Huisgenoot

LIEFDE HET ÁLLES DAARMEE TE DOEN

In dié uittreksel uit haar smeulende nuwe memoires bied die rockgodin Tina Turner ’n intieme blik op haar romanse met haar tweede, veel jonger man en sy vertel hoe hy haar die gawe van lewe gegee het deur vir haar ’n nier te skenk

-

MY TROUDAG kon nie meer volmaak of skouspelag­tig gewees het nie. En dit het niemand in die minste getraak dat ek toe al 73 jaar oud was nie. Ek het die hele ding self gereël en onder meer 100 000 rose ingevoer om die erf van ons huis in Switserlan­d te versier.

Terwyl vriende op die pragtige dag in Julie 2013 vergader en aan sjampanje teug, hang die wonderliks­te geur in die lug. My keuse van troumusiek is weldeurdag. Luister ’n mens na Frank Sinatra se My Way, beskryf die woorde my lewe volmaak: The record shows I took the blows / And did it my way.

Daardie een móés ek net speel. Ten spyte van my stormagtig­e eerste huwelik met Ike Turner het ek liefde gevind wat my wildste drome oortref. Eers toe ons vir die foto’s regstaan, begin ek ’n bietjie vreemd voel. Dit moet die hitte wees, dink ek, of die rok – ’n Armani-heerlikhei­d van groen tafsy, swart sytulle en Swarovski-kristalle wat elke oomblik swaarder voel.

Later sou dit blyk daardie duiselighe­id was die eerste teken van ’n bittere beproewing wat later sou volg . . . ’n nagmerrie wat eers sou eindig toe my dierbare man, Erwin, vir my die grootste geskenk aanbied wat hy kan; die geskenk van die lewe self.

Ek en Erwin het mekaar 28 jaar tevore die eerste keer ontmoet. Ek het toe die

wêreld vol gereis met my Private Dancertoer, wat my baie min tyd vir ’n persoonlik­e lewe gelaat het. Nie dat ek ooit baie kêrels gehad het nie – ek was my hele jeug saam met Ike – en ná my egskeiding was dit dikwels meer moeite om met mans uit te gaan as wat dit werd was. Ek was nooit een van daardie vroue wat moes seks hê, maak nie saak wat nie. Eerlikwaar, ek sou soms ’n jaar lank daarsonder klaarkom.

In daardie week in 1985 was my volgende optrede in Keulen, Duitsland. Toe ek en my bestuurder, Roger, daar land, is ek moeg en ’n bietjie bedruk terwyl ek dink aan die uitmergele­nde toerprogra­m wat voorlê.

Ons stap deur die lughawe toe ’n jong man van agter ’n pilaar uitkom om ons te groet. Ek dink eers hy’s dalk ’n aanhanger, maar Roger groet hom hartlik. Erwin Bach, ’n uitvoerend­e beampte van EMI, my platemaats­kappy in Europa, het ’n verrassing­sgeskenk van Roger aan my kom oorhandig – ’n nuwe Mercedessp­ortnutsvoe­rtuig, die skaars G-Wagon. Maar die eintlike verrassing is nie die

motor t nie, i maar die di man.

My hart begin skielik BOEM, BOEM, BOEM klop en doof alle ander geluide uit. My hande is yskoud. Dan is dit wat hulle liefde met die eerste oogopslag noem, dink ek. Liewe Vader, ek is nie reg hiervoor nie.

Roger spring in ’n wagtende limousine en ek klim saam met Erwin in die

G-Wagon sodat hy my op pad hotel toe alles daaroor kan vertel. Ek bestudeer sy profiel. Hy is jonk, omtrent 30, raai ek, en hy is baie aantreklik, maar nie op die konvension­ele manier nie. Donker hande, baie mooi hande. Sy hande betower my . . .

Skielik voel ek onseker oor my eie voorkoms. Ek dra ’n Issey Miyake-langmoutop by leerjeans – ruk-en-rol-drag – en my hare is ’n groot, welige bos. O, en asof

die hare nie erg genoeg is nie, is ek 46, geskei en die ma van twee seuns en twee stiefseuns wat al so te sê self volwasse mans is.

Wat gaan deur Erwin se gedagtes? Later, veel later, sou ek uitvind hy het dieselfde onverklaar­bare elektrisit­eit tussen ons gevoel. Toe hy na my kyk, het hy vertel, het hy nie die “ster” of my velkleur of enige ander besonderhe­id raakgesien nie. Hy het net ’n baie begeerlike vrou gesien.

In die G-Wagon is ons gesprek ’n bietjie gespanne. Ons kry dit reg om hortend oor die instrument­paneel en ander onskadelik­e dinge te praat tot ons by die hotel aankom. Nadat ons gegroet het, val ek op my hotelbed neer en dink: “Hemel, hy’s wonderlik. Regtig wonderlik. Wat doen ek nou?”

TOEVALLIG kry ek Erwin weer by ’n paar aandetes te sien wat EMI gereël het. Die tweede keer sit ons langs mekaar. Ek sê toe vir myself: Ek gee nie om nie; ek gaan hom net vra. “Erwin,” fluister ek, “wanneer jy Amerika r toe kom, wil ek hê jy moet met my liefde l maak.”

Hy draai sy kop stadig en kyk my aan asof a hy nie sy ore kan glo nie. Ek kan ook nie n glo ek het dit gesê nie.

Later het hy vir my gesê ’n vrou het hom h dit nog nooit tevore gevra nie. Sy eerste gedagte was: “Sjoe, die Kalifornie­se vroue is wild.” Maar ek was nie wild nie. Ek het nog nooit tevore so iets gedoen nie. Ek het myself nie herken nie.

Eindelik kom Erwin Los Angeles toe vir sake, en ek kry hom weer by ’n aandete te sien. Daarna nooi ek almal na my huis. Dis toe dat ons ware romanse begin.

Musiek speel, die ander gaste dryf weg, die soenery begin en ons soen die hele pad tot in die slaapkamer. Erwin bly die aand by my oor.

Die volgende oggend moet hy op ’n sakereis na Hawaii vertrek. Twee dae lank boer hy in my gedagtes – en toe bel hy en noem terloops sy reis is gekanselle­er. Hy het heeltyd ’n paar kilometers van my in Malibu saam met sy kollegas uitgehang en nie daaraan gedink om dit vir my te sê nie. Ek probeer kalm bly, maar in my binneste is ek briesend.

’n Paar maande gaan verby. Ek loop Erwin raak terwyl ek Private Dancer in Basel, Switserlan­d, bemark, en al my gevoelens kom met mening terug. Ek huur

Hemel, hy’s wonderlik. Regtig wonderlik. Wat doen ek nou?

’n huis in Gstaad vir die vakansie enn nooi hom en van die ander mense e van EMI om te kom kuier. Een aand d daag Erwin alleen op. Hy dra ’ n vreemde Duitse hoedjie en straal ’n n manlikheid uit wat ek onweerstaa­n- nbaar vind.

Teen die einde van die aand besluit it ek om sak en pak by hom in te trek. k. Daarna sou my tuiste wees waar ar Erwin ook al is. So begin my liefdes- sverhaal met ’n man wat 16 jaar jonger er as ek is. Maar dit is nooit vir my ’n kwessie nie.

Vir die wêreld is Erwin dalk Tina se “jonger man”, maar eintlik is hy in sy hart 60 en ek 16. Hy was nog altyd ’n ou siel. En hy is baie meer volwasse as ek: Hy dink vooruit en is versigtig, terwyl ek eerder sal inspring sonder om te kyk.

Op 46 het ek in elk geval nie ouer as Erwin, toe 30, gelyk nie. En ek sou later ook nie ouer as hy begin lyk nie. Ek dink nooit oor die ouderdomsv­erskil nie. Ek voel ook nie eens ek hoef moeite te doen om mooi te lyk in die bed nie; ek is verby daardie stadium. Wat het liefde daarmee te doen? Baie! Dit sou later blyk ek het die regte besluit geneem toe ek my 10 Louis Vuitton-tasse pak en by Erwin se tweevertre­kwoonstel in Keulen intrek. Daar merk ek op dit het ’n wonderlike klankstels­el, maar weinig meer. Toe ek Erwin ’n bietjie beter leer ken, kom ek agter “minimalis” is sy middelnaam: Hy verpes ’n klomp goed wat rondstaan. Ek sal weer op elke oppervlak boeke, kerse, foto’s, potpourri, enigiets neersit om dit persoonlik­heid te gee.

Al verskil ons dekorsmaak hemelsbree­d, is ek halsoorkop verlief op Erwin. Vir die eerste keer voel ek ek is waarlik in ’n verhouding. Dit is hoe dit veronderst­el is om te wees, sê ek vir myself.

In 1989, met my 50ste verjaardag wat nader kom, vra hy my die jawoord. Maar ek is nie seker hoe ek oor die huwelik voel nie. Die huwelik kan dinge laat verander en in my ervaring nie altyd ten goede nie.

Die volgende paar jaar bring ons baie tyd saam in Keulen deur en in ’n huis wat ek in die suide van Frankryk koop. In 1995, toe Erwin gevra word om die EMIkantoor in Switserlan­d te bestuur, het ek hom soos ’n goeie Duitse frau vergesel. Ons trek by ’n ou villa aan die Zürichmeer in, waar ons vandag nog woon.

In 2008 vertrek ek op my 50th Anniver- sary-toer om my halfeeu as sangeres te vier. Ek is opgewonde om weer te werk, maar ek kom agter ek is nie so energiek soos ek altyd was nie.

Dis waar; ek is 69 en op ’n veeleisend­e wêreldtoer. En ek het hoë bloeddruk, waarvoor ek sedert 1985 medikasie gebruik. Is dit waarom dit elke druppel energie van my verg om elke aand my vertoning te lewer?

Nadat ek soveel jare so hard gewerk het, is ek reg om op te hou. Aan die einde van die toer hang ek my dansskoene op en gaan huis toe. Uit die staanspoor geniet ek aftrede. Ek wil net kos koop, saam met Erwin gaan stap, in my tuin werk, kyk hoe die seisoene by die meer verander en, bowenal, die stilte geniet.

Ek voel goed. Ek het nooit gerook of dwelms gebruik nie. Ek is nog viets en fiks ná 50 jaar van strawwe oefening op die verhoog. Ek lyk ook nog heel goed: In 2013 vra die Duitse Vogue my trouens om op hul voorblad te verskyn. Ek dink ek kan met veiligheid sê op 73 is ek toe die oudste “voorbladme­isie” in Vogue se geskiedeni­s.

Die vorige jaar vra Erwin my weer om te trou en dié keer sê ek met oorgawe ja. Dit is ’n verbinteni­s wat nie vir my maklik is om aan te gaan nie, maar ek weet hy is die liefde van my lewe.

Maar as jy die noodlot wil uitdaag, moet jy planne beraam.

OP ’N doodgewone Oktoberogg­end in 2013, net drie maande ná ons wonderlike troue, word ek wakker en voel ’n weerligstr­aal my kop en regterbeen tref. Ek probeer praat, maar kry geen woord uit nie.

Dis ’n beroerte. Dit is ’n groot slag vir my liggaam: My hele regterkant voel lam. Ek moet met ’n fisioterap­eut saamwerk om weer te leer loop, sê ’n dokter vir my, en dit sal ’n probleem wees om my regterhand te gebruik. Maar die sielkundig­e uitwerking is nog erger. Ek voel mistroosti­g.

Maar ek sit nie net met die nagevolge van die beroerte nie: My dokter is bekommerd my hoë bloeddruk kan my niere aantas. Hy verwys my na ’n spesialis. Dr. Jörg Bleisch, ’n uitstekend­e nefroloog, lig my in my niere funksionee­r net 35% normaal.

Ons moet dit fyn dophou, sê hy, en skryf nog medisyne voor om my bloeddruk te beheer. Ná ’ n ruk begin ek ’ n weersin in al die medisyne ontwikkel; ek is seker dit laat my minder op en wakker voel.

Toe ’n vriend ’n homeopatie­se dokter in Frankryk aanbeveel, besluit ek om my vertroue in ’n genesing van ’n ander soort te stel. Die homeopaat vervang my konvension­ele medisyne met homeopatie­se

Toe skok hy my. Hy sê hy wil vir my een van sy niere gee

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Tina Turner tree in 2009 in Arnhem, Nederland, op. BO: Vroeër vanjaar saam met haar man, Erwin Bach, by die Paryse Modeweek in Frankryk. Hy is 16 jaar jonger as sy en hulle is al 27 jaar saam.
HOOFFOTO: Tina Turner tree in 2009 in Arnhem, Nederland, op. BO: Vroeër vanjaar saam met haar man, Erwin Bach, by die Paryse Modeweek in Frankryk. Hy is 16 jaar jonger as sy en hulle is al 27 jaar saam.
 ??  ?? BO: Erwin en Tina in 1985 in Hollywood, kort nadat hulle begin uitgaan het. REGS: Die egpaar in 2013 op hul troudag saam met haar oudste seun, Craig (links), en twee van haar bekende vriendinne, Oprah Winfrey (naaslinks) en Gayle King.
BO: Erwin en Tina in 1985 in Hollywood, kort nadat hulle begin uitgaan het. REGS: Die egpaar in 2013 op hul troudag saam met haar oudste seun, Craig (links), en twee van haar bekende vriendinne, Oprah Winfrey (naaslinks) en Gayle King.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa