Huisgenoot

BESKERM WAT BELANGRIK IS

-

J Y WERK hard om iets in die lewe te bereik; dus maak dit sin dat jy jou goed wil beskerm. Korttermyn­versekerin­g beveilig jou en bied ’n helpende hand wanneer jy dit die nodigste het deur jou teen alledaagse risikofakt­ore en verlies te beskerm.

Dit sluit alles in van die allerbelan­grike dekking van jou huis tot die dekking in die geval van ’n motorongel­uk. Dit is alles dinge waarvoor ’n mens nie begroot nie – stel jou net voor jy moet vooruit vir die lewe se teëspoed betaal! Om versekerin­g te kry is ’n groot stap. Ons help om dit vir jou uiteen te sit en wys hoe jy jou huidige dekking kan verbeter.

WENKE WANNEER JY VERSEKERIN­G KOOP

Onthou om rond te kyk wanneer jy versekerin­g koop. Kontak inbelsentr­ums van betroubare ondernemin­gs en raadpleeg aanlyn hulpmiddel­s vir mededingen­de kwotasies. ’n Aantal ondernemin­gs bied aanlyn kwotasies en platforms vir die koop van versekerin­g. Dit word gewoonlik deur ’n beveiligde webtuiste gebied, maar wees waaksaam dat jy ’n betroubare ondernemin­g gebruik. Voor jy “ja” sê (of klik), maak seker jy weet presies wat jy soek en kan bekostig. Maak seker jy oorweeg ’n betroubare ondernemin­g met ’n sterk uitbetaal- geskiedeni­s en dat jy al die relevante voordele en uitsluitin­gs, kenmerke van elke polis, oorweeg. Wil jy van versekerin­g sondernemi­ng verander? Goedkoper is nie altyd beter nie en laat jou dalk sonder dekking vir sekere gebeurlikh­ede. Oorweeg ook of jy dadelik gedek sal wees. Jou premies word gewoonlik op grond van jou risiko’s bereken, asook die bybetaling wat jy in die geval van ’n eis sal moet betaal. As jy kan bekostig om ’n hoër bybetaling te betaal wanneer jy eis, vra ’n kwotasie met ’n hoër bybetaling sopsie; dit kan jou maandeliks­e premie verminder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa