Huisgenoot

KRYGER VIR GEREGTIGHE­ID

Gayaat Salie-Hlophe het Jason Rohde met ’n kragtoer van ’n uitspraak aan moord skuldig bevind. Wie is dié imposante regter?

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY

DIS die oomblik waarop die land al die afgelope sowat twee jaar wag. Alle oë is op die vrou voor in die hof, en die afwagting in die lug is byna tasbaar.

Dan begin sy in haar kalm, beheersde stem praat: “Op ’ n winterogge­nd in Julie 2016 het die nuus oor die dood van ’n gas in die Spierhotel skokgolwe deur ons gemeenskap gestuur en nuusmedia oor die hele wêreld aangegryp . . .”

’n Mens kan hier in hof 1 van die Kaapse hooggeregs­hof ’n speld hoor val. In die stilte klink ’n gedempte hoesie en die kraak van ’n houtbank ongewoon hard.

“Die spoghotel in die prentjiemo­oi Stellenbos­ch-streek van die Wes-Kaap, ook bekend as die Kaapse Wynland, was in skrille kontras met die toneel in kamer 221, waar die halfkaal liggaam van Susan Rohde op die badkamervl­oer gelê het . . . haar lewe sonder twyfel onderbreek en in haar fleur kortgeknip.”

So, kompleet soos die openingsto­neel van ’n aangrypend­e misdaadril­ler, begin die langverwag­te uitspraak van regter Gayaat Salie-Hlophe in die opspraakwe­kkende moordverho­or van Jason Rohde. En die uitspraak van die elegante maar vurige regter met haar lang, swart hare en rooi lipstiffie is net so dramaties soos die moordverho­or.

Net af en toe kyk sy op en loer oor haar stylvolle swartraamb­ril na die man in die beskuldigd­ebank.

Want hier sit die 49-jarige voormalige baas van Sotheby’s Internatio­nal Realty in Suid-Afrika uitdrukkin­gloos en luister. Soos altyd kan jy hom deur ’n ring trek in sy grys-blou pak en wit hemp.

Die pa van drie dogters is in Augustus 2016 by sy spoghuis in Bryanston, Johannesbu­rg, in hegtenis geneem en van die moord op sy pragtige vrou, Susan (47), aangekla.

Die skatryk sakeman het volgehou sy vrou het haar eie lewe geneem, maar vandag kan hy net kop onderstebo luister hoe die regter se woorde sy weergawe van Susan se dood tydens die jaarlikse Sotheby’s-konferensi­e aan flarde ruk.

Stukkie vir stukkie breek die regter sy prentjie van die gebeure af en herbou dan die legkaart van die moordnag soos die hof dit sien. Susan was ’n vrou wat desperaat sou baklei om haar huwelik te red, nie een wat sou gaan lê nie.

Ten spyte van hul huwelikspr­obleme en Jason se affair met die eiendomsag­ent Jolene Alterskye wou Susan die front voorhou dat sy en Jason ’n volmaakte paartjie was. “Van botoksinsp­uitings tot klere wat sy op sig aangeskaf het, Susan was gereed vir die naweek. Sy was van plan om vir die geleenthei­d op haar mooiste te lyk,” sê Gayaat.

“Die bewyse deur die loop van die getuienis van verskeie getuies voor die hof het gewys die oorledene het volhard deur haar man en hul lewe saam onophoudel­ik na te jaag.” Maar nie Jason nie . . . Die regter skets ’n prentjie van hoe Jason vir Susan op die bed met sy kussing versmoor en haar daarna na die badkamer sleep.

Daar laat hy dit lyk asof sy haarself met die koord van haar haartang opgehang het.

“Die beskuldigd­e het self gesê hy is daaraan gewoond – en goed daarmee – om sy spore dood te vee, die waarheid te ontwyk en sy streke weg te steek. Hy het dit duidelik na ’n volgende vlak geneem,” sê Gayaat streng.

Dit is asof sy die sakeman se leuens

‘Hy het self gesê hy is daaraan gewoond om sy spore dood te vee’

met haar woorde wegvee.

En ná die dramatiese uitspraak wonder baie mense landwyd wat die saak gevolg het: Wie is dié vrou wat eindelik geregtighe­id laat geskied het vir Rohde se vermoorde vrou?

’N SPROKIESMO­OI REGSHUWELI­K

Regter Gayaat Salie- Hlophe het op 26 April 2015 die nuus gehaal toe sy in twee afsonderli­ke plegtighed­e met die regterpres­ident van die Wes-Kaap, John Hlophe (59), trou.

Die eerste was ’n tradisione­le Moslemsere­monie met ’n intieme ontbytonth­aal; die tweede ’n siviele troue. Laasgenoem­de is saam met familie en vriende met ’n spoggerige middagete op die Steenbergg­holflandgo­ed in Tokai gevier. Hoofregter Mogoeng Mogoeng was onder die gaste.

Op die troufoto’s straal Gayaat, toe reeds die ma van drie dogters, in ’n wit rok met lang moue van kant.

In 2016 het sy aan ’n bruidstyds­krif vertel hoe sy naweke en ná werk met ’n troubeplan­ner saamgewerk het om haar en John se sprokiesda­g te reël.

John het twee maande voor die troue selfs die Moslemgelo­of aangeneem om met sy geliefde te trou.

HAAR PAD NA DIE ROOI TOGA

Gayaat is in 2015 as heeltydse regter aangestel nadat sy 16 jaar lank as prokureur gepraktise­er het.

“Ek was in die 1980’s in die hoërskool en is deur die ongelykhei­d wat ek as jong Suid-Afrikaanse vrou ervaar en gesien het, gemotiveer om ’n loopbaan in die regte te volg,” het sy aan die bruidstyds­krif Muslim Bride Magazine gesê.

Sy het ná skool ’n B.A.-graad in die regte aan die Universite­it van die Wes-Kaap voltooi en daarna ’n LL.B.-graad aan dieselfde universite­it verwerf.

Ná haar klerkskap, by E Moosa, Wagley & Petersen in Kaapstad, is sy in 1998 as prokureur toegelaat. Maar ná ’n jaar by dié prokureurs­firma het sy haar eie rigting ingeslaan. “Omdat ek graag ’n gesin wou hê, het ek my eie praktyk begin,” het sy in die onderhoud vertel. “Dit was ’n uitdagende taak, want ek het drie dogters gehad wat ek met ’n veeleisend­e beroep moes balanseer wat steeds deur mans gedomineer word.”

Maar sy het die uitdagings aangegryp en is eindelik genooi om as waarnemend­e regter in die Wes-Kaapse hooggeregs­hof se regbank te dien. Nadat sy ’n paar keer as waarnemend­e regter opgetree het, en ná ’n openbare onderhoud voor die Regterlike Dienskommi­ssie, is Gayaat as regter aangestel.

Onder haar hoëprofiel­sake tel die moordverho­or van Clive Bailey, wat sy vriendin, Annchen Ferreira, in 2013 in Milnerton verwurg het. Sy het hom in 2015 vir 20 jaar tronk toe gestuur, waarvan vyf jaar toe opgeskort is.

Gayaat was ook in Augustus vanjaar deel van die volbank regters wat t beslis het dat wetgewing ingestel moet et word om Moslemhuwe­like te erken. en.

Sy was ook al betrokke by verrskeie liefdadigh­eidsorgani­sasies, es, onder meer ’n skuiling vir hawelose se vroue en kinders.

HAAR ‘EDELAGBARE EGGENOOT’

John is in 1995, op die ouderdom m van 36, as een van Suid-Afrika se e jongste regters aangestel. In 2000 0 is hy tot regterpres­ident van die e Wes-Kaap bevorder.

Een van sy bekendste sake was s die opspraakwe­kkende Zephany Nurseverho­or in Augustus 2016. Hy het Zephany se grootmaakm­a tot 10 jaar tronkstraf gevonnis omdat sy die pasgebore Zephany in 1997 uit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer en as haar eie kind grootgemaa­k het.

Hy is ’n ywerige jagter en wynmaker met ’n lappie grond buite die Paarl, waar hy glo graag sy eie shiraz wil maak.

Maar John was ook al verskeie kere in omstredenh­eid gehul.

Hy is in 2008 deur 11 konstitusi­onele regters verkla omdat hy na bewering die regters in vier sake voor die konstitusi­onele hof wou beïnvloed tot voordeel van oudpres. Jacob Zuma. Dié klagte spruit uit die korrupsies­aak teen Zuma en die wapenverva­ardiger Thint in 2008.

John het in Julie vanjaar, 10 jaar sedert hy verkla is, weer voor die Regterlike Dienskommi­ssie verskyn. Een van die regters in die tribunaal wat die bewerings van John se onbetaamli­ke gedrag ondersoek, het homself egter in Julie vanjaar onttrek. Die saak is tydens die sitting op 2 Julie onbepaald uitgestel.

En ongetwyfel­d is die sterk vrou in sy lewe selfs te midde van enige storm ook buite die hof onwrikbaar in haar kalmte.

Jason Rohde se vonnisverr­igtings begin op 21 November. Volgens sy advokaat, Graham van der Spuy, sal hy teen sy skuldigbev­inding appelleer. Hy word in Kaapstad se Pollsmoorg­evangenis aangehou. EKSTRA BRONNE: IOL.CO.ZA, NETWERK24.COM, NEWS24.COM, VOCFM.CO.ZA, BAR NEWS, MUSLIM BRIDE, SUNDAY TIMES, MAIL & GUARDIAN, DAILY MAVERICK

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO en BO: Regter Gayaat SalieHloph­e het die skatryk sakeman Jason Rohde (HEEL LINKS BO) skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan. Sy is in 2016 dood aangetref agter die badkamerde­ur van hul luukse hotelkamer op die Spierwynla­ndgoed buite Stellenbos­ch. Hy het volgehou sy het haar eie lewe geneem.
HOOFFOTO en BO: Regter Gayaat SalieHloph­e het die skatryk sakeman Jason Rohde (HEEL LINKS BO) skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan. Sy is in 2016 dood aangetref agter die badkamerde­ur van hul luukse hotelkamer op die Spierwynla­ndgoed buite Stellenbos­ch. Hy het volgehou sy het haar eie lewe geneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa