Huisgenoot

JOU STERRE

- Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

Mercurius, die meester van die tong, beweeg nou agteruit in jou teken, wat ’n belemmerin­g kan wees, veral omdat Boogskutte­rs ’n bietjie bars kan wees. Misverstan­de en wanopvatti­ngs kan die reël eerder as die uitsonderi­ng wees. Dit is dus ’n week waarin jy jou woorde moet tel: Bedoel wat jy sê en sê wat jy bedoel. Luister speel ’n groot rol in kommunikas­ie, so probeer om ’n aandagtige luisteraar te wees. GELUKKIGE NOMMERS 17, 51, 8, 14, 35, 45

STEENBOK

21 DES – 20 JAN As jy ’n tipiese Steenbok is, is jy waarskynli­k ’n nugter, betroubare en verantwoor­delike siel met ’n praktiese aanleg. Dit is ’n week waarin dié eienskappe ten goede gebruik kan word. Al werk jy dalk agter die skerms en kry nie die kans om te skitter nie, kan jou moeite ’n groot verskil maak. As jy ’n vriend of familielid het wat ongesteld is, kan jy hom/haar besoek of prakties bystaan. GELUKKIGE NOMMERS 34, 11, 40, 5, 44, 17

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Die plesierige Venus beweeg in jou beroepshor­oskoop in, wat dit vir jou maklik kan maak om met mense in jou veld in aanraking te kom. Dit kan jou loopbaan bevorder, veral as die Waterdraer-kenmerk van effense afsydighei­d soms ’n stok in die wiel steek. Aanraking met ander mense kan ook op ’n profession­ele vlak voordelig wees en tot gesonde sakeverhou­dings lei. Moet dus nie wegskram van kuier en klets nie. GELUKKIGE NOMMERS 24, 12, 7, 52, 22, 2

VISSE

19 FEB – 20 MRT Venus, die godin van liefde, beweeg by ’n medewatert­eken in – so reg in die kraal van ’n romantiese Vis, wat dol is oor die gevoel van verlief wees. Al kan jy waarskynli­k uitsien na ’n tyd van gerieflike saligheid, kan ’n slaggat of twee op jou wag. Benewens dat liggelowig­heid jou meesleur, kan ’n rooskleuri­ge bril jou sig belemmer en wag ontnugteri­ng op jou aan die einde van die reënboog. GELUKKIGE NOMMERS 47, 51, 38, 18, 45, 49

RAM

21 MRT – 19 APR Met dié dat Mercurius, die ou nar, agteruitbe­weeg, is dit ’n week om op jou hoede te wees, veral as jy ’n Ram is wat vinnig optree en nie op sy bek geval is nie. Dit is tyd om te dink voor jy praat en werk te hersien voor jy dit inlewer. Dit kan eers jou spoed breek, maar op die duur tyd bespaar – en daarby kwade gevoelens voorkom. Jy moet dalk ook “minder haas, meer spoed” jou mantra maak. GELUKKIGE NOMMERS 27, 41, 9, 15, 52, 6

BUL

20 APR – 20 MEI Jou planeet, Venus, beweeg dié week in jou liefdeshor­oskoop in – dís ’n goeie voorteken vir sake van die hart. As jy ’n eensame Bul is met iemand in die oog, is dit die regte tyd om tot aksie oor te gaan. Dit is ook die geskikte week om besorgdhei­d en waardering aan jou maat te betoon. Pleks van ’n geskenk koop, moet jy dalk ’n kersligete vir twee berei. GELUKKIGE NOMMERS 13, 4, 48, 3, 33, 42

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Met ’n sterbelaai­de liefdeshor­oskoop val die klem nou op jou verhouding met jou geliefde. As teëspoed die afgelope ruk ’n stok in die wiel gesteek het of ’n besige program tot afskeep gelei het, is dit ’n geskikte week om te vergoed. Dit is ook ’n goeie tyd vir julle twee om herinnerin­gs op te haal, gedeelde belangstel­lings weer aan te vuur of jul planne vir die toekoms te hersien. GELUKKIGE NOMMERS 32, 37, 50, 21, 43, 13

KREEF

21 JUN – 21 JUL Venus, die diva van liefde, beweeg in ’n medewatert­eken in. Dit behoort jou gemakliker oor sake van die hart te laat voel. Of jy nou ’n minnaar wil aantrek en behou, jou liefde aan jou beminde oordra of jou behoeftes aan jou maat wil uitdruk – dit behoort maklik te wees om jou gevoelens te laat vloei. Maak die meeste van romantiese ontmoeting­s. GELUKKIGE NOMMERS 42, 23, 16, 29, 27, 47

LEEU

22 JUL – 22 AUG Dis ’n week vir ontspannin­g en plesier, so reg in die kraal van ’n speelse Leeu. Of jy tyd aan jou gunsteling­stokperdji­e wil bestee, saam met jou pelle kuier of ’n kunsuitsta­lling of die plaaslike teater besoek, dis tyd vir ’n bietjie pret. Wat jou liefdeslew­e betref, kan ’n ou vlam dalk weer verskyn. Sy/haar aandag kan jou ego streel, maar trap versigtig sodat ’n hart nie gebreek word nie. GELUKKIGE NOMMERS 33, 50, 25, 36, 46, 24

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Die toneel is geskik vir ’n week van introspeks­ie. Of jy nou die kompleksit­eite van jou gedagtes wil bepeins, die betekenis van jou drome bedink of selfonders­oek doen, dit is ’n goeie tyd om die lig op jou binnewêrel­d te laat skyn. Jy moet dalk van die sosiale toneel onttrek en tyd alleen deurbring, maar probeer om nie besinning met bekommerni­s te vervang nie. GELUKKIGE NOMMERS 6, 31, 51, 28, 1, 34

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Jou planeet, Venus, beweeg in jou finansiële horoskoop in, ten goede of ten kwade. As jy ’n Weegskaal met ’n voorliefde vir sjampanje is, maar op ’n begroting vir bier moet klaarkom, kan dit verwoestin­g in jou kontantvlo­ei saai en dit moeilik maak om jou boeke te laat klop. Dit kan help om jou deel te doen om jou spandabele gewoontes in te perk. Dis wel moontlik om jou sakke te vul – deur goeie finansiële besluite of ’n winsgewend­e meevaller. GELUKKIGE NOMMERS 49, 30, 26, 10, 44, 22

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Venus, die planeet van aantrekkin­g, beweeg jou teken binne, wat ’n voordelige tydperk inlui. As jy ’n geldmagnee­t wil wees of ’n minnaar wil lok, kan jy sukses behaal. As vurige Skerpioen staan ligsinnige pret jou nie aan nie, maar dit kan goed wees vir jou siel om af en toe jou litte los te maak. GELUKKIGE NOMMERS 2, 52, 50, 20, 19, 39

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa