Huisgenoot

SY KENNISSE VERTEL

-

PROF. HERMANN GILIOMEE, historikus en skrywer

“Pik het my vertel hy en Margaret Thatcher het ’n buitengewo­ne en spesiale aantrekkin­gskrag gehad,” sê Hermann laggend. “Ek dink hy was teleurgest­eld toe hy in ’n stadium hoor dat minstens 10 staatshoof­de dit ook van Thatcher sê . . .”

Pik en Thatcher het ontmoet nadat sy hom in 1989 genooi het om haar in Londen te besoek, vertel Hermann. “Sy het aan Pik gesê sy is nou moeg vir Suid-Afrika se probleme; sy soek ’n oplossing. Daar moet ’n skikking tussen die onderskeie partye kom: Hulle moet Nelson Mandela vrylaat en dit op ’n ordelike manier doen.”

Hermann het byna 18 uur op Pik se stoep deurgebrin­g terwyl hy aan sy boek Die Laaste Afrikanerl­eiers geskryf het

“Hy het die ongeloofli­kste geheue gehad. Jy kon hom iets vra wat sewe jaar gelede in ’n vergaderin­g gebeur het en hy sou elke woord onthou.”

BAREND DU PLESSIS, oudfinansi­esminister

Op ’n jaarlikse jagbyeenko­ms in die destydste Transvaal in die laat 1980’s, vertel Barend, het hy ’n oproep oor regeringsa­ke ontvang wat hy met Pik moes bespreek.

“Ek het die res van die manne gevra waar Pik is, want ek moes dringend met hom praat. Danie Hough, eertydse administra­teur van Transvaal, het gesê hy mag nie sê nie, maar nadat ek die erns van die saak aan hom verduideli­k het, het hy my gesê hoe om te ry.

“Ek het in die pad geval en toe in die verte ’n liggie sien brand. Toe ek langs Pik se ampsmotor stilhou, staan die deure wawyd oop. En toe ek uitklim, lê hy in ’n slaapsak langs sy motor met die liggie langs hom. Hy was besig om gedigte te skryf.

“Hy het altyd gedigte op ’n sigaretbok­sie geskryf en selfs tydens my troue vir ons van sy eie gedigte voorgedra.

“Mense sê altyd Pik het soms diep in die bottel gekyk met sulke wegbreke, maar dis ver verwyder van die waarheid. Hy was ’n ongeloofli­k diep man.”

DR. DAWIE DE VILLIERS, oudministe­r van omgewingsa­ke en toerisme

Dié voormalige Springbokk­aptein sê min mense weet waarskynli­k dat Pik byna nooit vir toesprake voorberei het nie. “Hy het sommer net op die verhoog uitgestap en uit die heup geskiet – en die gehore was gaande oor sy dramatiese toesprake.”

Op ’n dag in die laat 1970’s het hy Pik in sy Pretoriase kantoor aangetref waar hy besig was om ’n staalstruk­tuur te verf. “ ’n Groot wit papier het op die kantoormat gelê om te verhoed dat hy verf mors.

“Toe ek vra waarmee hy besig is, sê hy dat hy pas hierdie staalstruk­tuur gebou het en dit groen verf sodat hy daarmee kon gaan jag. Hy het dit spesiaal ontwerp as dooierus vir wanneer hy skiet. Dit was baie komies . . . ”

‘Hy het die ongeloofli­kste geheue gehad’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa