Huisgenoot

Gee jou sosialemed­iaprofiele ’n hupstoot

Gee jou aanlyn profiele ’n hupstoot om meer volgelinge of jou droomwerk te kry of selfs ’n internet-beïnvloede­r te word

- Deur KIM ABRAHAMS

GOOGLE jouself en wat is die eerste ding wat jy sien? Elke liewe sosialemed­ia platform waarop jy al ooit ingeteken het.

En as jy deesdae vir ’n nuwe pos aansoek doen of op ’n eerste afspraak gaan, sal jou profielbla­d straks die eerste plek wees waar jou nuwe baas of toekomstig­e maat sal kyk. Die virtuele wêreld van Facebook, Instagram, LinkedIn en Twitter is nou die plek waar jy eerste indrukke maak.

Hoe kan jy jou sosiale media rekeninge ’n bietjie skop gee en jou beste kant wys? Hier’s raad.

LINKEDIN

Soek jy werk? Jou volgende groot werkgeleen­theid is waarskynli­k op LinkedIn. Maar met meer as ’n halfmiljar­d gebruikers wat teen jou meeding, hoe sorg jy dat jy bo die res uitstaan?

TOPWENKE

S Wees deeglik. LinkedIn het ’n oorvloed afde- S lings waar jy aspekte van jou loopbaan kan intik – benut die ruimte tot jou beskikking. Hoe meer besonderhe­de, hoe beter. S Lys vorige ervaring. Benewens jou huidige pos, voeg minstens twee vorige poste by sowel as watter vereistes dit aan jou gestel het.

S Kry bevestigin­gs en aanbevelin­gs. Vra voormalige en huidige kollegas om jou vaardighed­e te bevestig of stuur vir hulle ’n versoek vir aanbevelin­g (Recommenda­tion Request). As dit vir jou te voor op die wa voel, por hulle aan deur een van die vaardighed­e wat op hul profiel gelys is te bevestig of skryf vir hulle ’n kort aanbevelin­g. Die een hand was die ander . . .

Netwerk met ander. Volg ’n maatskappy waar jy graag wil werk om op die hoogte te bly van die poste wat hulle dalk plaas. Delf selfs dieper en soek na LinkedIn-gebruikers wat by daardie ondernemin­g werk, veral dié in die menslike hulpbronne­a fdeling. Nooi hulle om met jou te verbind of stuur ’n boodskap waarin jy jou voorstel.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa