Huisgenoot

IN DIE KOP VAN ’N BOOSWIG

In sy loopbaan in die polisie het Gérard die dinkwêreld van geweld s misdadiger­s ondersoek; nou deel hy sy insigte in HG se TV-reeks

- Deur CARLA COETZEE (Blaai om)

Hy het in sy 14 jaar minstens 110 reeksmoord­e ondersoek

WAT gaan aan in die kop van ’n reeksmoord­enaar? Hoe ontsyfer ’ n mens die psige van iemand wat weer en weer verkrag? Hoe gebeur dit dat ’n skynbaar doodgewone mens op ’n dag net knak en ’n ondenkbare gruweldaad pleeg?

Is dit iets in hul persoonlik­e agtergrond, is hulle van geboorte af sielkundig so bedraad of dien spesifieke gebeure as sneller?

En is daar gewoonlik voorafteke­ns wat as waarskuwin­g sou kon dien . . .?

Dit is van die vrae wat opduik wanneer skokkende en dramatiese geweldsmis­dade die nuus haal. Maar vir Gérard Labuschagn­e het dit nie by vrae gebly nie – as voormalige hoof van die polisie se sielkundig­e ondersoeke­enheid het hy hierdie donker dinkwêreld deeglik verken op soek na antwoorde. Om die psige van geweld s misdadiger ste verstaan“sodat ons volgende keer weet ”, sê hy.

Die moord op Inge Lotz, die Griekwasta­dmoorde, die Van Breda-bylmoorde . . . Dit is maar enkele van die honderde sake wat Gérard (46) al ondersoek het. Hy het boonop in sy 14 jaar in die polisie minstens 110 reeksmoord­e ondersoek en “ná 200 reeksverkr­agters ophou tel”.

Dis sy insigte uit dié ondersoeke en ontledings wat Gérard nou elke Donderdaga­and om 20:00 deel met kykers van die dokkiereek­s Huisgenoot: Ware Lewensdram­as op VIA, kanaal 147 op DStv. Daardie intense kyk waarmee hy in die kamera staar wanneer hy in baie episodes op die gegewens kommentaar lewer, is dieselfde kyk waarmee hy talle verkragter­s en moordenaar­s al vasgepen het.

Hy kén die skadukant van die mens. En hy onthou die besonderhe­de van skokkende tonele en sake asof dit gister gebeur het.

Maak dit hom paranoïes en oorversigt­ig in sy alledaagse lewe?

Hy trek sy skouers op en sê bloot ongeërg: “Nee wat . . .”

OOR sy familie weier Gérard volstrek om te praat. Ter wille van hul veiligheid moet sy persoonlik­e lewe ’n dig bewaarde geheim bly.

“My vrou het al dreigement­e gekry. Ek ook,” sê hy hier waar ons in sy agtertuin in Pretoria gesels. Weer verskaf hy nie meer inligting as wat absoluut nodig is nie.

Ja, sy lewe is baie rustiger nadat hy die polisie in 2016 verlaat het. Hy het nou ’n ondernemin­g wat moontlike bedreiging­s vir maatskappy­e ontleed. “As iemand by die werk gedreig word, anonieme dreigement­e, daai tipe ding. Ons bepaal of dit ’n ernstige bedreiging is of nie.”

Tydens sy tyd as hoof van die polisie se sielkundig­e eenheid was elke geregtelik­e vervolging van ’n reeksmoord­enaar suksesvol – tog spog hy nie graag oor sy prestasies nie. Maar ’n jare lange kollega in die eenheid beskryf hom as “een van die slimste mense wat ek al ooit ontmoet het”.

“Ons was eenkeer in die hof op De Aar,” vertel lt.kol. Jan de Lange. “Die regter het gevra hy moet sy CV vir die rekord lees. En met elke sin het almal in die hof se oë ál groter gerek, tot die regter hom naderhand gestop het.”

Hy het ’n doktorsgra­ad in kliniese sielkunde, is ’n opgeleide advokaat, het as ’n brigadier uit die polisie getree, is ’n professor in sielkunde en dien in verskeie rade, nasionaal en internasio­naal. Ver-

(Van vorige bladsy)

skeie lande het al sy kundigheid d vir moeilike sake ingespan.

Gérard, wat as kliniese sielkun- ndige by die Weskoppies-inrigting g in Pretoria gewerk het voor hy po- olisie toe is, vertel tydens sy 14 jaar ar as ondersoeke­r was hy op ’n “adre- enalien- high”. Maar terugskoue­nd nd besef hy dit was konstante stres es wat hy ervaar het.

“Die kleinste ding het my woe- oedend gemaak.” Hy het tot in die middernagt­elike ure aan sake ke gewerk, en naweke was nie vir ont- ntspanning nie. Tog was niemand nd in sy lewe bekommerd oor hom nie.

“Al my pelle was maar in die polisie, so hulle het deur dieselfde gegaan. Ek het niks oor my werk met my geliefdes gedeel nie. Wanneer ek nou terugdink, moes ons (in die polisie) dalk vir berading gegaan het. Maar daar was nie tyd nie.”

Het hy ooit ná sy polisieloo­pbaan berading gekry? Nee, kom die antwoord. “Ek dink my brein blok van die goed uit.” Famieliety­d, teikenskie­t en swem is hoe hy deesdae ontspan en ontlaai.

Tog is is daar sake wat hy nie sal vergeet nie.

Soos die moord op ’n binneversi­erder van Sandton wie se lyk langs ’n hoofweg gevind is. “Dit was in 2001. Een van my eerstes . . .” Die moordenaar, José da Silva, het tydens ondervragi­ng twee uur lank teenoor Gérard gebieg oor waarom hy haar met ’n hamer in sy badkamer doodgeslaa­n het.

“Hy het haar drie dae lank in ’n bad water gelos. Hy het gesê hy was kwaad vir vroue, en dié slagoffer het hom aan ’n oudonderwy­seres laat dink. Hy het aan my erken as hy nie vasgetrek is nie, sou hy aangehou het met moor.”

En die sogenaamde steengroef­moordenaar van Centurion .“Ons het op die ou end die man, Richard Nyauza, met 16 moorde op vroue verbind. Maar in net agt sake kon ons hom met fisieke bewyse met die slagoffers verbind. Ek het egter geargument­eer die modus operandi was in al 16 dieselfde, so hy is aan almal skuldig bevind.”

Ja, reeksmoord­enaars en -verkragter­s lyk soms doodnormaa­l, sê Gérard en vryf oor sy kaal kop.

“Sommige het in normale, liefdevoll­e huise grootgewor­d. Ander in vreeslike omstandigh­ede. Dit is nie moontlik om altyd vooraf te sê ons soek na so ’n (tipe) persoon nie,” sê hy.

Ondanks sy werk het hy nog nooit gevoel die wêreld is ’n vreeslike plek nie. “Ek het ook gesien hoeveel passie daar is. Hoeveel aanklaers en polisieman­ne steeds goeie werk doen.”

Het al die grusame besonderhe­de in sy kop hom nie onherroepl­ik verander nie?

“Mmm . . . Tien teen een, ” sê hy en trek weer sy skouers op. Meer verklap hy nie.

Maar hoe verwerk jy al dié afgryslike beelde?

“Ek weet nie; ’n mens doen dit net.”

HY DINK dikwels aan die moordenaar­s wat weggekom het. “Veral die saak van Andrea Venter,” sê hy kopskudden­d.

Sy is na bewering deur haar ekskêrel, Gerhard Jansen van Vuuren, met ’n mes doodgestee­k nadat hy haar vermoedeli­k dae lank in haar woonplek as gyselaar aangehou het. Hy is van die moord aangekla en op borgtrog vrygelaat, maar het na Brasilië gevlug. Daar is hy weens sy vals paspoort aangekeer en vir vier jaar tronk toe gestuur.

“In 2016, net voor ek die polisie verlaat het, het hulle ons laat weet ’n regter het Gerhard laat gaan – al het ons ’n uitruiloor­eenkoms met Brasilië gehad. Hy het sedertdien spoorloos verdwyn.”

Kinderslag­offers was altyd vir hom die ergste. “Ek onthou ek was eendag in die lykshuis. Daar het ’n dogtertjie van omtrent ses gelê met die mooiste blou oë. Haar ouers het die aand gaan drink. Sy het al agter hulle aangeloop en is deur ’n kar raak gery. Dit is so sinneloos.”

Was daar ’n misdadiger wat te slim was vir hom?

Hy dink eers lank. “Dalk dié wat weggekom het. Soms sal ’n mens ’n idee hê van ’n groot, sterk man wat die misdade pleeg, maar dan is dit ’n vaal, maer outjie. Dit is hoekom ’n mens jou nooit teen die profiel van ’n misdadiger blindstaar nie. Jy laat die leidrade jou lei.”

Hy waarsku mense nie gedurig teen gevare nie. “Ek preek nie vir mense nie. Enigeen kan ’n slagoffer wees as die kaarte verkeerd val.”

Voor ons groet, verseker Gérard ons hy slaap snags lekker. Baie van die monsters is reeds agter tralies.

‘Soms sal ’n mens ’n idee hê van ’n groot, sterk man wat die misdade pleeg, maar dan is dit ’n vaal, maer outjie’

 ??  ?? HOOFFOTO: Gérard Labuschagn­e het honderde misdadiger­s laat toesluit en aan baie van die land se opspraakwe­kkendste sake gewerk.
HOOFFOTO: Gérard Labuschagn­e het honderde misdadiger­s laat toesluit en aan baie van die land se opspraakwe­kkendste sake gewerk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Gérard het ná 14 jaar in die polisie as ’n brigadier uitgetree. HEEL LINKS: Gérard (regs) en sy vriend lt.kol Jan de Lange op een van vele moordtonel­e waar hulle ondersoekw­erk gedoen het.
LINKS: Gérard het ná 14 jaar in die polisie as ’n brigadier uitgetree. HEEL LINKS: Gérard (regs) en sy vriend lt.kol Jan de Lange op een van vele moordtonel­e waar hulle ondersoekw­erk gedoen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa