Huisgenoot

SEDERT DIE 1900’S

- Colossus, die eerste elektronie­se digitale programmee­rbare rekenaarto­estel.

Al het eksperimen­te met radiogolwe in die 1890’s begin, is die eerste kommersiël­e radiostasi­es eers in die 1920’s gestig. Oornag het die radio inligting en vermaak na miljoene mense wêreldwyd gebring.

Toe die televisie in 1927 bekendgest­el is, het dit massa-inligting en -vermaak teweeggebr­ing. Met die radio, daaglikse koerante en daaglikse televisien­uus kon ’n toenemende getal mense met die jongste inligting op die hoogte bly.

Die 20ste eeu het baie belangrike kommunikas­iemetodes meegebring waarsonder ons ons deesdae skaars kan indink, soos selfone, rekenaars en die internet.

IBM het sy persoonlik­e rekenaar in 1981 bekendgest­el en dit het tikmasjien­e geleidelik vervang. En met die koms van die internet het die pos van fisieke briewe en die stuur van telegramme uitgedien geraak. Die laaste telegram is op 13 Julie 2013 in Indië gestuur.

Die basiese tegnologie vir die internet is al so lank gelede as die 1960’s ontwikkel, maar die eerste internetdi­ensverskaf­fers is eers in die 1980’s en ’90’s gevestig.

Bunewens om vir jou al daardie inligting aan jou vingerpunt­e te gee, maak die internet ook e-pos, kletskamer­s, sosiale media en aanlyn speletjies moontlik. In die vroeë 1980’s was selfone so groot soos bakstene, maar toe het dit ontwikkel in die slanke slimfone wat ons vandag het. Deesdae kan jy met jou slimfoon e-posse stuur en ontvang, boodskapap­ps soos WhatsApp gebruik,ik, fotofoto’s neem en stuur, en dinge in die sosiale mediadia soos Facebook, InstagInst­agram en Twitter deel. Om te kyk hoe kommunikas­iemetodes oor die jare verander het, gaan na: KOPIE: CUM LAUDE MEDIA; BRONNE: WIKIPEDIA.ORG, ONECALLNOW.COM, HISTORYWOR­LD.NET, TACHWALLA.COM, SCIENCING.COM, WHATIS.TECHTARGET.COM, BRITANNICA.COM, USATODAY.COM ’n Draaitelef­oon uit die middel van die 20ste eeu.

bit.ly/kommunikas­ie

D

 ??  ?? Die eerste persoonlik­e rekenaar, 1981.Toe kom selfone, wat deesdae taamlik baie soos mini-rekenaars is (en baie van hulle is veel kragtiger as wat die rekenaars van destyds was).Selfone het oor die jare beter en kleiner geword.Toe die eerste mobiele telefone in die 1980’s in Amerika bekendgest­el is, was hulle so groot soos ’n baksteen. Eers kon hulle net gebruik word om oproepe te maak, maar later is die vermoë om SMS’e (teksboodsk­appe) te stuur bygevoeg.
Die eerste persoonlik­e rekenaar, 1981.Toe kom selfone, wat deesdae taamlik baie soos mini-rekenaars is (en baie van hulle is veel kragtiger as wat die rekenaars van destyds was).Selfone het oor die jare beter en kleiner geword.Toe die eerste mobiele telefone in die 1980’s in Amerika bekendgest­el is, was hulle so groot soos ’n baksteen. Eers kon hulle net gebruik word om oproepe te maak, maar later is die vermoë om SMS’e (teksboodsk­appe) te stuur bygevoeg.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa