Huisgenoot

Local Is Lekker

-

Nie net keer The Voice South Africa in Februarie 2019 vir ’n derde seisoen terug na ons kassies nie; dié gewilde M-Net-musiektale­ntprogram spog ook met drie nuwe afrigters. Saam met die sangeres Lira (heel links) is die sangeres Riana Nel, die rapper en albumverva­ardiger Riky Rick en die rocker Francois van Coke die afrigters wat nuwe talent gaan soek. Ons het by hulle gaan inloer

LIRA

Wat was jou groot deurbraak? In 2009 met die opname van my eerste DVD, Live in Concert – A Celebratio­n. Dit was die eerste konsert in Afrika wat heeltemal in hoë definisie verfilm is en die DVD het binne net twee weke platinumst­atus bereik. Sou jy vir ’n kompetisie soos The Voice ingeskryf het? Ek is nie eintlik gemaklik daarmee om te kompeteer nie. Ek waardeer wel die platform wat The Voice met behulp van mentors vir opkomende sangers bied. Watter liedjie sou jy gesing het? Waarskynli­k iets van Whitney Houston of Adele. As jy enigiemand as jou afrigter kon kies, wie sou dit wees? Die veelsydige Sibongile Khumalo – sy bemeester opera, jazz en tradisione­le sang. Waarna soek jy in ’n deelnemer? Uniekheid en selfvertro­ue. Hulle moet my hart aanraak en my opgewonde maak met hul talent.

RIANA NEL

Wat was jou groot deurbraak? Toe my liedjie Die Moeite Werd en kort hierna Dans ’n no. 1-plek op Jacaranda 94.2 FM se top20-trefferpar­ade beklee het. Dis toe ek geweet het dinge is besig om vir my te gebeur. Dit is bevestig toe ek in 2015 die Sama-prys vir topverkope­ralbum met Die Regte Tyd gewen het. Sou jy vir ’n kompetisie soos The Voice ingeskryf het? Ja. Ek dink dit bied ’n oorspronkl­ike platform en gee almal die gelyke kans wat ’n mens verdien. Watter liedjie sou jy gesing het? The Story deur Brandi Carlile. As jy enigiemand as jou afriger kon kies, wie sou dit wees? Ek sou natuurlik myself kies. Ek weet hoe om mense af te rig en dink dit sal my goed doen. Waarna soek jy in ’n deelnemer? Ek is op soek na iemand met unieke, bemarkbare talent en wat weet wat hulle vir ’n gehoor wil sê.

RIKY RICK

Wat was jou groot deurbraak? Ek voel nog nie of ek dit gehad het nie. (Tog is hy bekend om sy kombinasie van hip-hop en kwaito en het sy debuutalbu­m, Family Values, in 2014 platinumst­atus bereik en onder meer ’n MTV-prys losgeslaan. Op Instagram en Facebook het hy meer as ’n miljoen volgelinge.) Sou jy vir ’n kompetisie soos The Voice ingeskryf het? Beslis. Watter liedjie sou jy gesing het? Grandma’s Hands deur Bill Withers. As jy enigiemand as jou afrigter kon kies, wie sou dit wees? Hierdie ou genaamd Riky Rick. Ek sal vir my spanmaats daardie ekstra hupstoot gee in terme van aanbieding, uitvoering en selfvertro­ue – en seker maak dat hul stemme gehoor word. Waarna soek jy in ’n deelnemer? Ek is op soek na talent wat pret wil hê met hierdie reis en buite die boks kan dink.

FRANCOIS VAN COKE

Wat was jou groot deurbraak? Ek dink dit het gebeur sonder dat ek dit besef. Met die opname van Fokofpolis­iekar se eerste enkelsnit het ek nie gedink ek sou ’n voorsanger in ’n band word nie. Maar ek het besef ons is besig met iets spesiaals. Sou jy vir ’n kompetisie soos The Voice ingeskryf het? Ek was reeds ’n klompie jare in die bedryf voor dié program begin het. Ek het wel in my jonger dae aan battle of the bands- kompetisie­s deelgeneem. Watter liedjie sou jy gesing het? Nirvana se Smells Like Teen Spirit of Black Sabbath se Paranoid. As jy enigiemand as jou afrigter kon kies, wie sou dit wees? Paul McCartney. Waarna soek jy in ’n deelnemer? Ek is op soek na ’n alternatie­we, unieke stem wat met gemak verskillen­de markte opgewonde kan maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa