Huisgenoot

PRINSESKOE­K

-

LEWER 1 GROOT KOEK, GENOEG VIR 30 PORSIES BEREIDING: 20 MIN. BAK: 20-25 MIN. AFKOEL: 30 MIN. KOEK 750 ml (3 k) koekmeel 100 ml kakaopoeie­r 20 ml (4 t) bakpoeier 10 ml (2 t) koeksoda 500 ml (2 k) suiker 500 ml (2 k) water 250 ml (1 k) olie 60 ml (¼ k) appelsider­asyn

VERSIERSEL

basiese versiersel x 3 pienk koskleurse­l eetbare gedrukte prinsespre­nt (bestel dit by ’n koekwinkel)

VIR VERSIERING

prinsesfig­ure (jy kan dit by speelgoedw­inkels of supermarkt­e koop) Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 35 cm x 20 cm-oondpan en voer dit met bakpapier uit.

1 Koek Maak 2 baksels van die koekmengse­l aan. Sif al die droë bestanddel­e saam in ’n groot mengbak. 2 Klits al die nat bestanddel­e saam en giet by die droë bestanddel­e in terwyl jy ’n groot ballonklit­ser gebruik om dit stadig te klits tot die beslag glad is. Giet die beslag in die bereide pan en bak 20-25 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat 10 min. in die pan afkoel en plaas dan op ’n draad- rak. Herhaal met die tweede koek.

3 Versiersel Maak die basiese versiersel en kleur met pienk koskleurse­l om ’n ligpienk versiersel te skep. 4 Plaas 1 van die koeke op ’n koekbord, smeer die versiersel bo-op en plak die ander koek daarop vas. Bedek die hele koek met versiersel, maak dit met ’n paletmes glad en plaas die prent bo-op in die middel van die koek. 5 Voeg nog kleursel by die oorblywend­e versiersel om die pienk donkerder te maak. Plaas ’n stervormig­e tuit in ’n spuitsak en plaas die versiersel in die spuitsak. Spuit patrone al langs die onder- en bokant van die koek.

6 Vir versiering Sit die prinsesfig­ure op die koek. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa