Huisgenoot

SO WERK DIT IN DIE PRAKTYK

-

VOORBEELD 1: Calvin bedank by sy werk. Hy is 40 en die waarde van sy pensioenfo­nds is R1,5 miljoen. Hy besluit om die helfte, R750 000, te onttrek. UITWERKING VAN BELASTING OP SY ONTTREKKIN­G: Op R750 000 is die belastinga­ftrekking R114 300 + 27% van die bedrag bo R660 000 (R24 300 in dié geval), dus R138 600. As jy die R138 600 van R750 000 aftrek, kry Calvin slegs R611 400. UITWERKING OP AFTREEGELD: Gestel Calvin betaal nie weer enige bydraes nie en die oorblywend­e R750 000 in die fonds verdien groei van 10% nadat fooie afgetrek is. As hy op 65 aftree, sal die fondsgeld R8,126 miljoen werd wees, teenoor die R16,252 miljoen as hy niks sou onttrek nie. Hy het net R750 000 onttrek, maar sal sowat R8 miljoen minder aftreegeld hê. Op 41 moet hy nou R47 872 per jaar begin bydra en dit jaarliks met inflasie verhoog.

VOORBEELD 2: Leanne is 40 jaar oud en het R850 000 in ’n bewaringsf­onds. Sy mag ’n eenmalige onttrekkin­g doen en besluit om die helfte (R425 000) te onttrek. UITWERKING VAN BELASTING OP HAAR ONTTREKKIN­G: Die belasting op haar vroeë onttrekkin­g is 18% op die bedrag bo R25 000 (in dié geval R400 000). Sy kry R353 000 ná belasting. UITWERKING OP AFTREEGELD: As die oorblywend­e R425 000 groei teen 10% per jaar nadat fooie afgetrek is, sal die fondsgeld R4,605 miljoen beloop wanneer sy 65 is.

Onttrek sy niks, sal haar aftreegeld R9 209 500 wees.

Al het sy dus net R425 000 getrek, verloor sy eindelik sowat R4,6 miljoen van haar totale fondsgeld.

Om te vergoed, moet sy op 41-jarige ouderdom begin om R51 184 per jaar by te dra en dit jaarliks met inflasie verhoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa