Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Met dié dat Mercurius, die meester van die tong, nou in trurat beweeg, is dit tyd om met alle vorme van kommunikas­ie versigtig te wees. Laat geen ruimte vir wanopvatti­ngs nie, of jy e-posse skryf, oproepe maak of mense toespreek. Vertraging­s, haakplekke en veranderin­gs van plan is ook in die vooruitsig. Jy sal ’n uitdagende tyd beleef, veral as jy georganise­er is en daarvan hou dat jou sake agtermekaa­r is. GELUKKIGE NOMMERS 51, 45, 21, 34, 30, 10

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Dis ’n goeie week om sake te oordink – iets wat ’n Waterdraer soos ’n handskoen pas. Jy kan die wonders van tegnologie oorweeg of die onregverdi­gheid van die lewe bepeins, maar dis ’n goeie tyd om aan jou eie toekoms ook te dink. Jy wil dalk jou situasie heroorweeg en daarvolgen­s in jou persoonlik­e of profession­ele lewe langtermyn­planne maak. GELUKKIGE NOMMERS 36, 16, 12, 11, 33, 43

VISSE

19 FEB – 20 MRT Die son beweeg dié week jou beroepshor­oskoop binne en laat val die kollig op jou aspirasies. As jy ’n droomloopb­aan wil volg, ’n sleutelrol in jou gemeenskap wil speel of ’n visie vir ’n beter wêreld het, is dit tyd om die yster te smee terwyl dit nog warm is. Pleks van droom, probeer doen, en neem jou voor om nie net doelwitte te stel nie, maar dit ook uit te voer. Dis belangrik om nie ontnugter te raak wanneer sake uitdagend raak nie. GELUKKIGE NOMMERS 7, 41, 52, 31, 26, 50

RAM

21 MRT – 19 APR Die son beweeg dié week ’n medevuurte­ken binne, wat dit vir jou maklik behoort te maak om jou kreatief uit te druk. Dit is dus ’n uitstekend­e week om jou energie in kunssinnig­e ondernemin­gs te stort. Dis ’n goeie tyd om sluimerend­e talente te verken, waaghalsig te wees en van genre te verander, of, as kuns ’n stokperdji­e is, dit tot ’n profession­eler vlak te voer. Dis ook ’n week waarin jou geesdrif ’n hupstoot kry. GELUKKIGE NOMMERS 49, 40, 46, 3, 32, 22

BUL

20 APR – 20 MEI Geldsake is vir jou hoog op die prioriteit­slys. Die hulpbronne wat jy saam met jou maat het, is tans in die kollig. Dis ’n goeie week vir julle twee om jul bates en beleggings te hersien en maniere te oorweeg om jul portefeulj­e uit te brei. Aangesien dit ’n tyd is om versigtig te wees wanneer jy kontrakte teken, sorg dat jy die fyn druk lees. GELUKKIGE NOMMERS 35, 17, 13, 4, 8, 51

TWEELING KREEF

21 MEI – 20 JUN Dis ’n week waarin ’n gladde mond jou op vele vlakke in die steek kan laat. Dis nie net ’n kwessie van misverstan­de wat die lewe ingewikkel­d maak nie; jy kan ook geneig wees om feite te verdoesel, skerp kommentaar te lewer en wolhaarsto­ries te vertel. Dit sal wys wees om ’n wag voor jou mond te sit sodat jy nie brûe verbrand of simpel lyk nie. Meer dink en minder praat kan ’n goeie mantra vir die week wees. GELUKKIGE NOMMERS 25, 48, 15, 5, 6, 35 21 JUN – 21 JUL Terwyl Mercurius nou in trurat beweeg, kan jy verwag dat klein jakkalsies die wingerde verniel. Dit blyk veral by die werk te wees dat jy dalk voorbereid moet wees. Of dit tegnologie­se haakplekke of wankommuni­kasie is, alles sal dalk nie glad verloop nie. Maar dis ’n goeie tyd om projekte te hersien of planne te heroorweeg. GELUKKIGE NOMMERS 6, 38, 51, 50, 29, 20

LEEU

22 JUL – 22 AUG Met dié dat die son dié week ’n medevuurte­ken binnegaan, behoort jy gemaklik in jou eie vel te voel. Jy kan uitsien na ’n week van bors uitstoot en die lewe met baie selfvertro­ue tegemoetga­an. DIt kan baie nuttig wees – of jy ’n projek van stapel wil stuur, iemand wil bekoor of jou kreatiewe talente wil vertoon. Dis ook ’n goeie week waarin jy alte maklik oorboord kan gaan; waak dus teen trots. GELUKKIGE NOMMERS 8, 47, 27, 18, 49, 7

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Die tegemoetko­mende Venus het ’n wending ten goede geneem, wat die pad vir beleefde verhouding­s behoort glad te maak. Dis steeds ’n tyd waarin kommunikas­iehaakplek­ke hul tol kan eis. Dis ’n geskikte tyd om jou presieshei­d goed te benut – tel dus jou woorde en luister aandagtig. Moenie aannames maak nie. GELUKKIGE NOMMERS 22, 39, 28, 2, 52, 36

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT As jy ’n tipiese Weegskaal is, wil jy waarskynli­k ’n ieder en ’n elk tevrede stel. Benewens dat dit nie moontlik is nie, is dit nie altyd in jou belang nie. Dis ’n week om selfgelden­der in woord en daad te wees. Aangesien diplomasie ’n Weegskaalk­enmerk is, kan jy waarskynli­k op ’n taktvolle manier jou man staan. Dis ook ’n goeie week om beslisthei­d op die proef te stel. GELUKKIGE NOMMERS 50, 32, 44, 19, 37, 45

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Die son beweeg dié week jou finansiële horoskoop binne en laat die kollig op geldsake val. Aangesien Jupiter, die helpende hand van die diereriem, die volgende jaar in dié area van jou lewe tuisgaan, is dit ’n goeie tyd om daarop te fokus om finansiële doelwitte te stel. Of jy meer wil verdien, minder wil bestee of jou geld deur belegging vir jou wil laat werk, dis tyd om jou geldvernuf in te span. GELUKKIGE NOMMERS 43, 24, 1, 14, 10, 11

 ??  ?? Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.
Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa