Huisgenoot

Ryan Gosling speel Neil Armstrong

Die akteur wat twee keer vir ’n Oscar benoem is, is Neil Armstrong in First Man

- Saamgestel deur MAXINE PETERS

SENDING OP DIE MAAN

Gosling en n die regisseur Damien Chazelle van n La La Land werk weer saam, dié keer r om die storie van Neil Armstrong en n Nasa se Apollo 11-maansendin­g in n die 1960’s te vertel. Die fliek wys hoe e Armstrong en sy vrou, Janet, hul tweejarige dogter, Karen, se dood weens ’n breingewas verwerk. Net weke ná haar dood sluit hy by die Gemini-ruimteprog­ram aan. “Ek dink nie Neil het homself as ’n Amerikaans­e held beskou nie; dis net mooi die teenoorges­telde,” sê die Kanadese akteur (37) wat die rol vertolk van die eerste mens op die maan. “Neil was baie nederig, so ook baie van die ruimtevaar­ders.”

’N PRIVAAT MAN

Sommige resensente meen Armstrong, wat in 2012 in die ouderdom van 82 oorlede is, sou die fliek gehaat het omdat hy uit die kollig gebly het en baie gesteld was op sy privaathei­d. Sy seuns, Mark en Rick, en eksvrou, Janet (wat deur Claire Foy gespeel word), is geraadplee­g oor die draaiboek. Hulle was eerlik oor hoe emosioneel afsydig hy was. “Janet sê ‘nee’ was ’n lang antwoord van Neil,” sê die draaiboeks­krywer Josh Singer. “En Rick sê jy sou dikwels vir hom ’n vraag vra en hy sou net nie antwoord nie. Hy was ’n baie stil, emosioneel gelaaide ou.”

AANHANGER

Claire Foy, wat ’n Emmy gewen het vir haar spel as koningin Elizabeth I I in die Netflixtre­ffer reeks The Crown, is vol lof vir haar medester in First Man. “Ek voel letterlik asof God aankom wanneer Ryan in ’n vertrek instap,” sê die Britse aktrise (34). “Hy is fantasties. Welgedaan, Kanada! Hy is die vrygewigst­e, vriendelik­ste, snaaksste akteur. Dit is net ongeloofli­k om saam met hom te werk.”

RUIMTEMAN-PA

Gosling, wat saam met sy vrou, die aktrise Eva Mendes (44), twee dogters het, het in Jimmy Kimmel Live! gesê nadat Esmeralda (4) en klein Amada (2) hul pa in ’n ruimtepak gesien het, glo hulle nou hy is ’n ruimtevaar­der. “My oudste het nou die dag na die maan gewys en gesê: ‘Dis waar jy werk, né?’ ” BRONNE: HOLLYWOODR­EPORTER.COM, BUSTLE.COM, COLLIDER.COM, NBCNEWS.COM,UNIVERSETO­DAY.COM, SPACE.COM

 ??  ??
 ??  ?? First Man is nou in rolprentte­aters te sien. ONDER: Die Apollo 11-bemannings­lede in 1969: (van links) Neil Armstrong, Michael Collins en Buzz Aldrin.
First Man is nou in rolprentte­aters te sien. ONDER: Die Apollo 11-bemannings­lede in 1969: (van links) Neil Armstrong, Michael Collins en Buzz Aldrin.
 ??  ?? LINKS: Ryan Gosling as Neil Armstrong in First Man. LINKS ONDER: Claire Foy vertolk die rol van Neil se vrou, Janet, in die fliek.
LINKS: Ryan Gosling as Neil Armstrong in First Man. LINKS ONDER: Claire Foy vertolk die rol van Neil se vrou, Janet, in die fliek.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa