Huisgenoot

Corine du Toit glo sy kry ’n tweede kans

Corine du Toit kyk met dankbaarhe­id terug op die pad wat sy gestap het sedert borskanker by haar gediagnose­er is

- Deur MICHELLE NORTJE Foto’s: FANIE NEL @ FANJAM MODEL MANAGEMENT

DIE dokter se woorde het die wêreld onder haar voete uitgeruk. In haar wildste drome het sy nooit gedink sy sal hoor sy het dié gevreesde siekte nie. Sy leef dan so gesond, en die siekte is nie eens in haar familie nie . . .

Maar dis wat sy ná die mammogram gesê het: “Dit lyk soos kanker in jou linkerbors.”

Die aktrise en draaiboeks­krywer Corine du Toit was net 41 toe sy op 8 Mei vanjaar dié skoknuus gekry. ’n Biopsie is dadelik gedoen en daarna moes die mooi donkerkop, wat ons as Jane Edwards in die gewilde M-Net-sepie Egoli leer ken het, twee dae wag vir die bevestigin­g: Sy het borskanker.

Met die mammogram was sy alleen by die dokter, maar toe sy die uitslag van die biopsie kry, was haar sterk en kalm man, die sakeman Rasmus Jensen (47), oftewel Raz, soos hy bekendstaa­n, by om haar te ondersteun.

“Die heel eerste gedagte wat deur jou kop gaan wanneer jy hoor jy het borskanker is jou kind. Ek het aanvanklik gedink dit is ’n doodsvonni­s en wou vir hom baklei,” sê Corine oor die vierjarige Kiean, haar en Raz se seun.

Die skok was veral groot omdat sy en Raz sedert die begin van die jaar baie gesond lewe en sy eintlik nie beplan het om vir die mammogram te gaan nie.

“Ons het ernstig begin dieet en oefen; ons het groot gegaan!” vertel sy. “Maar ek het deurentyd nie lekker gevoel nie; iets in my liggaam was nie reg nie. Toe besluit ek om die dokter te gaan sien.”

Verskeie mediese ondersoeke is gedoen en haar suiker- en ystervlakk­e is

onder meer getoets, maar die eindelike uitslag het haar verstom. “Die dokter het gesê ek is 100% in menopouse. Ek wou lag; ek is dan nou eers 41 jaar oud!”

Haar moegheid het eindelik vir haar sin gemaak, het sy gedink. Ná die menopoused­iagnose het dokters hormoonver­vangingste­rapie aanbeveel.

Maar om mediese goedkeurin­g vir dié behandelin­g te kry, word ’n mammogram vereis om te verseker daar is nie kankersell­e in die liggaam wat deur middel van dié terapie kan versprei nie. So het die groot K sonder waarskuwin­g vir haar ’n werklikhei­d geword.

Sy vertel haar lewe het “letterlik binne ’n oogwink verander” en sy moes, nadat die gewas uitgesny is en sy agt weke lank daarvan moes herstel, met bestraling begin. Maar vandag, ná intensiewe behandelin­g, kyk sy met dankbaarhe­id terug.

“Ek is een van die gelukkiges. Nee, dit was nie lekker nie, maar ek het daardeur gekom en ek was rustig. Baie mense se suf

fer soveel meer met kanker.”

DIT is Corine se eerste e tydskrifon­derhoud sedert rt dokters haar op 10 September ember die wonderlike nuus meegedeel het dat sy, ná net et vier maande se behandelin­g, eling, kankervry is.

Huisgenoot ontmoet haar by haar ar huis in Fourways, Johannesbu­rg, waar aar sy saam met Raz en klein Kiean woon. n.

“Raz was van die begin af positief tief en het tot aan die einde van alles saam m met my sterk gestaan. Hy het bly sê: ‘ It’s s just a

body; we’ll sort it out,’ ” vertel sy in ’n n hees stem wat kort-kort dreig om heeltemal temal weg te gaan.

Sy sukkel die afgelope vier weke ke met verkoue en haar stem het veral daaronder gely.

“My immuunstel­sel is nog broos ná die bestraling, maar ek is al heelwat beter; eter; jy kan my darem nou al hoor praat,” lag sy.

Benewens haar man is sy dankbaar aar vir haar naaste familie en vriende wat t haar deur die 23 bestraling­sessies bygestaan estaan het.

“Ek kon nie veel doen nie. Ek het vir baie doktersafs­prake gegaan en daar ar was tye dat ek letterlik nie die melk uit die yskas kon haal nadat my bors geopereer reer is nie. Ek mag nie my arms gelig het, et, bestuur het of swaar goed opgetel het et nie. My hande was afgekap.”

Sy waardeer veral haar ma, Lulu ulu du Toit, van Kaapstad se bystand en n hulp met klein Kiean. “Sy was heeltyd hier en het my baie met hom gehelp.”

Haar seun was immers die hoofrede waarom sy besluit het om die siekte te beveg en nie te gaan lê nie.

Sy sê dit was aanvanklik vir haar moeilik om vir ander van die diagnose te vertel en sy het besluit om die nuus net met ’n uitgesoekt­e groepie mense te deel.

“Hoe sê jy dit vir iemand? Jy weet daar gaan ’n geskokte reaksie wees en dat jou mense gaan seerkry, maar almal het my so baie ondersteun.”

Vir Corine self was daar moeiliker en makliker dae. “Aan die begin het ek baie op en af dae ervaar, maar ek is gelowig en het eindelik rustig geword. Ek dink die Here het my deur menopouse gesit om my lewe te red, want as dit nie daarvoor was nie, sou ek my nooit vir kanker laat toets het nie.”

Dit is juis die een ding wat sy vir alle vroue wil sê – om hulself gereeld g te ondersoek.

“Dit is so belangrik om selfonders­oek te doen. As jy nie weet wat ‘normaal’ voel nie, gaan jy nooit weet wat ’n ‘abnormale’ gevoel is nie. Leer ken jou borste en voel gereeld vir ’n moontlike knop. Ek wens vandag ek het dit gedoen.”

En ja, sy het wel met tye aan die dood gedink, maar sy het bly vertrou.

“My lewe is in God se hande. Ek het aan- vaar as dit beteken dit is die einde van my pad, dan is dit so. Ek het natuurlik gehoop en gebid dat dit nie my tyd sal wees nie, want my seuntjie is nog jonk. Wanneer ek vir bestraling gegaan het, het ek na potsending­s van (die Christelik­e motivering­sprekers) Joyce Meyer en Joel Osteen geluister om my moed te gee.”

VANDAG kyk sy met ander oë na die lewe en benader sy gesondheid op ’n holistiese wyse. “Ek besef ek het ’n tweede kans gekry. Ek waardeer die lewe soveel meer en let op na wat ek in my liggaam sit. “Die kosse wat ons eet, is so belangrik. Groente en vrugte skakel kankersell­e af, terwyl die gemors wat ons eet dit aanskakel. Ek probeer ook om my seuntjie van jongs af op ’n gesondheid­spad te sit sodat dit deel kan word van sy lewe. Ons as ouers is ons kinders se leermeeste­rs, en ek wil hê hy moet by my leer.” Sy en haar gesin eet nou n net organiese kos en drink daagliks g groen smoothies. “Ek besef nou ’n mens men is absoluut wat jy eet. Jy het een lewe en een liggaam. lig As jy jou liggaam ligga voed, gaan jy dit b beskerm.” Haar H boodskap van va hoop aan ander vroue vr met borskanker kan is om dit nie as ’n ’ doodsvonni­s te beskou be nie. “Haal diep asem en moenie paniekerig raak nie. Dit gaan jou oë oopmaak en jy gaan gaa die lewe op ’ n splinternu­we splin manier sien. “Probeer “Pro ook om altyd op die positiewe te fokus.” En Enw wat het sy van haarself geleer? gele “Dat ek in moeilike situasies kalm kan bly en nie uit- fr freak nie. Hierdie ding het hetm my baie nader aan die Here gebring. g Ek is van nature ’n c control freak en het geen ande ander keuse gehad as om my heeltemal h in sy wil te berus nie. “Ek kyk beslis met ander oë na die lewe.” S

‘Ek dink die Here het my deur menopouse gesit om my lewe te red’

 ??  ??
 ??  ?? Die aktrise en draaiboeks­krywer Corine du Toit gesels openhartig oor haar oorwinning oor borskanker.
Die aktrise en draaiboeks­krywer Corine du Toit gesels openhartig oor haar oorwinning oor borskanker.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa