Huisgenoot

My obsessiewe, inmengerig­e skoonsus verwoes huwelike en families

-

MY

skoonsuste­r het ’n ongesonde obsessie met haar broer, met wie ek voorheen getroud was.

Dwarsdeur ons huwelik het sy die een snedige aanmerking ná die ander gemaak en elke fout wat ek gemaak het teen my gebruik.

Ek het in my hart geweet my man sal nooit vry van haar kan wees tensy hy teen haar opstaan nie. Dit het nooit gebeur nie. Deur die jare het hy altyd haar kant gekies.

Toe eendag sê my skoonsuste­r vir haar broer: “Skei haar, boetie.” En hy skei my. Sy sal nooit die seer en skeur sien wat sy in ons gesin veroorsaak het nie.

Vyf maande ná ons egskeiding sê my toe eksman vir my hy moes nooit na sy sussie geluister het nie. Maar dit was te laat vir hom. Hy was in ’n nuwe verhouding. Sy sussie het hom laat glo die ander vrou sal hom gelukkig kan maak. Daarna het die een leuen op die ander gevolg. Die seerste ding is dat niemand in ’n egskeiding wen nie. Almal verloor, of dit nou familie, finansies of gesondheid is wat daaronder ly.

Ons familie is vir ewig opgebreek. Niemand kan daardie ketting weer heelmaak nie. Ons kinders en kleinkinde­rs sal nie weer verjaardae en Kersfees as ’n gesin kan vier nie. Hierdie familie gaan nooit weer op ’n spesiale dag of oomblik saam kan wees nie – want ons is ’n opgebreekt­e familie te danke aan jou.

Maar jy gaan eendag hiervoor moet verantwoor­ding doen. Net soos jy met jou broer se huwelik gemaak het, het jy die ander vrou wat jy aan hom afgesmeer het se familie ook opgebreek. Jy het meer as een gebroke familie aan jou hande. Nou is dit van my hart af. As jy dalk wou weet, ons is gesond en het vrede. En ek vergewe jou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa