Huisgenoot

Jack en prinses Eugenie haak in styl af

Die gewoonlik potsierlik­e prinses het pragtig gelyk op haar troue, wat deur meer gaste as Harry s’n bygewoon is

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK & NICI DE WET

MET oe’s en aa’s wat wêreldwyd opklink, het die prinses voor die flitsende kameras uit die bruidsmoto­r geklim. Dis altyd ’n groot geleenthei­d wanneer ’ n prinses trou, maar dié spesifieke een het ’n geskiedeni­s van gruwelike modeflater­s – so wat sou Eugenie op haar mooiste dag dra?

En daar verras koningin Elizabeth se kleindogte­r almal toe in ’n trourok wat so asemrowend was dat dit selfs kon kers opsteek by dié van vanjaar se ander beroemde bruid, die beeldskone Meghan Markle, wat in Mei vanjaar met prins Harry getroud is.

Die lieflike, swaar materiaal wat spesiaal vir Eugenie (28) se trourok geweef is, het vleiend om haar gevou en in ’n waterval agter haar aangesleep en sy het – moontlik vir die eerste keer – nes ’n ware prinses uit ’n storieboek gelyk.

Al wat haar oorstelpte bruidegom kon uitkry toe hy haar in die paadjie na die kansel sien afstap, was: “O, my hart! O, breek my hart.”

Die sakeman Jack Brooksbank (32) het vooraf reeds ’n paar trane onder sy bril afgevee waar hy voor die kansel langs sy strooijonk­er en broer, Tom, op sy prinses staan en wag het.

Toe sy bruid langs hom kom staan en hy haar weer verwonderd aankyk, het hy die woorde beaam van die toeskouers buite die kerk en kykers en modeontwer­pers oor die wêreld heen: “Jy lyk volmaak.”

D(Van vorige bladsy) IT was die eerste keer ooit dat twee koninklike troues binne een jaar in die St. Georgekape­l plaasgevin­d het. Kritici het vooraf beswaar gemaak toe dit aan die lig kom prinses Eugenie se troue sal ’n uithanggel­eentheid wees – sy is net die negende aanspraakm­aker op die troon en nie ’n “werkende” koninklike wat as deel van haar pligte amptelike geleenthed­e hoef by te woon nie.

Eugenie werk by ’n kunsgalery in Londen en Jack vir ’n tequilamaa­tskappy wat voorheen aan die akteur George Clooney behoort het – hoe sou dié tweetjies tog self die groot uitgawes vir hul spogtroue bekostig? Die sekuriteit alleen sou sowat R38 miljoen kos, is gegis.

Maar die paleis het aangedui die grootste gedeelte van die koste vir die viering van twee dae sal uit prins Andrew, Eugenie se pa, se privaat inkomste gedek word.

’n Rubriekskr­ywer van die Britse koerant The Independen­t, Holly Baxter, meen: “As sy regtig vir die Britse publiek omgegee het, sou sy nie op ’n oordadige troue besluit het nie.

“Miskien sou sy daardie geld dan in die staatskoff­ers gehou het.”

Prins Andrew wou niks van die kritiek weet nie. Volgens die Britse Sunday Times het hy daarop aangedring dat sy dogter ’n troue kry wat gepas is vir die kleindogte­r van die koningin.

Hy het sy sin gekry en Eugenie het eindelik 250 meer gaste as Harry en Meghan na die seremonie in die kapel genooi.

Nog ’ n Britse rubriekskr­ywer, y Amanda Platell, het ná die tyd gekla geklag oor die Hollywoods­terre wat teeneen-e woordig was: “Party is beroemder der vir hul drank- en dwelmgewoo­ntes ntesn as enigiets anders.”

Maar ondanks die gemor van ana kritici was die pragtroue soos iets uit ’n sprokie, en nie eens die sterk wind buite die kapel kon die gees van ana liefde en geluk demp nie.

En toe Eugenie en Jack deur uru die strate van Windsor ry in ’ n koets byna soos die een wat Meghan en prins Harry op hul groot dag gebruik het, het die toeskouers langs die strate vrolik vir die bruidegom en prinses gewuif. Dié keer het d die prinses haar held én haar sin gekry. g

 ??  ??
 ??  ?? LINKS en INLAS: S: Haar rok, deur Peter Pilotto en Christotop­her de Vos, het t haar litteteken vertoon. REGS: Die egpaar se eerste soen.
LINKS en INLAS: S: Haar rok, deur Peter Pilotto en Christotop­her de Vos, het t haar litteteken vertoon. REGS: Die egpaar se eerste soen.
 ??  ??
 ??  ?? DIE AANDROK Amper nog mooier as haahaar trourok was die aandrok wat Eugennie na die aandonthaa­l gedra het. Die sskepping deur die Amerikaans­e ontwerper Zac Posen was van bloospienk sy en het kompleet gelyk soos iets wat ’n Hollywoodg­odin uit die 1930’s sou dra.
DIE AANDROK Amper nog mooier as haahaar trourok was die aandrok wat Eugennie na die aandonthaa­l gedra het. Die sskepping deur die Amerikaans­e ontwerper Zac Posen was van bloospienk sy en het kompleet gelyk soos iets wat ’n Hollywoodg­odin uit die 1930’s sou dra.
 ??  ?? DIE ONTHAAL Die koningin het die middagonth­aal in die Windsorkas­teel aangebied en daarna het die aand se deftige ete by die Royal Lodge in Windsor gevolg. Die volgende dag het die gaste weer toegesak op die Royal Lodge, prins Andrew se amptelikep woning. Hier kon hulle soos kindersder­s oop mallemeule­ns baljaar en ander pretparkle­parklekker­tes geniet.
DIE ONTHAAL Die koningin het die middagonth­aal in die Windsorkas­teel aangebied en daarna het die aand se deftige ete by die Royal Lodge in Windsor gevolg. Die volgende dag het die gaste weer toegesak op die Royal Lodge, prins Andrew se amptelikep woning. Hier kon hulle soos kindersder­s oop mallemeule­ns baljaar en ander pretparkle­parklekker­tes geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa