Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

- as

TOE Zayn Malik lid was van die treffergro­ep One Direction (1D), het hy rykdom en roem bekom, maar nie juis vriende gemaak nie. Die sanger het in ’n onlangse onderhoud met die Britse uitgawe van Vogue ogue hart oopgemaak oor sy taamlik negatiewe ervarings in die musiekgroe­p.

“Maar ek was nog altyd ’n bietjie so; altyd ’n bietjie van ’n eiland,” erken hy. “Ek hou nie daarvan om met te veel mense te beraadslaa­g nie. Om eerlik te wees, ek het baie lank laas met enigeen van hulle gepraat,” sê hy. “Dis net hoe dit is. Dinge gebeur en dinge is gesê nadat ek weg is. Snedige goed. Klein dingetjies wat ek nooit verwag het nie.”

Dis duidelik daar is kwade gevoelens en Zayn (25) skryf die onenigheid toe aan die vyftal se reuseopgan­g na roem.

“Ons het van gewone teaters na arenas en stadions gevorder; sonder enige soort brug tussenin. Net boem, boem, boem,” sê hy in die tydskrif se Desemberui­tgawe. “Ek skat daardie soort vooruitgan­g sal enigeen ’n bietjie aantas, maar veral as jy net 17 of 18 jaar oud is. Mense ervaar dit verskillen­d, veral ve vyf verskillen­de persoonlik­hede. Die verhouding het verbrokkel. Dis net hoe dit is. Mense gaan met m hul lewe aan, mense dryf uitmekaar, mense mens word groot.” Hoewel H Niall Horan (25) volgehou het hulle sa sal in die toekoms ’n 1D-reünie hê, is dit duidelik d Zayn sal nie deel wees daarvan nie. Tydens die onderhoud het die Pillow Talksanger ook erken hy steun op sy modelmeisi­e, Gigi Hadid (23), en bewonder haar organiseri­ngsvermoë. “Dis wonderlik. Sy is uiters georganise­erd en ek nie. Dit help omdat o sy dinge vir my ’n bietjie kan agtermmeka­arkry. Ekk steun baie op haar. haar.”

 ??  ?? HEEL LINKS: Zayn Malik. BO: Van links is Zayn, Harry Styles, Liam Payne, Louis Tomlinson en Niall Horan.
HEEL LINKS: Zayn Malik. BO: Van links is Zayn, Harry Styles, Liam Payne, Louis Tomlinson en Niall Horan.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa