Huisgenoot

BEKENDESSE­HUISE INPUINGELÊ

-

Honderddui­sende Kalifornië­rs moes vlug voor die wegholbran­de wat deur die Amerikaans­e deelstaat woed, en talle spoghuise is tot op die grond afgebrand. Ook die glansmense is nie ontsien nie.

Die sangers Robin Thicke en Miley Cyrus en die akteur Gerard Butler het aanlyn vertel hul huise is vernietig in die brande in die suide van Kalifornië.

Robin se meisie, April Love Geary, het op Instagram ’n foto geplaas van die oorblyfsel­s van die huis van sowat R34 miljoen waarin sy, die 41-jarige Blurred Linessange­r en hul dogter, Mia (8 maande), woon.

’n Stroewe Gerard (48) is afgeneem toe hy na sy eiendom in Malibu terugkeer – net betyds om te sien hoe die vlamme dit verteer.

Hy het ’n foto op Instagram van die verwoestin­g gedeel terwyl hy voor die oorblyfsel­s van die gebou en sy uitgebrand­e trok gestaan het.

“Na my huis in Malibu teruggekee­r nadat ek dit ontruim het. Hartverske­urende tye oral in Kalifornië,” het die Den of Thievesakt­eur by die kiekie geskryf.

Miley (25) het op Twitter onthul sy en haar kêrel, Liam Hemsworth (28), is ook onder die Kalifornië­rs wat ’n huis verloor het.

“Totaal verslae oor die brande wat my gemeenskap raak. Ek is een van die gelukkiges. My diere en die liefde van my lewe het veilig uitgekom en dis al wat nou saak maak. My huis staan nie meer nie, maar die herinnerin­gs wat ek saam met familie en vriende gedeel het, staan sterk,” skryf die musikant.

“Ek is dankbaar vir alles wat ek oorhet,” sê Miley, wat in haar liedjie Malibu aan die Kalifornie­se natuurskoo­n hulde bring.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa