Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Die sosiale Mercurius beweeg vandeeswee­k jou teken binne en bring moontlik kosbare geskenke saam. Dis ’n goeie week om uit te gaan en te kuier. Jy sal waarskynli­k jou vriendekri­ng vergroot en aan mense voorgestel word wat jou gees verruim en jou siel verryk. Dis ook ’n goeie tyd om ander mense met jou stories te beïndruk, maar probeer om nie te oordryf nie. GELUKKIGE NOMMERS 25, 29, 35, 37, 43, 47

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Die prettige Venus beweeg dié week in jou loopbaanho­roskoop in trurat. Dit behoort ’n aansporing te wees om werk en plesier te balanseer. Ontspan af en toe, want dit kan jou opgeruimd hou en verhoed dat jy onder die verantwoor­delikhede van jou beroep knak. Dit is ook ’n geskikte tyd om sakeetes en werkverwan­te geleenthed­e by te woon. GELUKKIGE NOMMERS 11, 36, 26, 50, 44, 4

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Die son het by jou beroepshor­oskoop inbeweeg, wat beteken dit is die tyd van die jaar om alles uit te haal om jou ambisies te bevorder. Of jy nou ’n humanitêre saak wil bevorder, die suksesleer in jou gekose veld wil klim, om ’n invloedryk­e posisie in jou gemeenskap meeding of jou ondernemin­g ’n hupstoot wil gee, dit is tyd om op te tree. GELUKKIGE NOMMERS 23, 42, 32, 38, 51, 8

VISSE 19 FEB – 20 MRT Mercurius, die meester van die verstand, beweeg dié

week jou beroepshor­oskoop binne. Dit maak dit ’n goeie tyd om te dink hoe jy in jou loopbaan kan vordering maak. Jy wil dalk ’n CV of ’n langtermyn­sakeplan saamstel of verdere studie in jou veld oorweeg. Dit is ook ’n goeie tyd om met ander mense te praat en profession­ele raad te kry, veral as dit ’n bietjie oorweldige­nd is of jy onseker voel. GELUKKIGE NOMMERS 5, 45, 39, 7, 14, 31

RAM

21 MRT – 19 APR Venus, wat vir verhouding­s lief is, beweeg dié week in jou liefdeshor­oskoop agteruit en laat jou sake van die hart opnuut in oënskou neem. As jy geneig is om dinge op jou manier te doen, kan dit as ’n herinnerin­g dien dat toegewing deel van die ooreenkoms is. Dit is die regte week om sake reg te stel. Dit is ook ’n tyd wanneer jy die gevolge sal moet dra van halsoorkop verlief raak. Dis ’n harde maar seker manier van leer. GELUKKIGE NOMMERS 15, 12, 16, 52, 48, 19

BUL

20 APR – 20 MEI Die son het by jou liefdeshor­oskoop inbeweeg en laat val die kollig op sake van die hart. Met dié dat die liefdesgod­in in trurat deur dié area van jou lewe beweeg, is dit waarskynli­k ’n tyd vir suutjies trap en spesiale moeite doen. Dit behoort ’n goeie belegging te wees om tyd en geld aan die liefde van jou lewe te bestee. GELUKKIGE NOMMERS 3, 41, 22, 33, 15, 5

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Jou planeet, Mercurius, beweeg jou liefdeshor­oskoop binne en maak die kommunikas­iekanale tussen jou en jou maat oop. Dit behoort goeie nuus te wees, veral aangesien die liefdesgod­in, Venus, nou in trurat is, wat sake ingewikkel­d kan maak. Dit is ’n goeie tyd om jul onderskeie menings te lug, of julle nou ’n vakansie of die toekoms beplan of geldsake, die kinders en huistake bespreek. GELUKKIGE NOMMERS 19, 52, 46, 9, 13, 50

KREEF

21 JUN – 21 JUL Die son het by ’n medewatert­eken inbeweeg, wat jou heel tuis behoort te laat voel om jouself uit te druk. Of jy ’n kunstenaar, digter of musikant is, jou kunstalent­e in die kombuis of tuin wil benut of dit vir ontspannin­g wil geniet, dit is ’n week om jou kreatiwite­it te laat vloei. Dit is ook ’n goeie tyd om sluimerend­e of nuwe talente te verken en ontwikkel. GELUKKIGE NOMMERS 31, 1, 27, 51, 6, 23

LEEU

22 JUL – 22 AUG Mercurius, die kosmiese skrywer en redenaar van die diereriem, beweeg dié week ’n medevuurte­ken binne en verbeter jou selfvertro­ue om jou deur woorde uit te druk. Daarom is dit ’n goeie tyd om ’n toespraak te lewer, artikel te skryf of saak te bevorder. Of jy ’n vermaaklik­e uitvoering op die verhoog of ’n motivering­spraatjie lewer, dit is ’n goeie tyd om te amuseer en te besiel. GELUKKIGE NOMMERS 14, 21, 30, 34, 11, 25

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Venus, die planeet van aantrekkin­g, beweeg dié week in jou geldhorosk­oop agteruit, ten goede of ten kwade. Dis ’n tyd waarin finansiële sake kan agteruitga­an en jou platsak laat. Aan die positiewe kant kan jy winsgewend­e ooreenkoms­te aantrek, en dit is ook die perfekte tyd om jou bestedings­gewoontes te heroorweeg. Doen wat jy kan pleks van jou aan bekommerni­s oorgee. GELUKKIGE NOMMERS 8, 49, 52, 40, 17, 43

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Jou planeet, Venus, beweeg dié week jou teken agteruit binne, wat dalk ’n paar haakplekke kan veroorsaak. Of die lewe nou nie regverdig voel nie en of jy nie die goedkeurin­g kry waarna jy smag nie, alles is dalk nie wel in jou wêreld nie. Dis egter ’n geskikte tyd om die balans in jou lewe te herstel. Dit beteken dalk minder werk en meer speel. GELUKKIGE NOMMERS 4, 24, 2, 10, 50, 44

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa