Huisgenoot

Vian vang haaie, is ’n slimkop en ’n TV-gunsteling

VIAN SINGLETON (13) HEHET DIEP IN KYKERS SE HART INGEKRUIP AS DIE JJONG THOMAS T IN 7DE LAAN, MAAR DIÉ MANNETJIE HETT DUIDELIKDU­ID VELE ANDER TALENTE: HY VANG ONDERR ONDER MEER MEE IN SY VRYE TYD HAAIE VIR NAVORSING!NAVORSINNG!

- Deur D ABBY-GENE BISSOLATI

Hallo, Thomas

Thomas Fouché, Esti se seun in 7de Laan, is ’n tipiese 14-jarige wat met alledaagse tieneruitd­agings worstel. “Ek geniet dit ongeloofli­k baie om deur Thomas se lewensverh­aal tieners te help om probleme met boelies, tegnologie, hul ouers en verhouding­s beter te kan hanteer,” sê Vian, wat net ’n jaar jonger as sy karakter is. Vian, wat op Meyerton woon, is ’n gr.7-leerder aan die Laerskool Midvaal, waar hy vanjaar ook hoofseun is. Hy en Thomas het baie met mekaar gemeen. “Ek gee baie om vir ander mense, net soos wat Thomas tog ’n sagte plek vir Jacques Burger (Ruan Wessels) in die sepie gehad het, al is hy deur hom geboelie. Ek is baie lief vir my ouers, Anthony en Riëtte, en Thomas is ook baie beskermend teenoor sy TV-ma, Esti.” Hy en Thomas is albei “mal oor die buitelewe en sport” en “akademies sterk”. “Dit kom dus vir my baie natuurlik om Thomas te speel.”

Hollywood wink

Dié Di boorling van Vereenigin­g se akteursloo­pbaan het op nege begin. Sy ouers het in 2015 op radio gehoor geho ’n Amerikaans­e ta- t lentagents­kap lentagents­ka hou oudisies oudisie vir plaaslike talent tale

om aan ’n kompetisie in Los Angeles deel te neem. Hulle het hom ingeskryf, hy’t op ’n vliegtuig Amerika toe gespring en met twee pryse huis toe gekom – dié van junior akteur en junior model van die jaar.

Vian het met sy terugkoms ’n agent gekry en oudisies begin aflê.

’n Jaar later het hy sy eerste fliekrol losgeslaan as die jong Dap Smit in die plaaslike oorlogsfli­ek My Father’s War. Dit was “ ’n lekker avontuur”, vertel hy.

In dieselfde jaar het hy ’n rolletjie losgeslaan in die oorsese wetenskaps­fiksieaksi­efliek Resident Evil: The Final Chapter as ’n skoolkind wat deur ’n zombie aangeval is.

En dit nogal teenoor die Hollywoods­ter Milla Jovovich! “Wat ’n belewenis,” sê Vian. Hy’t saam met Milla die fliek in die Kaap geskiet.

Ligte, kamera, aksie

Vian is boonop in November 2015 gekies om model te speel vir Land Rover se nuwe klerereeks.

“Ek was ook baie gelukkig om gekies te word vir die Sunfoil-advertensi­es saam met die Protea-krieketspe­lers, wat steeds tydens krieketwed­stryde uitgesaai word.”

Hy geniet modelwerk. “Wat is nou beter as om op lekker harde musiek in mooi klere rond te loop,” sê hy.

Fiela Se Kind

’n Pel het Vian verlede jaar vertel van die landwye soektog na ’n akteur om die rol van die jong Benjamin teenoor Shaleen Surtie-Richards in die teaterprod­uksie van Fiela Se Kind te speel. Toe slaan hy die rol los.

“Ek het saam met die produksie landwyd en na Namibië getoer en in die mooiste teaters opgetree,” vertel Vian. Hy’t in dié rol geskitter en selfs ’n BroadwayWo­rld South Africa-prys vir sy spel gewen. Verlede jaar het hy ná verskeie oudisies die rol van Thomas in 7de Laan gekry. “Dit is hier waar ek regtig die fynere kunsies van TV- en kamerawerk aangeleer het by ’n ‘familie’ van wonderlike akteurs by wie ek elke keer op die stel iets nuuts leer. Ek geniet 7de Laan verskrikli­k,” vertel hy.

Sportmal

Vian se gunsteling­sportsoort­e is atletiek en rugby. “Ek het vanjaar in albei sportsoort­e op provinsial­e vlak deelgeneem,” sê hy. Vian neem aan naelloop, die 100 en 200 m, deel. Hy’s ook ’n kranige rugbyspele­r en speel linkervleu­el. “Ek het in die Cravenweek vir die Valke se o. 13- en sewesspan gespeel.”

Haaivanger

Hy’s ’n enigste kind en ook die enigste akteur in die Singletong­esin. “My pa, Anthony, is ’n sektorbest­uurder vir ’n internasio­nale chemiese en farmaseuti­ese maatskappy en my ma, Riëtte, ’n farmaseuti­ese verteenwoo­rdiger.”

In sy vrye tyd geniet hy PlayStatio­n-speletjies saam met sy pelle en visvang. Hy hou ook daarvan om “skaak te speel en fiets te ry en met lekker musiek te ontspan”.

Sy gunsteling­tydverdryf sal egter die oë laat rek – om saam met sy pa haaie te vang, te merk en weer vry te laat vir navorsing. “Ek het al in Namibië ’n bronshaai van 100 kg gevang en weer vrygelaat,” vertel hy trots.

Hy en sy ma het ook ’n ooreenkoms om elke nuwe Disneyflie­k wat uitkom saam te gaan ga kyk.

Dié fliekvlooi se hondevrien­d, ’n poedel, is boonop genoem na ’n Disneyprin­ses: Cinderella.

Toekomspla­nne

Hy sal altyd ’n akteur bly, maar wil graag g eendag ’n beroep in ’n wiskundige rigting ri volg. “Soos ’n ingenieur.” Kleintyd wou hy ’n WWE-rofstoeier word. “En wie weet, enigiets is moontlik. Dit is ook mos toneelspel,” sê hy.

G’n wonder die voormalige WWE-ster Dwayne Johnson is een van sy inspirasie­s nie. Hy glo juis hy en The Rock gaan nog eendag e saam in ’n rolprent speel.

 ??  ??
 ??  ?? Vian op die stel van Resident Evil: The Final Chapter saam met die Hollywoods­ter Milla Jovovich.
Vian op die stel van Resident Evil: The Final Chapter saam met die Hollywoods­ter Milla Jovovich.
 ??  ??
 ??  ?? Vian vang bronshaaie, merk hulle en laat hulle weer vry.
Vian vang bronshaaie, merk hulle en laat hulle weer vry.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa