Huisgenoot

Liewe Elize

-

My oudste seun is onlangs met ’ n baie oulike vrou getroud. Ek en my man het 18 jaar gelede in moeilike omstandigh­ede met ’n ondernemin­g begin. My tweede seun was drie dae oud toe ek hom in iemand anders se sorg moes los om brood op die tafel te kry. Ek was verteenwoo­rdiger, boekhouer, tikster en loonklerk. Dit was ’n moeilike tyd met baie trane, min slaap en groot opoffering­s.

My skoondogte­r is nou ons ondernemin­g se verteenwoo­rdiger, maar sy dra skandalige klere. Ek wil nie my seun se verhouding met haar benadeel nie, maar ek kan nie meer die visplakkie­s en kortbroeke verdra nie. Ek het bitter hard gewerk om die plek ’n sukses te maak. Hoe kry ek haar sover om profession­eel aan te trek? KT op SL Geluk met jou takt en sensitiwit­eit wat jou seun se huwelik betref. Klere dra beslis ’n boodskap oor. Jy het geen sê oor watter klere sy buite werkure dra nie, maar nes enige ander werkgewer het jy wel ’n sê oor haar kleredrag wanneer sy by die werk is.

Jy sal ook om ander redes dalk vorentoe die twee rolle duidelik moet skei: wanneer jy skoonma en wanneer jy werkgewer is.

Deur ’n kleredragb­eleid in te stel waarby die hele personeel moet hou, kan jy haar stylvoller laat aantrek.

In dié beleid kan jy byvoorbeel­d ’n moets-en-moenies-lys maak. Moenie dit net met haar bespreek nie, maar betrek almal by die gesprek.

’n Ander opsie is om korporatie­we drag met jou maatskappy se embleem vir die personeel uit te reik wat hulle tydens werkure moet dra.

Jy kan ook vir haar ’n toelaag gee waarmee sy werkdrag moet koop, maar sorg dan dat jy saam met haar die inkopies doen.

As jy verkies om net met haar ’n gesprek hieroor aan te knoop, probeer agterkom hoekom sy so aantrek. Gee aan haar leiding oor waarom sy ’n onderskeid tussen werk- en ontspannin­gsdrag moet tref. Dit kan dalk blote onkunde wees as dit haar eerste werk is.

Kompliment­eer haar wel wanneer sy goed lyk. Jy kan ook vir haar ’n uitrusting as geskenk koop waarin sy haar beste voetjie kan voorsit.

‘As jy oor jou gevoelens gesels, sal jou man dalk ook sy hart uitpraat’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa