Huisgenoot

SJOKOLADE-LAWA-KOEKIES MET WATER-MERINGUE

- 1 2 3

LEWER 5 KOEKIES BEREIDING: 30 MIN. BAKTYD: 15-20 MIN. 125 ml (½ k) amandelmel­k 5 ml (1 t) asyn of suurlemoen­sap 80 ml (¾ k) suiker 30 ml (2 e) klapperoli­e 2,5 ml (½ t) vanieljeek­strak 125 ml (½ k) tertappels, verpulp 60 ml (¼ k) kakao 2,5 ml (½ t) bakpoeier 130 ml (ruim ½ k) koekmeel knippie sout 60 ml (¼ k) veganistie­se donkersjok­olade, gesmelt 4 blokkies veganistie­se donkersjok­olade VERSIERSEL water van 1 blik (400 g) kekerertji­es 2,5 ml (½ t) kremetart 250 ml (1 k) versiersui­ker Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Spuit 5 ramekinbak­kies en bestuif met kakao. Meng die amandelmel­k en asyn of suurlemoen­sap in ’n bak en laat staan so 2 minute. Voeg die suiker, olie, vanieljege­ursel en appelpulp by en klits goed. Sif die kakao, bakpoeier,

koekmeel en sout oor. Meng tot glad. 4 Meng die gesmelte sjokolade in. 5 Skep die beslag in die voorbereid­e ramekinbak­kies en druk ’n blokkie sjokolade in elk. Bak sowat 12-15 minute of tot die koek effe van die kante begin wegtrek – dit moet ’n fudgetekst­uur in die middel hê en nie meer rou wees nie. Keer uit en koel af.

6 Versiersel Klits die water sowat 5-6 minute met ’n elektriese klitser op hoë spoed tot dit verdubbel het in volume en wit en skuimerig is. 7 Voeg die kremetart by en klits nog 1 minuut. 8 Voeg die versiersui­ker ’n lepel op ’n slag by en klits teen stadige spoed tot al die suiker bygevoeg is. Klits nog 15 minute op hoë spoed of tot die mengsel dik, wit en glansend is en stywe punte vorm. 9 Skep die meringue oor elke koekie en blaas met ’n blaasvlam tot effe verbruin. Sit dit andersins vinnig terug in die oond tot dit verbruin het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa