Huisgenoot

Bak so prettige verjaardag­koeke vir kinders: van Mickey Muis tot Olaf die sneeuman

Doen moeite en bederf jou kind met ’n verjaardag­koek van ’n gunsteling­Disney-karaktertj­ie

- Deur CARMEN PETERSEN

MOANA EN MAUI

LEWER 1 TWEELAAGKO­EK, GENOEG VIR 30 PORSIES BEREIDING: 20 MIN. BAK: 40 MIN. AFKOEL: 30 MIN. KOEK 600 ml kookwater 150 g kakaopoeie­r 360 g botter, versag 625 ml (2½ k) strooisuik­er 10 ml (2 t) vanieljege­ursel 6 eiers 750 ml (3 k) bruismeel 10 ml (2 t) bakpoeier 2,5 ml (½ t) koeksoda ’n knippie sout VERSIERSEL basiese versiersel x 4 groen koskleurse­l blou koskleurse­l VIR VERSIERING 600 g sjokoladew­afelbeskui­tjies suikerblom­metjies bruinsuike­r Moana- en Maui-figuurtjie (jy kan dit by die meeste speelgoedw­inkels koop) Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 22 cm- en ’n 18 cm-koekpan met kossproei en voer die basisse met bakpapier uit.

1 Koek Meng die kookwater met die kakaopoeie­r en roer tot glad. Laat afkoel. 2 Verroom die botter en suiker tot donsig. Voeg die vanielje by en dan die eiers een vir een terwyl jy goed tussen elke byvoeging klits. 3 Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout by die bottermeng­sel in en roer liggies tot net gemeng. Vou die afgekoelde kakao in. 4 Verdeel die beslag tussen die panne en bak 40 min. Laat 10 min. afkoel en keer dan op ’n draadrak uit om heelte-

mal af te koel. Sny albei koeke middeldeur.

5 Versiersel Vervierdub­bel die basiese versiersel­resep. Kleur 1 koppie van die versiersel blou en ’n ander een groen, en hou eenkant. 6 Plak die 2 groot koekhelfte­s met van die versiersel op mekaar vas. Doen dieselfde met die 2 kleiner helftes. Plaas die klein koeke bo-op die grotes en bedek met die gewone bottervers­iersel. Dit hoef nie perfek te wees nie, want dit sal met die wafelbesku­itjies bedek word.

7 Vir versiering Pak die beskuitjie­s styf teen mekaar om die onderste en boonste laag van die koeke en laat ’n 15 cm-opening aan die voorkant. 8 Plaas ’n grastuit in ’n spuitsak en skep die groen versiersel in. Spuit “gras” om die rand van die onderste laag al langs die beskuitjie­s en aan die binnesirke­l van die boonste laag al langs die beskuitjie­s. 9 Smeer blou versiersel met ’n paletmes van die bolaag na die onderkant om ’n waterval te vorm. Spuit dan nog gras al langs die kante en die boonste deel van die waterval. Pak suikerblom­me op die gras langs die waterval. Strooi bruinsuike­r op die boonste vlak, aan die binnekant van die gras en tussen die twee lae tussen die beskuitjie­s. Plaas die figuurtjie­s bo-op.

 ??  ??
 ?? Foto’s: MISHA JORDAAN ??
Foto’s: MISHA JORDAAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa