Huisgenoot

DIE TROUGEVOLG

-

DIE BRUIDSMEIS­IE

Niemand was verras dat Eugenie haar enigste suster gekies het nie. “Sy’s my ousus – ek sien al my hele lewe op na haar,” het Eugenie vroeër aan ITV gesê en bygevoeg dat dit vir haar ’n groot eer is dat sy ingestem het “om die taak te verrig”. Wat wel verrassend was, is hoe min takies prinses Beatrice toe op die groot dag uitgevoer het.

Pa Andrew moes voor en ná die seremonie sy dogter se bruidsleep regtrek en die arme 14-jarige lady Louise Mountbatte­n-Windsor moes die kleintjies by die kerktrap op help en hand bysit toe een struikel en val.

Dalk was dit Beatrice se taak om ma Fergie te beskerm teen ander lede van die koninklike familie wat glo steeds nie veel ooghare vir haar het nie . . .

DIE BLOMMEMEIS­IES EN HOFKNAPIES

Die kleingoed het harte vermurwe met hul oulike streke. Prins George (5) en kleinsus prinses Charlotte (3) was weer deel van die gevolg.

Hul kleinniggi­e Savannah Phillips (7), dogter van prinses Anne se seun, Peter Phillips, en sy vrou, Autumn, het ’n ogie oor hulle gehou. Haar kleinsus, Isla (6), was ook by asook Maud Windsor (5), Eugenie se peetdogter, Theodora Williams (6), Robbie Williams se dogter, en Louis de Givenchy (6), die seun van ’n Franse bankier. Prins Edward se kinders, die 14-jarige lady Louise en burggraaf James (10), het ook hand bygesit.

Die een wat egter weer die kollig gesteel het, was kleinnig Mia Tindall (4), dogter van prinses Anne se dogter, Zara Tindall, en haar man, die oudrugbysp­eler Mike Tindall. Dié onnut het dikmond en verveeld tussen al die ander kindertjie­s gesit en aan haar speelding bly vasklou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa