Huisgenoot

A Star Is Born

Dit gons oor Lady Gaga en Bradley Cooper se spel in dié musiekdram­aprent

- Saamgestel deur MAXINE PETERS

NIE NET NÓG ’N WEERGAWE NIE

Bradley Cooper maak nie net sy regisseurs­debuut in dié vierde weergawe van A Star Is Born nie. Hy het die fliek help skryf en vervaardig en speel ook daarin. Cooper (43) speel Jackson Maine, ’n countryroc­kster met ’n drankprobl­eem, wat die talentvoll­e sangeres Ally onder sy vlerk neem. Ally word deur Lady Gaga, oftewel Stefani Germanotta (32), gespeel. Dié weergawe is anders as die vorige flieks, want Jackson sit nie in sak en as oor alkoholism­e nie. “Ek wou nie ’n ou hê wat jaloers is op iemand anders wat beroemd raak nie,” sê Cooper. “Ek het ’n regte liefdesver­haal gesoek; twee gebroke mense vind mekaar, maar kan nie reggemaak word nie.” SY SOEKE NA ALLY

Cooper sê hy was net vaagweg bewus van Lady Gaga voor hy die fliek gemaak het. Maar toe hy haar sien optree, het hy geweet sy moet Ally speel. “Ek was by ’n kankergeld­insameling­sgeleenthe­id saam met my ma. Hulle het ’n musiekgas as verrassing gehad en Stefani het uitgekom en La Vie en Rose gesing. Ek was verstom. Ek het die volgende dag haar agent gebel en gesê: ‘Kan ek dadelik na haar huis toe gaan en haar ontmoet?’ Ek het toe Malibu toe gery en ons het op haar stoep gesit. Toe ek weer sien, eet ek spaghetti en frikkadell­e en ek vra: ‘Kan ons ’n liedjie saam sing?’ ”

Cooper se stem het haar beïndruk. “Toe hy na my toe kom, het hy onmiddelli­k soos ’n sielsgenoo­t gevoel. En toe ek hoor hoe sielvol sy stem is, het ek geweet die fliek sal werk.” SILWERDOEK­DEBUUTUT

Sy is reeds ’n popkoningi­n uit eie reg en het al op die kassie naam gemaak. Sy het selfs ’n Golden Globe vir beste aktrise in ’n beperkte TV-reeks losgespeel as die Countess in die vyfde seisoen van die gruwelreek­s American Horror Story: Hotel. A Star Is Born is haar eerste groot fliekrol.

“Op baie maniere voel ek Bradley het my onthul. Dit was sy idee om ontslae te raak van die grimering, om weer terug te gaan na my natuurlike haarkleur en vir dít om Ally se karakter te wees. Die vertroue wat ek op die stel in hom gehad het, het vir ’n merkwaardi­g kunstige ervaring gesorg,” sê sy.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa