Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

- Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Lag ’n Slag, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningn

FLINK DINK

Twee rekenmeest­ers staan in die poskantoor toe rowers daarop toeslaan. Hulle beveel almal om plat op die grond te gaan lê terwyl hulle die personeel en die kliënte se sakke leeg steel.

Skielik roep die een rekenmeest­er saggies na die ander voor hy sy hand uitsteek en iets vir hom aangee. “Wat is dit?” vra sy kollega verskrik. “Dis die R100 wat ek jou skuld.” F.H. HORNE, HARTENBOS

GOUDGRAWER­S

Drie ouens uit die Kaap kom in Gauteng aan en wil daar in die goudmyne gaan werk.

Die eerste een stap in vir sy onderhoud. Hy word heel eerste gevra of hy al in ’n myn gewerk het.

“Ja, meneer,” antwoord hy. “In die Kaap het ek in baie goudmyne gewerk.”

Hy kom verleë uit die kantoor toe die onderhoudv­oerder vir hom sê die Kaap het nie goudmyne nie.

Buite vertel hy vir sy vriende hulle het nou een ding geleer: Die goudmyne is in Gauteng en die Vrystaat en nie in die Kaap nie.

Die tweede een gaan in. Hy beantwoord sonder probleme die vraag of hy al in ’n myn gewerk het en waar dit was.

Toe kom die tweede vraag: “Hoe diep was die myne waarin jy gewerk het?”

“Hulle was nie baie diep nie, meneer,” antwoord hy. “Net so 10 meter, skat ek.”

Ook hy kom verleë uit toe hy hoor goudmyne kan ’n paar kilometer diep wees.

Buite berei hy die derde ou vir sy onderhoud voor, want hulle weet nou die myne is nie in die Kaap nie en hulle is sommer baie diep.

Die derde kandidaat beantwoord die eerste twee vrae korrek. Toe kom die volgende vraag: “Watter soort koplamp het jy in die myne gebruik?”

“Nee, meneer, ek het nie ’n koplamp gehad nie,” antwoord hy. “Ek het net dagskof gewerk.” LEON KRUGER

IN DIE ROOI

My ou vriend Willie speel gereeld die Lotto. Nou die dag vra ek hom wat hy met al die geld sal maak as hy die Lotto wen.

“Ek sal seker maar die drankwinke­l en die dokter betaal,” sê hy toe. “En die res?’’ vra ek hom. “Nee, hulle sal maar moet wag tot ’n volgende keer.” PIERRE PUREN, POTCHEFSTR­OOM

UITGEVANG

“Hoe kan jy sê die foto en berig in die koerant is net ’n drukfoutji­e?” skree Gert se vrou woedend. “Hier sit jy dan met jou arm om daardie flerrie! Dink jy ek kan nie sien wat hier aangaan nie?”

“Nee, liefie,” probeer Gert haar paai, “ek sê nie die koerant het ’n drukfout gemaak nie; dit was my drukfoutji­e.” ANTON VAN RENSBURG

REG EN VERKEERD

’n Man en vrou is aan die stry en nie een van die twee wil toegee hy of sy is verkeerd nie.

“Ek sal toegee ek is verkeerd,” sê die vrou, “as jy sal toegee ek is reg.” Die man stem saam met die idee. “Ek was verkeerd,” sê sy. “Jy’s reg,” sê hy. LOUISE NOETH

NIMMEREIND­IGEND

Seuntjie aan sy ma: “Ma, wat beteken ’n ewigheid?”

Ma: “Dit is wanneer twee mans met ’n loopdop vir mekaar tot siens sê.” LOUISE VERMEULEN, SETARIA

DRIE VRAE

Koos tel ’n lampie op die strand op. Hy vryf dit en ’n towergees verskyn.

“Hallo,” sê hy, “ek is ’n towergees. Omdat jy my ná al die jare uit die lampie bevry het, kan jy my enige drie dinge vra.” “Wie? Ek?” vra Koos verstom. “Jy, ja,” sê die towergees, “en wat is jou derde vraag?” HELENA, KEMPTON PARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa