Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Lag ’n Slag, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningn

-

STOUTE EGIPTE

Jannie moet ’n mondeling doen oor sy troeteldie­r. Hy vertel die klas van sy gesin se hondjie.

Toe hy klaar is, sê die juffrou: “Dis mooi so, Jannie, maar jy sê die hondjie se naam is Egipte. Sê vir ons waarom julle hom so ’n uitsonderl­ike naam gegee het?’’

“Want toe hy klein was,” verduideli­k Jannie, “het hy ’n piramide in elke kamer gelos.” F. H. HORNE, HARTENBOS

AMPER GESKEI

Die man sit in die kroeg en gesels met die kroegman.

“Vandag het ek die eerste stap na ’n egskeiding gedoen,” sê hy.

“Nou wat het jy gedoen?” vra die kroegman. “Het jy ’n prokureur gaan sien?”

“Nee,” sê die man. “Ek het getrou.” F. RETIEF, CENTURION.

KITSDIEET

Gehoor van die nuwe dieet? Dit word die petroldiee­t genoem en waarborg resultate binne 30 dae.

Al wat jy moet doen, is om jou motor se petroltenk vol te gooi. Die res van die maand sal jy dan nie geld hê om kos te koop nie. LITA SCHOON

NIE TE LYWIG NIE

Het jy geweet as jy 100 kg op aarde weeg, sal jy net 38 kg op Mars weeg? Dit beteken jy’s nie oorgewig nie; jy’s net op die verkeerde planeet. LITA SCHOON

KAT-ASTROFE

Twee broers deel ’n huis, maar hulle verskil soos dag en nag. Die oudste is ’n robuuste, sportiewe soort ou en kuier graag saam met die manne, terwyl die jongste fynbesnaar­d en kunssinnig is, van musiek en poësie hou en ’n kat het wat vir hom soos ’n mens is. Hy is ook die een wat gereeld oor naweke vir hul ouma in die ouetehuis gaan kuier.

Die kunssinnig­e broer gaan vir drie weke weg om ’n kursus te volg. Hy vra sy ouboet om sy geliefde Kietsiekat te versorg terwyl hy uitstedig is. Dié stem in en luister geduldig na al die voorskrift­e.

Kietsiekat se baas bel elke aand om te hoor hoe dit gaan. In die eerste week duik geen probleem op nie, maar toe hy die Vrydagaand bel, hoor hy: “Jou kat is dood.” “Wat!” roep hy geskok uit. “Wat het gebeur?” “Man, die kat het op die dak geklim en toe foeter hy af.

“Ek het hom veearts toe gevat, maar hy kon niks vir hom doen nie,” vertel sy ouboet.

“Jy moet dit darem nie so ongevoelig vir my vertel nie,” snik sy jonger broer. “Jy moes my eers op die skok voorberei het.” “En hoe nogal?” vra sy ouboet. “Kyk, vanaand moes jy net gesê het Kietsiekat het op die dak geklim, toe gly hy en val af. Hy is beseer, maar jy het hom veearts toe geneem. Wanneer ek môreaand bel, sê jy dit gaan nie goed met Kietsiekat nie, en oormôre sê jy dan op ’n mooi manier vir my Kietsiekat het heengegaan.”

Die oudste broer beloof om in die toekoms sensitiewe­r te wees.

Toe die jonger broer die Sondagaand bel, vra hy: “Was jy die naweek by ouma, en hoe gaan dit met haar?”

“Man,” begin sy ouboet versigtig. “Ouma het op die dak geklim . . .” LEON KRUGER

ROBOCOP

In China het hulle ’n robot gemaak wat 10 misdadiger­s binne vyf minute kan vang. In Amerika het dit nog beter gevaar en nege misdadiger­s binne vier minute gevang.

En in Suid-Afrika? Hier is dit binne een minuut gesteel. DENISE, PRETORIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa