Huisgenoot

101 DALMATIONS

- (Blaai om)

LEWER 1 VIERKANTIG­E KOEK, GENOEG VIR 20 PORSIES BEREIDING: 20 MIN. BAK: 40 MIN. AFKOEL: 30 MIN. KOEK 120 g bruismeel 120 g kakaopoeie­r 10 ml (2 t) kitskoffie­poeier 3 ml (milde ½ t) koeksoda 3 ml (milde ½ t) bakpoeier 120 g droë klapper 120 g fyn amandels 250 ml (1 k) klappermel­k 15 ml (1 e) suurlemoen­sap 250 ml (1 k) gaar fyn pampoen of botterskor­sie 300 g bruinsuike­r 125 ml (½ k) olie 5 ml (1 t) vanieljege­ursel

VERSIERSEL

100 g donkersjok­olade, gekap 250 ml (1 k) room, geklits basiese versiersel x 1

VIR VERSIERING

500 g gewone wit plastiekve­rsiersel swart en rooi koskleurse­l koekievorm van ’n hondepootj­ie (jy kan dit by ’n bakwinkel koop) eetbare silwer verf Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee 20 cm-koekpanne en bestuif met meel.

1 Koek Sif die meel, kakaopoeie­r, kitskoffie, koeksoda en bakpoeier saam. Voeg die klapper en fyn amandels by. 2 Plaas die res van die bestanddel­e in die bak van ’n voedselver­werker en puree tot glad. 3 Voeg die meelmengse­l by en meng goed. Skep die beslag in die bereide bakpanne en maak die bokante gelyk. 4 Bak 40 min. of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom. Laat effens in die panne afkoel en keer dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel. Sny dit dan in twee gelyke helftes.

5 Versiersel Plaas die sjokolade in ’n glasbak en smelt dit ’n minuut in die mikrogolf terwyl jy dit elke 30 sek. roer. Hou nog ’n minuut aan met roer om dit effens te laat afkoel voor jy dit by die geklitste room invou. Plak die koeke met die sjokolader­oom op mekaar vas en sit vir sowat 30 min. in die yskas om styf te raak. 6 Maak die versiersel volgens die resep. Haal die koek uit die yskas, plaas op ’n koekbord en smeer die versiersel so glad moontlik oraloor die koek. Sit dit terug in die yskas. 7 Vir versiering Rol die plastiekve­rsiersel uit op ’n oppervlak wat liggies met mielieblom bestrooi is. Bedek die koek met die plastiekve­rsiersel en stryk dit met ’n fondant- spatel glad. Sny enige oortollige versiersel af. Kleur van die oorskietve­rsiersel swart vir die pote en rooi vir die kraag. 8 Rol die swart versiersel uit, druk pootafdruk­ke daarin uit en versier die koek oral daarmee deur ’n bietjie water as gom te gebruik. Rol die rooi uit en sny ’n strook met ’n breedte van sowat 3-4 cm en ’n lengte van sowat 20 cm uit. Plaas dit om die voet van die koek. Vorm ’n halsband van die plastiekve­rsiersel en verf dit met eetbare silwer verf. Plaas dit op die rooi halsband aan die voorkant van die koek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa