UILE NET WAAR JY KYK
Paul het ’n versameling van derduisende uile u in allerlei media, baie waarvan hy self geskep g het
STAP ’n mens by die hek in, sien jy net uile. Uile in die tuin, op die teëls, op klippe en teen die muur. Dis nog niks. Want stap jy dan in Paul Malan se ateljee in by die Buffelskloof Lodge in die Lydenburgdistrik in Mpumalanga, val jou mond behoorlik oop. In ’n reusevertoonkas sit hulle; rye en rye van hulle, grootoog en met spitsore en ronde lyfies. Uile in elke kleur van die reënboog, honderde van hulle.
En dié groep geveerdes is net ’n deel van Paul se versameling, moontlik die grootste versameling uilbeelde, -prente, -poppe en -afbeeldings in die land.
Wanneer ’n mens voor die vertoonkas staan, lyk dit byna of die gedroggies in die helder verligte kas jou dophou; talle pare groot oë kyk jou stip aan.
Bygelowiges wat glo ’n geveerde nagtelike besoeker op die dak beteken die dood kom nader, sal dalk rillings kry.
“Ja, daardie bygeloofstories hoor ek gereeld, maar dit is sommer nonsens,” sê Paul (67) en lag. “Vir my bring hulle net rustigheid.”
Paul reken hy het tussen 10 000 en 15 000 uile van verskillende groottes in sy versameling by die lodge, waarvan hy die mede-eienaar is.
Talle uile is sy eie handewerk k wat hy kunstig uit pottebakkerssklei gevorm of op klippe en teëls s geskilder het. Hy maak ook uile e uit borduurkrale.
Vriende en kennisse dra graag g vir hom uile as geskenke aan, n, en wanneer hy op ’n unieke uillmodel in ’n winkel afkom, stap hy y selde met leë hande weg.
“’n Mens kan seker sê ek is ’n n bietjie obsessief oor uile,” sê hy.
Benewens die uile in sy ateljeeevertoonkas van 5 x 2 m kry ’ n mens ook uile om elke hoek en n draai van die lodge.
In een hoek van die tuin staan n drie uile van amper 1 m hoog g langs mekaar. Teen die buiteemure van die chalets loer uillgesigte uit muurbehangsels wat at Paul uit ’n sementmengsel maak. k.
“Ek het al dikwels vir myself lf gesê dit is nou te erg; ek moet opphou,” erken hy. “Maar wanneer ek k my kom kry, is ek weer in die ateljee besig om ’n volgende uil- be beeld of -patroon te skep.” Nie al die besoekers aan die lo lodge voel tuis in soveel uile se ge geselskap nie. Eenkeer het beso soekers reeds ingeteken toe dit hu hulle opval oral is uile. Hulle he het onmiddellik hul tasse gepa pak en weggejaag. “Hulle het n net gesê hier slaap hulle nie.”
VRA ’n mens Paul waar sy ding met uile vandaan kom, moet hy eers mooi dink. In die vroeë 1970’s het ’n vriendin vir hom ’n gebreide uiltjie present gegee, onthou hy. Dié soort sagte speelgoed in die vorm van tossels was in daardie jare uiters gewild en is dikwels aan motors se binne-
spieëls as versiering gehang.
Paul was toe met ’n diplomakursus in handelskuns aan die destydse Pretoriase Technikon besig, en beeldbouwerk-enskilder was een van sy vakke.
In sy finale jaar moes hy ’n werkstuk met 10 ontwerpe van dieselfde tema indien.
“My tema was uile; moenie vra hoekom nie. My ontwerpe is as die beste aangewys en ek het die prysgeld van R25 gewen,” vertel hy.
“Sjoe, vir ’n student was dit ’n helse klomp geld.”
Dit was immers in ’n era toe ’n pakkie sigarette 10c en ’n liter petrol 20c gekos het.
Met so ’n gelukskoot was dit dalk geen wonder nie dat hy ’n voorliefde vir uile ontwikkel het.
“Toe ek weer sien, het ek ’n hele klompie uile in my studentekamer. Die meeste van daardie oorspronklike uiltjies het ek uit pottebakkersklei gemaak.”
Ná sy studie het Paul in die advertensieafdeling by die destydse mediamaatskappy Perskor in Pietersburg (nou Polokwane) gewerk. In sy vrye tyd het hy steeds geskilder en ’n paar uitstallings in die destydse Noord-Transvaal gehou.
“Ek het darem nie net uile geskilder nie, hoor,” sê Paul. “Ek het ook wild- en natuurtonele op doek geskep.”
Nadat hy die koerantwese in die vroeë 1980’s vaarwel toegeroep het, het hy hom in die Lydenburgomgewing gevestig, waar sy bejaarde ouers, Lukas en Annetjie, toe geboer het.
As die enigste kind het hy sy pa met die boerdery gehelp, maar ook stelselmatig sy eie grond begin koop.
Vandag besit hy vier plase, maar hy boer nie meer self nie. Die grond word verhuur en die lodge is sowat 15 jaar gelede op een van die plase gebou.
“As ek een ding van my ouers kan sê, is dit dat hulle my altyd in my kunsstudie gesteun het.”
Sy ouers het ook gereeld vir hom uiltjies as ’n verjaardag- of Kersgeskenk gegee.
“Maar toe kom Desember 1995, en daarna was Kersfees nooit weer dieselfde nie. Nooit,” sê hy.
Paul vertel sy pa is op 20 Desember daardie jaar in die ouderdom van 81 jaar aan ’n hartaanval oorlede.
“Ma Annetjie het voet by stuk gehou pa moet m voor die 25ste begrawe word, want hy gaan nie Kersdag in ’n yskas deurbring nie. ni Drie dae later het ons hom op die plaas pl begrawe. Voor Kersdag, soos ma dit di wou gehad het.”
Maar die aand ná die begrafnis breek sy toe haar heupbeen nadat sy dit gestamp st het.
Terwyl Paul met haar Pretoria toe gejaag ja het, het sy ’n bloedklont deur haar hart ha gekry en toe sterf sy in sy motor.
“Toe is dit sy wat op Kersdag in ’n yskas moet m lê,” sê Paul en skud sy kop.
“Hoeveel van die uile in my versameling lin kom van hulle?” vra hy homself oor die talle geskenke wat hy by sy ouers gekry het. Dan beantwoord hy sy eie vraag: “Ek weet nie, maar beslis ’n hele paar honderd.”
Later vertel hy van sy droom om eendag weer ’n kunsuitstalling te hou. “Ek is nou eers 67 jaar oud; ek kan nog baie beelde skep of skilder.”
Die ongetroude Paul het geen erfgenaam nie en is onseker wat van sy versameling uile gaan word wanneer hy die dag nie meer hier is nie.
Hy onthou die gesprek oor uile wat hy sowat vyf jaar gelede met ’n verkoopsvrou gehad het wat haar astrologie ken.
“Sy wou by my weet of ek ’n Waterdraer is. Toe ek my sterreteken bevestig, sê sy byna 90% van die mense wat ’n obsessie met uile het, is Waterdraers.”
Ná sy derde koppie tee maak hy aanstaltes om te gaan slaap.
Paul het dalk nie ’n uil op sy dak nie, maar hy het duisende uile wat snags oor hom waak.
‘Die bygeloofstories hoor ek gereeld; dis nonsens’