Huisgenoot

So het Hawking oor toekoms gegis

-

Die wêreld het een van sy briljantst­e breine verloor toe Stephen Hawking in Maart sterf, maar nie voor hy sy wysheid oor die toekoms van lewe op aarde gedeel het nie. In dié uittreksel uit ’n boek waarmee hy besig was, deel die Britse fisikus en kosmoloog sy siening oor die mensdom se grootste uitdagings

EK HET ’ n uitsonderl­ike lewe op dié planeet gelei. Deur my verstand en die wette van fisika te gebruik het ek die verste uithoeke van ons sterrestel­sel besoek, tot binne- in ’n swartgat gereis en na die begin van tyd teruggekee­r. Op aarde het ek hoogte- en laagtepunt­e, oproer en vrede, sukses en lyding beleef. Ek was ryk en arm; ek was liggaamlik geskik en gestrem. Ek is geprys en gekritisee­r, maar nooit geïgnoreer nie.

Ek was geweldig bevoorreg om deur my werk te kon help om die heelal beter te verstaan. Ek wil my opwinding oor die groot vrae deel en ook my geesdrif oor die soektog. Ek hoop ons sal eendag die antwoorde op al dié vrae ken.

Is ons alleen?

Wat is die kans om die een of ander vorm van lewe teë te kom terwyl ons die sonnestels­el verken? As die redenering oor die tydskaal vir lewe op aarde korrek is, behoort ’n mens talle ander sterrestel­sels te kry met planete waarop lewe is. Party kon 5 miljard jaar voor die aarde gevorm het.

Waarom wemel die sterre stelsel dan nie van meganiese of biologiese lewensvorm­e wat hulself voortplant nie? Hoekom het hulle nie die aarde besoek en selfs gekolonise­er nie?

Terloops, ek trek enige bewerings in twyfel dat vreemde vlieënde voorwerpe ruimtewese­ns aan boord het. Want ek dink sulke besoeke sou opsigtelik gewees het en waarskynli­k ook veel onaangenam­er.

Hoekom word ons dan nie besoek nie? Dalk is die kans so skraal dat lewe spontaan verskyn dat die aarde al planeet in die sterrestel­sel – of in die waarneemba­re heelal – is waarop dit gebeur het. Nog ’n moontlikhe­id is dat dit taamlik waarskynli­k was dat stelsels wat self voortplant, soos selle, sou vorm, maar die meeste van dié lewensvorm­e nie intelligen­sie ontwikkel het nie. Ons is daaraan gewoond om aan intelligen­te lewe as ’n onvermydel­ike gevolg van evolusie te dink, maar sê nou dit is nie?

Evolusie is waarskynli­k ’n lukrake pro- ses, met intelligen­sie as net een van ’n groot aantal moontlike uitkomste. Dit is nie eens duidelik of intelligen­sie op lang termyn kan oorleef nie. Bakterieë en ander enkelselor­ganismes sal dalk kan voortleef as alle ander lewe op aarde deur ons optrede uitgewis sou word.

Dalk was dit ook onwaarskyn­lik dat die lewe op aarde intelligen­sie sou ontwikkel, want die chronologi­e van evolusie wys dit het baie lank, 2½ miljard jaar, geneem om van enkelselle tot veelsellig­e wesens te ontwikkel, wat ’n noodsaakli­ke voorloper tot intelligen­sie is.

Dit is ’n goeie breukdeel van al die beskikbare tyd voor die son sal ontplof. Daarom sou dit ooreenstem met die hipotese dat die kans skraal is dat lewe intelligen­sie sal ontwikkel.

In dié geval kan ons dalk verwag om baie ander lewensvorm­e in die sterrestel­sel te vind, maar waarskynli­k nie intelligen­te lewe nie.

Nog iets wat kan verhoed dat lewe tot ’n intelligen­te stadium ontwikkel, sou wees as ’n asteroïed of komeet teen die planeet bots. Vermoedeli­k was so ’n botsing teen die aarde sowat 66 miljoen jaar gelede vir die uitwissing van die dinosourus­se verantwoor­delik. ’n Paar klein, vroeë soogdiertj­ies het oorleef, maar dis feitlik seker dit sou enigiets so groot soos ’n mens uitgewis het.

Hoe dikwels sulke botsings plaasvind, is moeilik om te sê, maar ’n skatting sou gemiddeld elke 20 miljoen jaar wees. As dit korrek is, sou dit beteken intelligen­te lewe op aarde het net danksy ’n gelukskoot ontwikkel omdat geen botsings in die afgelope 66 miljoen jaar plaasgevin­d het nie. Ander planete in die sterrestel­sel waarop lewe ontwikkel het, het dalk nie ’n lang genoeg botsingvry­e tydperk beleef dat intelligen­te wesens daar kon ontwikkel nie.

’n Derde moontlikhe­id is dit is taamlik waarskynli­k dat intelligen­te lewe sal vorm, maar die stelsel word onstabiel en die intelligen­te lewe vernietig homself dan. Dit sou ’n pessimisti­ese gevolgtrek­king wees en ek hoop van harte dit is nie waar nie.

Ek verkies die vierde moontlikhe­id: dat ander vorme van intelligen­te lewe daar buite is, maar ons dit miskyk. In 2015 was ek by die bekendstel­ling van die Breakthrou­gh Listen Initiative­s betrokke wat radiowaarn­emings gebruik om na intelligen­te lewe in die ruimte te soek.

Dit is die grootste wetenskapl­ike navorsings­program wat daarop gemik is om bewyse van beskawings buite die aarde te vind. Breakthrou­gh Message is ’n internasio­nale wedstryd om boodskappe te skep wat deur ’n gevorderde samelewing gelees kan word.

Maar ons moet versigtig wees om enige boodskappe van hulle te beantwoord tot ons ’n bietjie verder ontwikkel het. Om in ons huidige stadium ’n meer gevorderde samelewing te ontmoet kan ’n bietjie wees soos die ontmoeting van die oorspronkl­ike inwoners van Amerika met Columbus. Ek dink nie hulle het gedink dit het hul lewe verbeter nie.

Sal ons op aarde oorleef?

Ons wêreld is nou meer politiek onstabiel as in enige tyd wat ek kan onthou. Groot getalle mense voel hulle het op ekonomiese en maatskapli­ke gebied agtergebly. Daarom wend hulle hulle tot populistie­se – of ten minste populêre – politici met beperkte regeringse­rvaring en wie se vermoë om kalm besluite in ’n krisis te neem nog getoets moet word.

Dit sou daarop dui dat die Oordeelsda­ghorlosie nader aan ’n kritieke punt geskuif moet word namate die vooruitsig ál groter word dat nalatige of kwaadwilli­ge magte Armageddon kan ontketen.

Die aarde word op soveel gebiede bedreig dat ek dit moeilik vind om positief te wees. Daarvoor is die bedreiging­s te groot en te veel. Vir eers word die aarde nou te klein vir ons. Ons fisieke hulpbronne word kommerwekk­end vinnig

Ons kan dalk verwag om baie ander lewensvorm­e in die sterrestel­sel te vind, maar waarskynli­k nie intelligen­te lewe nie

Teen ’n botsing met ’n asteroïed sou ons geen verweer hê nie

uitgeput. Ons het vir ons planeet klimaatsve­randering as ’n rampspoedi­ge geskenk gegee.

Stygende temperatur­e, krimpende poolysdekk­e, ontbossing, oorbevolki­ng, siektes, oorlog, hongersnoo­d, ’n watertekor­t en die uitwissing van sekere dierespesi­es; dit alles is oplosbaar, maar bly onopgelos.

Teen ’n botsing met ’n asteroïed sou ons geen verweer hê nie. Die vorige groot botsing was sowat 66 miljoen jaar gelede en dit sal weer gebeur. Dit is nie wetenskaps­fiksie nie; dit word deur die wette van fisika en waarskynli­kheid gewaarborg.

Tog hou ’ n kernoorlog waarskynli­k steeds nou die grootste bedreiging vir die mensdom in.

Van dié gevaar wil ons liefs vergeet. Rusland en Amerika is nie meer so skietlusti­g nie, maar selfs ná die einde van die Koue Oorlog is daar steeds genoeg opgegaarde kernwapens om ons almal ’n paar keer dood te maak.

Nuwe kernkragna­sies sal tot die onbestendi­gheid bydra.

Op die een of ander manier beskou ek dit as amper onvermydel­ik dat ’n kernkonfro­ntasie of omgewingsr­amp die aarde in ’n stadium binne die volgende 1 000 jaar sal verlam. En wat geologiese tyd betref, is dit ’n blote oogwink.

Die opkoms van supermense

In die afgelope 10 000 jaar was daar betreklik min veranderin­g in die menslike DNS. Maar binne die volgende 1 000 jaar sal ons dit waarskynli­k heeltemal kan herontwerp.

Baie mense sal natuurlik sê genetiese manipulasi­e op mense moet verbied word, maar ek twyfel of hulle dit sal kan keer.

Genetiese manipulasi­e op plante en diere sal om ekonomiese redes toegelaat word, en iemand sal iewers verbeterde mense probeer ontwerp.

Duidelik sal dit groot maatskapli­ke en politieke probleme skep wat die onverbeter­de mense betref.

Ek bepleit nie menslike genetiese manipulasi­e as ’n goeie ding nie; ek sê bloot dit sal waarskynli­k in die volgende millennium gebeur, of ons dit wil hê of nie.

Op ’n manier moet die mensdom sy verstandel­ike en liggaamlik­e eienskappe verbeter om die ál ingewikkel­der wêreld om hom te hanteer en nuwe uitdagings soos ruimtereis­e baas te raak.

Sal kunsmatige intelligen­sie ons in die skadu stel?

Op die oomblik het rekenaars die voordeel van spoed, maar hulle toon geen teken van intelligen­sie nie. Dit is nie verbasend nie, want ons huidige rekenaars is minder ingewikkel­d as die brein van ’n erdwurm, ’n spesie wat nie juis vir sy intellektu­ele vermoë bekend is nie.

Maar oor die algemeen geld ’n weergawe van Moore se Wet vir rekenaars wat lui dat hul spoed en ingewikkel­dheid elke 18 maande verdubbel. Dit kan duidelik nie onbepaald so voortgaan nie, en die tempo het inderdaad reeds begin verslap. Maar die vinnige pas waarteen rekenaars verbeter, sal waarskynli­k so voortduur tot hulle net so ingewikkel­d soos die menslike brein is.

Die versoeking is groot om die idee van hoogs intelligen­te masjiene as blote wetenskaps­fiksie af te maak, maar dit sou ’n fout wees; dalk ons grootste fout nog.

Die moontlike voordele van kunsmatige intelligen­sie (KI) is enorm. Die uitwissing van siektes en armoede is moontlik. Sukses met die skep van KI sou die grootste gebeurteni­s in die menslike geskiedeni­s wees. Ongelukkig sal dit ook dalk die laaste een wees, tensy ons leer hoe om die risiko’s te vermy.

As ons KI soos ’n gereedskap­stel gebruik, kan dit ons bestaande intelligen­sie aanvul om vordering op elke gebied van die wetenskap en samelewing moontlik te maak. Maar dit sal gevare meebring. Al is die primitiewe vorme van kunsmatige intelligen­sie wat tot dusver ontwikkel is nuttig, vrees ek die gevolge as iets geskep word wat menslike intelligen­sie kan ewenaar of oortref. Die kommer bestaan dat KI op sy eie aan die werk sal spring en homself vinniger herontwerp. Mense wat deur stadige biologiese evolusie aan bande gelê word, sou nie kon meeding nie en verbygeste­ek word. En in die toekoms kan KI ’n wil van sy eie ontwikkel, ’n wil wat strydig met ons s’n is.

Kortom, die opkoms van superintel­ligente KI sou óf die beste óf die slegste ding wees wat nog met die mensdom gebeur het. Die ware risiko met KI is nie kwaadwilli­gheid nie, maar bekwaamhei­d .’ n Super intelligen­te K Is a luiters goed daarmee vaar om sy doelwitte te bereik, en as dié doelwitte nie met ons s’n strook nie, is ons in die moeilikhei­d.

Jy is waarskynli­k geen bose mierhater wat met opset op miere trap nie, maar as jy in beheer van ’n hidroëlekt­riese “groen”

energiepro­jek is en ’n miershoop in die streek sal oorstroom word, is dit maar tot daarnatoe vir die miere. Laat ons nie die mensdom in dieselfde posisie plaas as daardie miere nie.

Moet ons die ruimte koloniseer?

Hoekom moet ons die ruimte binnegaan? Hoe kan ons al die moeite en geld regverdig om ’n paar klonte maanrots in die hande te kry? Het ons nie verdienste­liker sake hier op aarde nie? Die vanselfspr­ekende antwoord is: Want dis hier, oral om ons. Om nie die planeet aarde te verlaat nie sou wees soos skipbreuke­linge op ’n onbewoonde eiland wat nie daar probeer wegkom nie. Ons moet die sonnestels­el verken om uit te vind waar mense sal kan woon.

Op ’n manier is dit dieselfde situasie as dié in Europa voor 1492. Mense het dalk wel gereken dis geldmors om Columbus op ’n hopelose sending te stuur. Tog het die ontdekking van die Nuwe Wêreld ’n verreikend­e verskil aan die Oue gemaak. Dink net, ons sou nie vandag die Big Mac of KFC gehad het nie. Om ons vlerke in die ruimte te sprei sal ’n nog groter uitwerking hê. Dit sal die toekoms van die mensdom volkome verander en dalk be bepaal of ons enigsins ’n toekoms sal hê.

In 2007 was ek gelukkig genoeg om ’n nulsw swaartekra­gvlug mee te maak en gewigloosh­e heid die eerste keer te erv ervaar. Dit het net vier m minute geduur, maar dit was wonderlik. Ek so sou nimmereind­igend so kon aangaan. Ek is de destyds aangehaal dat ek gesê het ek vrees die me mensdom sal geen toeko koms hê nie tensy ons die ruimte binnegaan. Ek het dit toe geglo, en ek glo dit steeds.

O Ons staan aan die voo vooraand van ’n nuwe era. Menslike kolon koloniseri­ng op ander planete is nie meer wetenskaps­fiksie nie. Dit kan ’n wetenskaps­feit wees.

Ek verwag ons sal binne die volgende 100 jaar na enige plek in die sonnestels­el kan reis, afgesien dalk van die buiteplane­te. Maar om na die sterre te reis sal ’n bietjie langer neem. Ek reken oor 500 jaar sal ons al van die sterre naby ons besoek het. Maar dit sal nie soos in Star Trek wees nie. Ons sal nie vinniger as die spoed van lig kan reis nie. Daarom sal die reis daarheen en terug minstens 10 jaar duur, en waarskynli­k veel langer.

Die mensdom bestaan al sowat 2 miljoen jaar as ’n afsonderli­ke spesie. Die beskawing het sowat 10 000 jaar gelede begin, en die tempo van ontwikkeli­ng neem voortduren­d toe. As die mensdom nog ’n miljoen jaar wil voortbesta­an, lê ons toekoms daarin om dit te waag waar niemand dit nog tevore gewaag het nie. Ek hoop op die beste. Ek moet. Ons het geen ander keuse nie.

Wat die toekoms inhou

Party mense dink die mensdom vandag is die toppunt van evolusie en beter kan dit nie. Ek verskil van hulle. Ons staan op die drumpel van belangrike ontdekking­s op alle gebiede van die wetenskap. Sonder twyfel sal ons wêreld binne die volgende 50 jaar geweldig verander.

Elke lewensgebi­ed het ontsaglike ruimte vir vernuwing. Dit is opwindend. Ons kan seldsame metale op die maan ontgin, ’n menslike buitepos op Mars vestig en geneesmidd­els en behandelin­gs vind vir toestande waarvoor nou geen hoop is nie. Die groot bestaanskw­essies bly steeds onbeantwoo­rd: Hoe het die lewe op aarde begin? Wat is bewustheid? Is iemand daar buite of is ons alleen in die heelal? Dit is vrae waarop die volgende geslag antwoorde kan soek.

Die prestasies wat ons tot dusver gesien het, sal sekerlik oorskadu word deur dié van die komende dekades. Ons kan nie voorspel wat ons dalk alles sal kan bereik wanneer ons eie verstand met KI versterk word nie.

Met die gereedskap van die nuwe tegnologie­se revolusie kan ons die menslike lewe dalk verbeter. Navorser sis byvoorbeel­d K I aan die ontwikkel wat verlamming by mense met ruggraat beserings sal help omkeer. Met silikoon skyfieinpl­antings en draadlose elektronie­se verbinding­s vlakke tussen die breine n liggaam sal die tegnologie dit vir mense moontlik maak omhul liggaamsbe­wegings met hul gedagtes te beheer.

Ek glo die toekoms van kommunikas­ie is b rein-rekenaar-verbinding­s vlakke. Dit kan op twee maniere gedoen word: elektrodes aan die skedel, en inplanting­s. Die eerste is soos om deur mat glas te kyk; die tweede is beter, maar het die risiko van infeksie. As ons ’n menslike brein aan die internet kan verbind, sal dit die hele Wikipedia as hulpbron hê.

Intelligen­sie word gekenmerk as die vermoë om by veranderin­g aan te pas. Menslike intelligen­sie is die gevolg van geslagte van natuurlike seleksie van dié wat by veranderde omstandigh­ede kan aanpas.

Moenie veranderin­g vrees nie; ons moet dit tot ons voordeel laat werk.

Almal het die potensiaal om die grense te verskuif van wat aanvaar of verwag word en om groot te dink.

Ons staan aan die vooraand van ’n dapper nuwe wêreld. Dit is ’n onsekere maar ook opwindende plek om ons in te bevind en ons is die baanbreker­s.

Ek vrees die mensdom sal geen toekoms hê nie tensy ons die ruimte binnegaan

 ??  ?? Die fisikus Stephen Hawking het nooit toegelaat dat sy fisieke gestremdhe­id hom terughou nie.
Die fisikus Stephen Hawking het nooit toegelaat dat sy fisieke gestremdhe­id hom terughou nie.
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Motorneuro­nsiekte is by Stephen gediagnose­er toe hy 21 jaar oud was. LINKS: Die toestand het hom verlam en hy was aan ’n rolstoel gekluister.
REGS: Motorneuro­nsiekte is by Stephen gediagnose­er toe hy 21 jaar oud was. LINKS: Die toestand het hom verlam en hy was aan ’n rolstoel gekluister.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa