Huisgenoot

Jak de Priester se Sally Williams Nougat kry moderne baadjie as geskenk aan sy vrou

Dié sanger se ou treffer Sally Williams Nougat kry ’n moderne baadjie as geskenk aan sy vrou

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Nuwe enkelsnit

Hy sal nooit in sy lewe ’n groter liefdeslie­djie as sy 2003-treffer, Sally Williams Nougat, kan skryf nie, sê Jak de Priester (42). “Ná al die jare is dit steeds so gewild dat ek by elke vertoning gevra word om dit te sing. Dis ’n merkwaardi­ge liedjie wat net aanhou en aanhou. Maar toe ek dit destyds opgeneem het, was ek nog onkundig en pure kind. Deur die jare groei jou stem en klank mos.”

Dis dié dat hy besluit het om dit oor op te neem en as enkelsnit uit te reik. “As ek vandag moet sterf, wil ek darem hê die liedjie moet klink asof dit vandag geskryf en vervaardig is.”

Hugo Ludik en Vaughan Gardiner het die verwerking gedoen en die klassieke treffer in ’n moderne popstyl geklee. Die mansgroep Adam, waarvan Hugo ook lid is, is ingeroep om deel van die harmoniser­ing te wees.

Die ideale geskenk

Die nuut verwerkte ballade is op 16 November op iTunes uitgereik om saam te val met Jak en sy vrou, Michelle (ook 42), se 10de huwelikshe­rdenking. “Dit is eintlik my geskenk aan haar,” sê hy. Dis die ideale geskenk, want hy het die liedjie 16 jaar gelede vir haar geskryf. “Ons het pas begin uitgaan en was smoorverli­ef toe sy vir twee jaar Londen toe is, waar sy verskillen­de werkies gedoen het,” vertel hy. “Ek was stukkend toe ek haar op die ie lughawe moes groet. Terug in my tuinwoonst­el nstel in Groenkloof (Pretoria) het ek toe die liedjie djie geskryf oor wat ons alles saam gedoen het en wat ek gaan mis as ek haar nie weer sou sien en nie. Soos om Sally Williams-nougatsjok­olade by die Groenkloof-Spar te gaan koop.”

Volgende in sy dagboek

Jak se Geel Jou u Hart vir Liefde-vertonings vind einde November mber in Die Boer in Durbanvill­e, Kaapstad, en in Desember in Die Blou Hond in Pretoria plaas. aas.

Dié vertonings is om geld en kos vir verwaarloo­sde diere in te samel. ’n Deel van n die opbrengs word aan organisasi­es soos die Dierebeske­rmingsvere­niging geskenk. Die gehoor kan ook dierekos skenk.

Daarna gaan hy, Michelle en hul kroos, oos, Jamie (8), Mija (7) en Mika (3), twee weke lank deur die Vrystaat, Oos- en Wes-Kaap toer. er. In Februarie vind sy eerste kunsuitsta­lling van sy eie abstrakte werke plaas.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: HO Jak de Priester het sy vrou met ’n romantiese geskenk vir hul 10de 10 huwelikshe­rdenking verras. LINKS: Sy vrou, Michelle, by die sanger.
HOOFFOTO: HO Jak de Priester het sy vrou met ’n romantiese geskenk vir hul 10de 10 huwelikshe­rdenking verras. LINKS: Sy vrou, Michelle, by die sanger.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa