Huisgenoot

DEPRESSIE NIE NET PSIGIESE SIEKTE

-

Wanneer jy oor depressie skryf, kan jy benadruk dit is ook ’n ernstige fisieke siekte en nie net psigies nie. Medikasie is broodnodig. Selfdood kan baie maklik volg sonder medikasie of as dit skielik gestaak word. Ek weet dit baie goed, want daar is depressiel­yers in ons familie. Baie dankie vir jou leersame en wyse raad. CB, SMS

Depressie raak die gemoed én die liggaam. Gediagnose­erde depressie is behandelba­ar en kan nie weggedink of weggewens word nie. Om dit doeltreffe­nd te beveg, is medikasie en berading nodig.

Die medikasie balanseer sekere neuro-oordragsto­wwe in die brein soos serotonien, waarvan die vlakke dalk te laag is.

So ’n wanbalans keer dat inligting tussen die senuselle doeltreffe­nd oorgedra word en kan simptome soos angsgevoel­ens of fisieke simptome soos ’n aansienlik­e gewigstoen­ame of -verlies tot gevolg hê.

Antidepres­sante kan depressiel­yers help om daagliks te funksionee­r en ook fisieke simptome soos te veel of te min slaap verlig. Daarvoor moet die regte dosisse van die medikasie vir ’n sekere tyd in oorleg met ’n dokter of psigiater korrek geneem word.

Oorgerusth­eid wanneer die simptome verlig word, kan depressiel­yers hul medikasie laat staak, maar dit kan lewensgeva­arlik wees.

Omdat party antidepres­sante newe-effekte soos diarree en naarheid het, kan depressiel­yers maklik besluit om hul behandelin­g te staak. Praat met jou dokter of psigiater hieroor.

As jou toestand nie verbeter nie, jy onverwags buierig is en die medikasie nie meer vir simptome soos huilbuie help nie, gaan spreek ook jou dokter of psigiater.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa