Huisgenoot

HOOP VIR ’N NÓG BETER ETHIOPIË

Sy eerste vrouepresi­dent kan die vooruitgan­g versnel in dié land wat die afgelope 30 jaar uit ellende verrys het

-

IN DIE hele Afrika is net een vrou wat die titel president voor haar naam kan skryf. Sahle-Work Zewde het pas geskiedeni­s gemaak toe sy Ethiopië se eerste vroulike staatshoof geword het. Die stylvolle 68- jarige ma en ouma se prestasie is merkwaardi­g gegewe die patriargal­e samelewing van dié staat in Oos-Afrika. Volgens ’n studie wat deur die Verenigde Nasies gedoen is, maak vroue die helfte van die land se werkmag uit, maar die meerderhei­d van hulle word nie betaal nie, meestal omdat hulle op plase werk.

Met ’n vrou as president is daar nou nuwe hoop dat die winde van veranderin­g selfs sterker sal waai in dié land wat drie dekades gelede nog die toonbeeld van ellende was. Sedertdien het Ethiopië uit hongersnoo­d, armoede, ’n vlaag menseregte­skending sen onrus verrys tot ’n baken van hoop en vooruitgan­g.

Vandag spog die voorheen gefolterde land met een van die hoogste ekonomiese groeikoers­e – sowat 10% – wêreldwyd en met die winsgewend­ste lugredery in Afrika, Ethiopian Airlines.

Dis genoeg om Suid-Afrika groen van jaloesie te maak – ons ekonomiese groei- koers vir 2018 word op 0,7% geskat, en ons nasionale lugredery was pas weer in die nuus toe in die parlement geredekawe­l is oor of die skuldbelaa­ide lugdiens gesluit, verkoop of in vennootska­p bestuur moet word.

In “die Nuwe Ethiopië”, soos oudpres. Thabo Mbeki al ’n paar jaar gelede na dié land verwys het, kan ook vroue nou na ’n nuwe era uitsien.

“As die veranderin­g ewe veel deur mans en vroue aangevuur word, kan ons die momentum behou en ’n voorspoedi­ge land vry van diskrimina­sie skep,” het Zewde met die intrapslag gesê.

“As julle dink ek het nou genoeg oor vroue gepraat, is julle verkeerd. Ek het nog net begin,’’ het sy bygevoeg.

Dit is ook geen geval van een swaeltjie wat die somer moet maak nie. Kort voor die parlement haar einde verlede maand eenparig verkies het, is vroue in die helfte van die kabinetspo­ste aangestel.

Al is Zewde Afrika se enigste vrouepresi­dent – en dit van die naasgroots­te nasie op die vasteland (ná Nigerië) – is sy nie die eerste nie. In Liberië was Ellen Johnson Sirleaf van 2006 tot 2018 president, en in Malawi was Joyce Banda van 2012 tot 2014 die staatshoof.

Zewde is nie haar land se uitvoerend­e hoof nie – in Ethiopië is die politieke mag merendeels in die hande van die premier, Abiy Ahmed. As president sal sy take verrig soos om die parlement te open, ambassadeu­rs aan te stel, verhouding­s te bevorder en die vrede te help bewaar in dié land wat eers in Julie vanjaar amptelik vrede verklaar het ná ’n oorlog van 1998 tot 2000 en byna twee dekades van voortslepe­nde wrywing met sy buurland Eritrea.

Tog meen kenners soos die menseregte­aktivis Selam Musse haar aanstellin­g is “’n groot simboliese deurbraak”.

“Om ’n vrou as staatshoof te hê gaan ons almal aanvuur,” voorspel sy.

“Die feit dat sy die eerste vroulike Ethiopiese president geword het, sal ’n wonderlike teken wees dat ’n glasplafon afgebreek is en vroue hoë poste kan beklee,” beaam Abebe Aynete, ’n navorser van die Ethiopiese Instituut vir Buitelands­e Betrekking­s.

Ook die Ethiopiese premier se personeelh­oof, Fitsum Arega, is positief. “In ’n patriargal­e samelewing soos ons s’n normalisee­r die aanwysing van ’n vroulike staatshoof dit dat vroue besluitnem­ers in die openbare lewe is,” het hy getwiet.

DIE VROU AGTERR DIE TITETITEL

Zewde is Ethiopië se eerste eers vroulike staatshoof sedert keiserin kkeiserin Zewditu Ze in die vroeë 1900’s oor hierdie nasie n op die Horing van Afrikaa Afrika regeer het het.

Sy is in die Ethioopies­e Ethiopiese hoo hoofstad, Addis Abeba, AbebaAbeba, gebore as die died oudste van die vier dogters van ’n leëroffisi­er wat groot waarde aan goeie onderwys geheg het en het haar skoolloopb­aan aan die Franse internasio­nale skool Lycée GuébréMari­am in haar geboortest­ad voltooi.

Op 17 het sy met ’n beurs in Frankryk gaan studeer, waar sy ’n graad in natuurwete­nskappe aan die Universite­it van Montpellie­r behaal het.

Sy het opgang gemaak as haar land se ambassadeu­r in Frankryk, Senegal en Djiboeti en was die eerste vrou wat as hoof van die Verenigde Nasies se kantoor by die Afrika-unie aangestel is. Sy was ook by verskeie vredesproj­ekte in Afrika betrokke.

DIE JARE VAN ELLENDE EN STORMS

Anders as baie Afrikaland­e is Ethiopië nooit gekolonise­er nie, buiten vyf jaar tydens die Tweede Wêreldoorl­og, toe Italië onder Benito Mussolini hierdie Afrikakoni­nkryk van Haile Selassie I beset het.

Britse en Statebonds­magte het die Italianers help verdryf, en Haile Selassie het in 1941 weer die troon bestyg.

Nadat hy in die vroeë 1970’s in ’n staatsgree­p ontsetel is, het ’n donker era in die Ethiopiese geskiedeni­s aangebreek. In hierdie jare van droogte en hongersnoo­d is foto’s van verhongerd­e Ethiopiërs gereeld oor die wêreld heen gepublisee­r.

In 1974, dieselfde jaar waarin die dodetal weens hongersnoo­d in Ethiopië tot ’n geraamde 200 000 gestyg het, het genl. Tafari Benti homself tot staatshoof verklaar. Selassie het die jaar daarna raaiselagt­ig in aanhouding gesterf.

In 1977 is Benti vermoor en deur kol. Mengistu Haile Mariam, ’n Marxis, vervang. Tydens sy skrikbewin­d het derduisend­e teenstande­rs van die regering gesterf, en hongersnoo­d het in die vroeë 1980’s verwoestin­g gesaai toe hy ’n kollektiew­e landbouste­lsel gevestig het.

In 1991 het Mariam voor die Volksrevol­usionêre Demokratie­se Front landuit gevlug en in Zimbabwe gaan skuil.

Daarna het grenskonfl­ikte tussen Ethiopië en hul buurstaat Eritrea in ’n volskaalse oorlog van 1998 tot 2000 ontaard. Die lande het in 2000 ’n skietstils­tand ingestel, maar vrede is eers 18 jaar later, in Julie vanjaar, verklaar.

WINDE VAN VERANDERIN­G

Ethiopië se nuwe leiers wil hulle nou vir vrede en eenheid beywer – met die hulp van die vroue in hul geledere.

Met die onlangse kabinetsko­mmeling is ’n vrou as hul minister van verdedigin­g aangewys. ’n Vrou staan ook nou aan die hoof van die voorheen gevreesde intelligen­sieagentsk­ap wat tot die “Ministerie van Vrede” herdoop is.

“Waar daar nie vrede is nie, word vroue eerste geviktimis­eer,” het Zewde opgemerk.

Die land se ligging maak hom ’n ideale handelspoo­rt na byvoorbeel­d die naasgroots­te en derde grootste ekonomieë ter wêreld – China en Japan. Sedert die laat 1990’s het Ethiopië ook erns gemaak met die verbeterin­g van vervoerinf­rastruktuu­r. Sy fokus op beleggings in openbare infrastruk­tuur en vervaardig­ing het grootliks daartoe bygedra dat die Wêreldbank hom later kon prys vir sy gemiddelde ekonomiese groei van 10,9% in die dekade tot 2015.

Ethiopië wil hom as Afrika se vervaardig­ingspilpun­t vestig en het in onlangse jare toenemende beleggings van China gelok. Maatskappy­e van 10 ander lande benewens China het byvoorbeel­d ook belê in die land se reusagtige Hawassa- nywerheids­park wat 140 ha van fabrieke behels en na verwagting eindelik 60 000 werkgeleen­thede kan verskaf.

Beleggers sê hulle kies Ethiopië oor sy groot bevolking (sowat 105 miljoen), jong, groeiende werkmag, stabiele arbeidsmar­k, bekostigba­re produksiek­oste en sy stabiliser­ende politieke situasie van die afgelope jare.

Ethiopië het sedert 2010 werk gemaak van hul “Groei-en-transforma­sieplan”. Die plan, in sy tweede fase, se hoofpunte was die aansporing van buitelands­e beleggings, die uitbreidin­g van infrastruk­tuur en ’n enorme toename in die land se kragopwekk­ingsvermoë en getal selfoon- en internetge­bruikers.

Projekte soos die Groot Renaissanc­edam wat hidroëlekt­riese krag aan die land en sy bure sal verskaf, en die nuwe Ethiopië-Djiboeti-spoorlyn van sowat 750 km, wat vervoertyd van en na hawens beduidend verkort, is toonbeelde van die vordering.

Intussen is Ethiopian Airlines, die Afrikarede­ry wat die meeste roetes op ons vasteland en oorsee bedien, een van die snels groeiende rederye wêreldwyd.

Nou is dit mense soos Zewde se taak om die volgende hoofstuk in Ethiopië se verhaal van hoop en vooruitgan­g te help skryf. BRONNE: UN.ORG, BBC, ADDISSTAND­ARD.COM, AWIB.ORG.NET, THECONVERS­ATION.COM, NYTIMES.COM, REUTERS, AL JAZEERA

 ?? Saamgestel deur RICHARD VAN RENSBURG ?? Sahle-Work Zewde, Ethiopië se eerste vroulike president, wil ’n belowende ekonomie help uitbou.
Saamgestel deur RICHARD VAN RENSBURG Sahle-Work Zewde, Ethiopië se eerste vroulike president, wil ’n belowende ekonomie help uitbou.
 ??  ?? TOE BO: ’n ’ n Foto FFoto van kinders in 1984 in ’n ’ n noodsentru­m spreek van Ethiopië se destydse hongersnoo­d. REGS: DDaarentee­n lyk dié kleintjies, laas jaar in Addis AAbeba, gelukkig en gesond.
TOE BO: ’n ’ n Foto FFoto van kinders in 1984 in ’n ’ n noodsentru­m spreek van Ethiopië se destydse hongersnoo­d. REGS: DDaarentee­n lyk dié kleintjies, laas jaar in Addis AAbeba, gelukkig en gesond.
 ??  ?? Zewde en die premier, Abiy Ahmed, pas ná haar inhuldigin­g. In haar het hy ’n hervorming­sgesinde bondgenoot.
Zewde en die premier, Abiy Ahmed, pas ná haar inhuldigin­g. In haar het hy ’n hervorming­sgesinde bondgenoot.
 ??  ?? NOU
NOU

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa