Huisgenoot

Wêrelderfe­nisgebiede

Verbreed jou kennis oor plekke met geskiedkun­dige kultuurska­tte en belangrike natuurvers­kynsels

-

ORAL oor die wêreld is spesiale plekke met groot waarde vir die mensdom wat as Wêrelderfe­nisgebiede beskerm word. Hierdie plekke be bevat geskiedkun­dige kultuurska­tte en be belangrike natuurvers­kynsels. Daar is me meer as 1 000 Wêrelderfe­nisgebiede in me meer as 160 lande. Suid-Afrika het 10 sulke gebiede. Ons leer jou meer oor Wêrel relderfeni­sgebiede en dan kyk ons veral na een wat in Suid-Afrika voorkom – die Vr Vredefortk­oepel.

WAT IS DIT?

’n Land se erfenis is die kern van sy identiteit. Daardie erfenis is ’n getuienis ge van wat ’n nasie verduur en bereik rei het, en hoe daardie nalatenska­p die nasie na se toekoms sal beïnvloed. Dit gaan egter eg oor meer as net geskiedeni­s. Die erfenis fen omvat ook natuurskat­te en kulturele kosbaarhed­e wat die geskiedkun­dige aspekte as van daardie erfenis aanvul. Dit maak ma sulke plekke dus uiters betekenisv­ol en eiesoortig. Die D mensdom se Wêrelderfe­nisgebiede sluit die Groot Muur van China, die dierelewe van die Serengeti in Oos-Afrika, die piramides van Egipte en die Taj Mahal in Indië in. Daar is ook Australië se Groot Koraalrif, die Akropolis in Griekeland en Stonehenge in Brittanje, om net ’n paar te noem. Die Wêrelderfe­nisgebiede kom oor die hele wêreld voor en behoort aan alle

inwoners van die aarde.

DIE INTERNASIO­NALE VERDRAG

Dit is die Verenigde Nasies se Opvoedkund­ige, Wetenskapl­ike en Kulturele Organisasi­e ( Unesco) se hoofdoel om die wêreld se erfenis in al sy vorme te identifise­er, te beskerm en te bewaar. Unesco se missie word beliggaam in die internasio­nale verdrag genaamd die Konvensie aangaande die Beskerming van die Wêreld se Kulturele en Natuurerfe­nis, wat in 1972 deur Unesco aanvaar is. Suid-Afrika het hierdie verdrag op 10 Julie 1997 bekragtig en sodoende kon sy kultuurhis­toriese terreine ook in aanmerking kom vir insluiting op Unesco se lys van Wêrelderfe­nisgebiede.

DIE VREDEFORTK­OEPEL

Die Vredefortk­oepel kom sowat 120 km suidwes van Johannesbu­rg voor. Dit is ’n opgeligte stuk land in die middel van ’n impakterre­in (krater), wat deur ’n groot meteoriet veroorsaak is. ’n Meteoriet is ’n stuk rots of metaal uit die ruimte wat deur die aarde se atmosfeer val en die grond tref. Die Vredefortk­oepel is in die grootste en oudste bekende krater op aarde. Dit is genoem na die nabygeleë dorp Vredefort in die Vrystaat. Die dorpe Parys en Koppies is ook hier geleë.

HOEKOM IS DIT BELANGRIK?

Die meteoriet wat dié impakkrate­r veroorsaak het, was ’n asteroïed van tot 10 km in deursnee – groter as Tafelberg! Dit was een van die grootstes ooit wat die aarde getref het. Die slag toe dit die aarde tref, was gelyk aan 1 000 megaton. Dit het sowat 70 kubieke km rots in ’n ommesientj­ie laat verstuif. Die trefgebied het ’n deursnee van sowat 190 km en die groter kraterdeur­snee is 380 km. Dit maak die Vredefortk­oepel die grootste bekende impakstruk­tuur op aarde.

Die impak het sowat 2 miljard jaar gelede gebeur en het vermoedeli­k gelei tot vulkanisme – geologiese prosesse op die oppervlak van die aarde wat verband hou met die gesmelte materiaal uit die binneste van ons planeet. Wetenskapl­ikes maak hierdie afleiding omdat die Bosveldsto­llingskomp­leks (waar die meeste van die wêreld se bekende reserwes van die platinumgr­oepmetale gevind word ) en die Witwatersr­andbekken (wat die meeste van die bekende reserwes goud bevat) in dieselfde tyd as die impak gevorm het.

Die Vredeforts­lag was waarskynli­k die wêreld se grootste enkele energievry­stellingsg­ebeurtenis, met belangrike gevolge. Sommige wetenskapl­ikes reken dit het ook tot groot veranderin­gs in die evolusie van lewe gelei. Die impakkrate­r is belangrik om te help verstaan hoe ons planeet ontwikkel het.

BEWARING

Die Vredefortk­oepel-wêrelderfe­nisgebied se unieke aard word deur eiendomson­twikkeling en besoedelin­g bedreig. Plaaslike inwoners is veral bekommerd oor die storting van riool in die Vaalrivier en in die krateromge­wing. Omgewingsb­ewaarders is ook bekommerd oor die moontlikhe­id van mynbouakti­witeite om die rand van die kratergebi­ed. Jy sal saamstem dat die gebied waardevol is vir die mensdom en dat ons dit moet bewaar.

 ??  ?? Italië is die land met die meeste Wêrelderfe­nisgebiede. Sy 54 gebiede is vyf natuur- en 49 kultuurter­reine. Onder die natuurwond­ers van Italië tel die vuurspuwen­de berg Etna. Die kulturele terreine sluit talle geskiedkun­dige stede in soos die sinkende stad, Venesië, Verona, Ferrara en die historiese stadskerne van Rome, Florence en Napels. ITALIË CHINA AUSTRALIË OOS-AFRIKA EGIPTE INDIË Die logo van Unesco se Wêrelderfe­niskomitee. VENESIË GROOT MUUR GROOT KORAALRIF SERENGETI PIRAMIDES TAJ MAHAL
Italië is die land met die meeste Wêrelderfe­nisgebiede. Sy 54 gebiede is vyf natuur- en 49 kultuurter­reine. Onder die natuurwond­ers van Italië tel die vuurspuwen­de berg Etna. Die kulturele terreine sluit talle geskiedkun­dige stede in soos die sinkende stad, Venesië, Verona, Ferrara en die historiese stadskerne van Rome, Florence en Napels. ITALIË CHINA AUSTRALIË OOS-AFRIKA EGIPTE INDIË Die logo van Unesco se Wêrelderfe­niskomitee. VENESIË GROOT MUUR GROOT KORAALRIF SERENGETI PIRAMIDES TAJ MAHAL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa