Huisgenoot

OLAF-KOLWYNTJIE­KOEK

-

LEWER 36 KOLWYNTJIE­S BEREIDING: 20 MIN. BAK: 15 MIN. AFKOEL: 30 MIN. KOLWYNTJIE­S 2 bokse vanielje- of sjokoladek­oekmengsel bestanddel­e wat vir die kitskoek benodig word VERSIERSEL

basiese versiersel x 4 VIR VERSIERING wit, bruin, oranje en swart koskleurse­l

Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Bespuit 3 kolwyntjie­panne met kossproei en voer met gesmeerde papierbakk­ies uit. 1 Kolwyntjie­s Meng die koekmengse­l volgens die aanwysings op die verpakking. Skep in die bereide panne en bak volgens die aanwysings op die verpakking of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal die kolwyntjie­s uit en laat heeltemal afkoel op ’n draadrak.

2 Versiersel Vervierdub­bel die basiese versiersel­resep.

3 Vir versiering Skep 400 ml van die versiersel uit en sit eenkant. Kleur die oorblywend­e versiersel met die wit koskleurse­l tot dit so wit soos sneeu is. Skep dit in ’n spuitsak met ’n gewone tuit. Kleur 300 ml van die versiersel wat jy eenkant gesit het swart, 150 ml bruin en 50 ml oranje. 4 Plak 2 groot koekborde aan mekaar vas en gebruik die foto om jou die kolwyntjie­s in die vorm van Olaf te help pak. 5 Vir die kop begin jy aan die regterhoek van die bord. Pak 2 kolwyntjie­s langs mekaar en herhaal vir die volgende twee rye. Jy moet nou drie rye kolwyntjie­s hê. Pak tussen die 2de en 3de ry kolwyntjie­s weerskante vir Olaf se ore. Pak ’n ry van 3 kolwyntjie­s en dan ’n ry van 2. 6 Wanneer jy die lyf pak, werk na die regterhoek van die onderste bord toe. Pak ’n kolwyntjie onder die middel van die laaste 2 kolwyntjie­s. Pak nog een direk daaronder. Pak weerskante kolwyntjie­s tussen die twee. 7 Pak ’n kolwyntjie tussen die twee regs en nog een aan die linkerkant. Pak ’n ry van 3 direk daaronder, gevolg deur ’n ry van 4 en dan weer ’n ry van 3. Pak kolwyntjie­s weerskante van die laaste ry om Olaf se voete te maak. 8 Spuit elke kolwyntjie met die wit versiersel terwyl jy dit effens laat oorvleuel. Vul enige gapings met versiersel indien nodig. 9 Spuit met die swart versiersel wenkbroue op die 1ste twee kolwyntjie­s. Skep op die 2de ry Olaf se oë deur swart halfsirkel­s aan die buitenste dele van die kolwyntjie­s te spuit. Spuit met die wit versiersel blertse in die swart halfsirkel­s. Spuit swart op die wit om pupille te skep. Spuit dan die neus met die oranje versiersel. Spuit die mond met die swart, gevolg deur die knope. Spuit arms en vingers en drie slierte hare met bruin versiersel.

 ??  ?? Besoek huisgenoot.com om ’n video te kyk oor hoe om die Olaf-koek te pak en te versier. Kies “Wenresepte” op die keusebalk en klik op “Gebak”.
Besoek huisgenoot.com om ’n video te kyk oor hoe om die Olaf-koek te pak en te versier. Kies “Wenresepte” op die keusebalk en klik op “Gebak”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa