Huisgenoot

Hoekom eet jou hond mis?

As jou hond ’n voorliefde hiervoor het, probeer hy dalk vir jou iets sê

-

DIS ’ n goor gewoonte wat baie honde-eienaars naar maak en ’n mens laat wonder : Hoekom eet party honde hul eie, dikwels ander diere en selfs mense se ontlasting? Dit blyk koprofagie (die wetenskapl­ike naam vir die eet van ontlasting) is taamlik algemeen en het vele oorsake wat wissel van voedingste­korte en mediese probleme tot blote verveling. Studies toon ook om mis te vreet is algemener by tewe – en hoe varser, hoe beter.

MOONTLIKE OORSAKE

Ensiemteko­rt

Honde het vertering sensieme nodig omhul koste absorbeer. As hulle nie genoeg het nie, sal hulle voedingsto­wwe onverteerd uitskei. As hulle in die natuur ’n dier sou doodmaak, sou hulle die binnegoed eetwa t dié vertering s ensieme bevat. Maar die meeste van vandag se verwerkte hondekosse bevat nie genoeg hiervan nie. Dit beteken jou hond kan begin lus word vir die ontlasting wat hulle pas uitgeskei het omdat dit vol voedingsto­wwe is. Wanabsorps­ie

Jou hond het dalk ’n mediese toestand wat die swak absorberin­g van voedingsto­wwe kan veroorsaak en

tot ’n voorliefde vir ontlasting kan n lei. Eksokriene pankreatie­s eon toer eireikendh­eid Di tis wanneer jou hondse pankreas nie voldoende verterings­ensie- sieme afskei nie. Hulle probeer later die no- odige voedingsto­wwe uit stoelgang kry. Parasiete of wurms in die ingewande Dit absorbeer die voedingsto­wwe wat jou hond uit sy kos moet kry en laat hom met ’n tekort. Toestande wat die eetlus vergroot

Sekere siektes soos diabetes, skildklier­probleme en part yster o ï ede kan honde dood van die honger maak. Ondervoedi­ng

As jou hond nie genoeg kos kry nie, sal hy dit elders soek. Higiëne

’n Toestand waar mis eet normaal is, is by ’n teef met kleintjies. Sy sal die mis van haar werpsel eet om die nesplek skoon te hou. Hondjies kan uit nuuskierig­heid ook ’n hap vat, maar hulle ontgroei dit. Aasvreters

Honde is natuurlike aasvreters en die reuk van ontlasting is nie vir hulle so afstootlik soos vir mense nie. Verveling, stres en aandagsoek­ery

As jou hond gestres is of baie alleen gelos word, kan hy begin ontlasting eet. Party honde sal dit bloot doen om aandag van hul eienaar te kry, al is dié aandag straf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa