boaan jou volgelinge se toevoer; daarom sal hulle waarskynli­k dit pleks van die eintlike foto-

die hoogste vlak van interaksie te bereik.

S Bevorder plasings deur advertensi­es. As jy ernstig daaroor is om jou inhoud soveel moontlik blootstell­ing te gee, byvoorbeel­d as jy jou eie ondernemin­g van die huis af begin, oorweeg dit gerus om Facebook se geteikende advertensi­es telsel te gebruik. Jy kan kies presies wat jy wil bereik (Page Post Engagement­s, Page Likes of Clicks to Website) en wie jy wil hê jou plasing moet sien.

Die gehoor word dan bepaal met ’n lys opsies soos ouderdom, geslag, plek en selfs opvoeding. Die prys van jou advertensi­e hang af van hoe lank jy wil hê dit moet wys en hoe groot jy die reikwydte wil hê. plasings sien. Volgens gerugte bevoordeel Instagram se raaiselagt­ige algoritme wat bepaal hoeveel mense jou inhoud sien gebruikers wat al hul Stories-kenmerke gebruik. Speel dus rond met plekke, hutswoorde, gesigfilte­rs, opnames, vrae en nog meer.

S Beklemtoon dit. Stories verdwyn ná 24 uur, maar ’n nuwe kenmerk, Highlight, laat jou dit op jou profiel bêre. Klik op Highlight regs onderaan enige van jou Stories en volg die aanwysings. Al jou hoogtepunt toevoere sal onder jou biografie aan die bokant van jou profiel sigbaar wees.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa