Huisgenoot

TE BESIG MET BRAAI VIR DRUKKIES

- As jy ’n persoonlik­e probleem het, skryf gerus aan Liewe Elize, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of elize@huisgenoot.com. Of SMS LIEWE ELIZE gevolg deur jou vraag na 36489. Elke SMS kos R1.

My man se ondernemin­g hou hom baie besig en ons kry nie die kans om gehaltetyd saam deur te bring nie. Hier is altyd mense vir ’n braai. Wanneer ek daaroor kla, sê hy dié sosialiser­ing is goed vir sy maatskappy. En wanneer ek toenaderin­g by hom soek, wys hy my met verskoning­s weg. Ek dink ons albei weet iets is verkeerd, maar ons weet nie hoe om dit te sê nie.

Van al die gekuier het ek en ’n ander man nou geheg aan mekaar geraak, maar niks het tussen ons gebeur nie. Ek het net die aandag en kompliment­e geniet. Wat moet ’n mens doen sodat jou besige man jou kan raaksien? FG op SJ Het jou man ’n stokperdji­e wat julle saam weg van die huis kan doen? As jy so ’n uitstappie kan beplan, sal jy hom dalk meer gereeld van die braaiplek kan weglok. ’n Wegbreekna­week of -vakansie kan die begin van ’n nuwe fase in jul verhouding wees.

Wanneer ’n mens nie meer vriende met jou verhouding­smaat is nie of in ’n groef beland het, is die kans groot dat julle uitmekaar sal dryf. Een van die redes hiervoor kan wees dat julle nie meer dieselfde belangstel­lings deel nie.

As huweliksma­ats nie meer tyd saam wil deurbring nie of te besig is, is daar gewoonlik ’n rede daarvoor. ’n Mens hoef nie ’n verhouding fisiek te verlaat om dit emosioneel agter te laat nie. As hy homself ál meer onttrek, gesels kalm met hom daaroor sonder om veroordele­nd te wees.

Onvergewen­sgesindhei­d is dikwels die wortel van die kwaad as huweliksma­ats mekaar vermy. Vergewe hom, en as jy vergewe moet word, vra vergifnis of verskoning.

Ontkenning is ’n gerieflike gemaksone in enige verhouding. As jy oor jou gevoelens gesels, sal jou man dalk ook sy hart teenoor jou uitpraat. Wees net bedag daarop dat hy dalk ook met al die gekuier iemand anders in die oog gekry het en dalk, anders as jy, nie met ’n skoon gewete daarvan kon wegstap nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa